Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

WOORD EN WêRELD

Opstand en Opstanding

- DS (EM) LAMMERT STAVAST  - POTCHEFSTROOM -

(Gepubliseer in DIE AFRIKANER, 9 April 2004

As ek kans kry, luister ek Sondagaande dikwels na die rubriek: "Oop Gesprek" op die radio. Soms is daardie gesprek nie so heeltemal "oop" nie, omdat die deelnemers dit eintlik al by voorbaat eens is oor die saak onder bespreking. Dan ontaard die gepraat maar net in ‘n heen en weer gekwetter soos van ‘n trop mossies: elkeen maak sy eie geluid, maar op die ou end is al wat jy weet: dit was almal maar net mossies, voëls van enerse vere!

Maar gisteraand was dit gelukkig ‘n bietjie anders. Daar was ‘n Rooms-Katolieke, ‘n Gereformeerde en ‘n Unisa-teoloog bymekaar en die vraag wat bespreek was, was die kernvraag wat die Heiland Self ook aan sy dissipels gestel het: "Wie, sê julle, is Ek?" (Matt. 16:15).

En dan is dit Petrus wat (met instemming van die hele Kerk!) die Geesgedrewe antwoord gee: "U is die Christus, die Seun van die lewende God!" (Matt 16:16). Daardie antwoord was die fondament waarop die Kerk van alle eeue gebou is en waarop elke gelowige sy lewenshuis bou. Dis ook die fondament waarop ‘n Christen die politieke terrein vasheg.

In die loop van die eeue het mense baie keer moeite gehad met daardie stelling dat Jesus van Nasaret tegelykertyd God en mens is. Hoe moet ‘n mens dit verstaan? Hoe kan ‘n mens dit verstaan? Christus sê self: "…vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is." (Matt. 16:17).

Vanaf die eerste eeu na sy opstanding, tot die "Nuwe Hervorming" van Unisa se teoloë toe, het mense met allerlei geleerde terme probeer om daardie twee nature van Christus van mekaar los te torring. Hierdie blad is geen teologiese weekblad nie en daarom bespreek ek nie die verskillende teorieë wat ook teenswoordig weer die rondte doen nie. Wat ons vandag vanaf kateders en kansels hoor, ook in ons Afrikaanse kerke, wat in die gedrukte en elektroniese media, tot groot vermaak van die teïstiese politici van ons tyd en ons land, ten beste gegee word, is uitvloeisels van die sogenaamde Eksistensialisme wat langs die kronkelpad van die "Bevrydingsteologie" in ons kerke onderwysinrigtings en woonkamers binnedring. Jesus Christus is dan hoogstens – ek het dit gisteraand weer uit Unisa-mond gehoor – iemand wat soveel eeue gelede op sy manier in opstand gekom het teen die politieke en sosiale onreg van sy tyd en ten slotte daarvan self die slagoffer geword het. Ons kan Hom binne die raamwerk van ons moderne eeu volg in die beginsels van sy stryd om die verkeerde strukture van ons tyd af te breek, maar daar bly dit dan ook by. In daardie gesprek het sowel die Roomse, asook die Gereformeerde teoloog telkens verwys na die opdrag van die "Vader in die hemele": die Verlosser is gestuur om ons sondes te versoen. Daarvoor moes Hy ly en weer opstaan uit die dood. "Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?" (vgl. Luk 24: 25-27). Die Unisa-teoloog het gedurig half ergerlik gereageer deur te sê: "Wat praat julle tog elke keer oor sonde en versoening? Dis mos glad nie waaroor dit gaan nie."

In die "Bevrydingsteologie" is Jesus die opstandige, iemand soos Che Guavara en Mandela en sulkes. En dan is daar vir die idee dat Hy God en mens tegelykertyd is, natuurlik geen plek nie. Dan het Hy vir ons tyd ook hoogstens ‘n soort morele gesag vanweë sy edele, maar ook ydele strewe na ‘n beter bestel vir die verdruktes van sy tyd. Vir ons wat maar eenvoudig glo in Hom wat die waaragtige Seun van God is, is Hy nie die opstandige mislukking van 2000 jaar terug nie, maar die Opgestane Here aan Wie gegee is alle mag in die hemel en op aarde (Matt. 28:18). Ons vier weekliks as sy gemeente sy opstanding en jaarliks die opstandingsdag met Paasfees. En oral waar ons besig is, is Hy ons Koning, die Christus, die Seun van die lewende God. En Hy sê: "Salig is jy!" So stap ons as Christen-Afrikaners agter ons lewende Koning aan, totdat Hy weerkom!