Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

MULTI_RELIGIEUSE POLITIES GEMOTIVEERDE GEBEDSDIENS VIR "N VREEDSAME VERKIESING

"DIE HERE HET DIé GEBED IN 1994 VERHOOR", Sê MBEKI

BEELD van 12 April 2004, vermeld dat van die leiers of verteenwoordigers van die ANC, DA, IVP, NNP, UDM, ACDP, VF+, PAC en AZAPO by Moria, naby Pietersburg, die sinkretistiese Zioniste "kerk" se jaarlikse Paaskonferensie bygewoon het om gesamentlik te bid vir ‘n vreedsame verkiesing.

President Mbeki was die enigste spreker.

Hy het gesê dat die verkiesing op ‘n versoek van Lekganyane, die hoof van die ZCC, tot na Paasfees geskeduleer is, sodat die ZCC en ander kerke, soos in 1994, tydens Paasfees om ‘n vreedsame verkiesing kan bid. Volgens Mbeki het die Here toe die gebede verhoor.

Die politieke leiers en verteenwoordigers, insluitend van die DA, IVP, NNP, ACDP en VF+, wat met hulle stembus-ondersteuning Bybelgelowige Christen-kiesers verteenwoordig (!) het Moria toegekom om te bid sodat dit - soos in 1994 - weer kan gebeur.

Is dit in ooreenstemming met wat ons bely op grond van God se Woord om slegs die enige en waaragtige God te eer, te dien en te aanbid, soos Hy dit in sy Woord beveel het (Eksodus 20:3): Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie?

En jy mag Hom ook nie op ‘n ander wyse dien, eer en aanbid as wat Hy dit beveel het nie, aldus die strekking van die tweede gebod in Eksodus 20:4,5: "Jy mag jou vir hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat ..."

Christen-gelowiges van Suid-Afrika ... Quo Vadis? Waarheen!!!

- P van der Kooi -