Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 8 No 3 Mei 2004
DIE BERYMDE PSALMS
HERSIENING VAN DIE OORSPRONKLIKE TOTIUSTEKS
Voorgestel deur Deoutategroep benoem deur die Nasionale Sinode GKSA 2003, soos beskryf in die uitgawe van ons blad, Januarie 2002.
Psalm 48 is gekies as 'n voorbeeld waar die aantal verse met een verkort is. Deeglike kennisname van die onberymde teks in die 1953 Afrikaanse Bybelvertaling regverdig dit. Vergelyk asseblief hierdie voorstel met die oorspronklike Totiusberyming tesame met die onberymde teks daarvan.
PSALM 48
1 2
Die HEER is groot waar Sions top Die konings van die heidendom
hom wentel uit die dieptes op. het met hul leërs aangekom,
Hy is lofwaardig, waar verhewe die aanvalsmag wat hul gekeur het.
die berg en stad in songlans bewe, Maar nou weet hul nie wat gebeur het -
en Sion teen die noorde Daar kom oor hul verbasing,
blink, bo die lof van woorde. verskrikking en verdwasing:
Daar waar in vlekkelose wit As Tarsisskepe sterk en slank
die Koning van die wêreld sit, deur oostewind op rotse strand,
het Hy, wat teen die vyand waak, sal U u stad, die mens ten spyt,
as rotsburg Hom bekend gemaak. bevestig tot in ewigheid.
3 4
Ons wil, o HEER, wat redding skenk, Laat Sions berg weerklink van vreug!
aan al u goedheid bly gedenk Laat Judas dogters hul verheug,
as ons tesaam is in u woning. omdat Gods oordeel hul verbly het -
Net soos u Naam is, grote Koning, dié oordeel wat sy volk bevry het.
so is u glansverskyning: Aanskou die stad met skanse,
die vyand se verdwyning paleise, toringtranse -
word aan die volkere bekend hoedat hul pryk met nuwe prag.
tot by die aard se verste end. En meld dit aan die jong geslag:
U hand wat nooit die kwaad gedoog, Die God is onse God, en Hy
rys vol geregtigheid omhoog. sal tot die dood ons begelei.