Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

1994 - 2004

DIE KERK IN 'N NUWE BEDELING

Voorbladartikel in die Hervormer van 15 April 2004 wat ons graag publiseer om onder ons lesers se aandag te plaas.

Die regering het die afgelope paar maande enorme bedrae geld spandeer om die burgers van Suid-Afrika te motiveer om tien jaar van demokrasie te vier. Het die kerk iets om te vier? Een van ons susterkerke het dit goedgevind om 25 April 2004 te oormerk as 'n dankdag vir vryheid, vrede en voorspoed wat Suid-Afrikaners kan geniet. Moet die Hervormde Kerk meedoen aan sulke feesvierings? So skryf dr Wim Dreyer van Horison by nadenke oor die kerk en tien jaar van demokrasie in Suid-Afrika.

Voordat die kerk dit oorweeg om deel te neem aan 'n fees vir vryheid en voorspoed, moet die volgende in oorweging geneem word:

  • Ernstige geweldsmisdaad het ongekende afmetings aangeneem, Ongeveer 10 000 mense word jaarliks vermoor, talle meer word verkrag.

  • Boere op plase is nie meer veilig nie en daar bestaan 'n wesenlike gevaar dat baie hul grond gaan verloor.

  • Ons onderwys is geskoei op 'n Kubaans-Marxistiese model waar godsdiensonderrig weinig plek het.

  • Talle jongmense word na die buiteland gedwing omdat teen hulle gediskrimineer word in die werkplek. Omdat hul vel wit is, kry hulle nie werk nie.

  • Die owerheid luister nie meer na die stem van die kerk nie. Elke verkiesingsjaar word die kerke uitgenooi vir 'n gesprek, om 'n sogenaamde dialoog aan die gang te kry. Dit is niks anders as 'n slim politieke spel nie.

  • Onderwys- en universiteitsubsidies word drasties besnoei.

  • Mediese sorg het onbekostigbaar geword. Staatshospitale is in 'n haglike toestand.

  • Sowat 40% van die land se bevolking is steeds werkloos.

'n Tienjaarfees vir vryheid, vrede en voorspoed?

Die vryheid en voorspoed is veral die nuwe elite wat in hulle 4X4's en luukse motors rondry, beskore. Die gewone Suid-Afrikaners wat al armer raak, wat werkloos is en hulself agter tralies toesluit, beleef dit nie.

Die vraag is: Wat is die werklike rol van die kerk in hierdie omstandighede?

Die kerk het nog altyd die priesterlike roeping om vir die owerheid te bid.

Die kerk het nog altyd die profetiese roeping om teenoor die owerheid te getuig en die owerheid te vermaan.

Die kerk het nog altyd die koninklike roeping om in Christelike vryheid die evangelie onverskrokke te verkondig en te proklameer dat Christus die ware Hoof en Heer is, die enigste Koning aan wie die kerk hulde bewys.

Die kerk het nog altyd die roeping om in solidariteit met die volk sy pastorale roeping uit te leef, mense in hul nood by te staan en so iets van God se liefde in 'n gebroke en liefdelose samelewing sigbaar te laat word.

Die kerk het nog altyd die roeping om lidmate daaraan te herinner dat hierdie wêreld nie hul ware vaderland is nie, dat hulle pelgrims op reis is en dat ons 'n ander Paradys verwag.

Die kerk het het nog altyd die roeping om lidmate te help om met geloof en moed en hoop die toekoms tegemoet te gaan, omdat ons weet God is in beheer en Hy sorg vir ons.

Die kerk het nog altyd die roeping om sy lidmate so op te voed dat hulle as hardwerkende en eerbare burgers in hierdie land sal leef, om so deel van die oplossing te wees en nie deel te word van die probleem nie.

Ons moet besef dat die rewolusie wat die afgelope dekade in Suid-Afrika voltrek is, nuwe eise aan die kerk stel. Die konteks waarin ons kerk moet wees, het dramaties verander. Mense se denke en geloof het verander. Die samelewing het verander.

Dit alles dwing die kerk om opnuut te besin oor haar kerkwees, oor gelowig wees, oor ons diensbaarheid en betrokkenheid in die samelewing.

Waarskynlik moet 'n mens met Van Niftrik saamstem as hy opmerk dat die kerk polities korrek optree as hy die evangelie verkondig. Ons weet immers dat die evangelie 'n krag tot verandering is, en dit ten goede.

.Die fees wat ons in hierdie tyd vier, is die opstanding van Christus. Met sy opstanding het Hy bevestig wat Hy aan Pontius Pilatus gesê het: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie ... .