Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 8 No 3 Mei 2004
Hoofartikel
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING
Die Twaalf Artikels van die algemene ongetwyfelde Christelike Geloof, ook bekend as Die Apostoliese Geloofsbelydenis, beskryf Jesus Christus, ons Here, as die eniggebore Seun van God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde. Die heiligheid en eer van sy Goddelike majesteit word aangetas deur Hom uit te beeld as objek vir passiespele, op die silverdoek van bioskope en binnenshuise TV- en videobandvertonings. Dis nie net onbetroubare en geïnterpreteerde weergawes van die Bybelse openbaring wat hiermee in die geding is nie, maar allereers die onderskatting van Christus se Goddelikheid en die vervulling van sy profetiese en priesterlike versoening deur voldoening van ons sondige menslike bestaan met God. As sodanig het Hy uit krag van sy Godheid gely en gesterf. In sy lyde en sterwe, asook in sy opstaan uit die dood, was en is Hy nie maar 'n mens soos alle mense nie, maar tegelykertyd God, met majesteit bekleed wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader. Ons bely dat Hy ware God en ware mens is, ware God om deur sy krag die dood te oorwin, maar ook ware mens om deur die swakheid van sy vlees vir ons te kon sterwe (NGB, art 19).
Passiespel en verfilming van Bybelse tonele lê op die terrein van die visuele oordrag van 'n bepaalde Skrifgedeelte wat as tema dien. Die Bybel leer dat die geloof gewek word deur die prediking van die Woord van God. "Die geloof is uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God" (Rom 10:17). Al vroeg in die geskiedenis van die kerk het egter die behoefte ontstaan tot die sigbare vergestalting van heilige voorwerpe, persone en geskiedenisse. Die liturgiese bediening in die Rooms-Katolieke Kerk van die Middeleeue het deur middel van Latyn as hoër kerktaal plaasgevind met die gevolg dat daar 'n skerp onderskeiding tussen geestelikes en leke ontstaan het.
Met die ontwikkeling van die ou Grieke se kunste in die tydperk van die Renaissance het beeldhouers en skilders, later ook skrywers, digters en toneelspelers in die behoefte voorsien om op talle wyses aan die "leke" in die kerk, wat nie Latyn geken het nie, fragmente van die Bybel en, in die styl van dié tyd, "heiligverklaarde" persone, in die besonder Maria, die moeder van Christus, ook van die apostels en taferele soos die geboorte van Christus in die stal te Bethlehem, ensovoorts, tasbaar en sigbaar voor te stel. Dís soos die beelde en skilderye in die katedrale en kerke hul plek verkry het. Naderhand is van hierdie "heiliges" aanbid met die oog op voorbede by die Vader in die hemel, wat vir "leke" te hoog geag is om direk aan te roep. Dit is waarna die Heidelbergse Kategismus in Sondag 35, vr/antw 98, verwys: "Mag ons beelde as 'boeke van die leke' in die kerkgeboue toelaat? ... Nee, want ons moet nie wyser as God wil wees nie. Hy wil sy Christene nie deur stom beelde nie maar deur die lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig." Hierdie antwoord geld ook met met betrekking tot geskrifte en toneelspel wat Bybelse figure en geskiedenisse beskryf of as toneel opvoer.
Sonder om af te doen aan Skrifgetroue literatuur oor Bybelse onderwerpe wat aanbeveel kan word, wil ons egter waarsku teen baie boeke wat interpretasie daaraan verleen wat nie feitlik ooreenstem met die Skrif-met-Skrif-vergelyking en prinsipieel met die inhoudelike van die Gereformeerde belydenisskrifte nie. Dit geld veral ook ten aansien van talle kinderbybels wat populêr beskryf en geïllustreer is, maar wat onbetroubare tendense vertoon wat onsuiwer indrukke in ontvanklike kindersiele wek wat soms standhou tot selfs later in die lewe.
Indien ons kyk na die "speel" van die Bybel op toneel en silwerdoek dan verkeer ons op die terrein van die "visuele", die sigbare vergestalting van 'n betrokke saak. Die oog ervaar "ogenblikken", oomblikke, maar dit flits verby sonder dat die verstand dit van moment tot moment kan verifieer vir betroubaarheid. Tesame met die spel van die akteur(s) word 'n nie-kritiese persoon maklik saamgesleep met die vertolkings wat 'n draaiboekskrywer en 'n akteur aan 'n bepaalde episode heg. Johann Symington, huidige redakteur van Die Kerkbode, vra in Beeld-Plus, Vrydag 26 Maart, bl 3, oor die rolprent The Passion of the Christ, wat tans aktueel is: "Is die rolprent Skrifgetrou?" Sy antwoord daarop lui: "Ja, merkwaardig so, maar dan ook net tot op 'n punt. Buite-bybelse bronne kom by. Die fliek stam uit die Rooms-Katolieke tradisie van Jesus se lyding en daarom word van die legendes bygewerk. (Dit behoort nie vreemd oor te kom nie; die regisseur is 'n belydende Rooms-Katoliek)". Deon Lamprecht skryf in Naweek-Beeld, Saterdag 20 Maart, bl 7, soos volg: Gibson se uitbeelding van mense soos Kajafas, die Joodse hoofpriester en Pontius Pilatus, Romeinse goewerneur, asook sekere tonele klop nie altyd met die Bybel of historiese feite nie ..."
Met die vraagstuk van die speelfilm is dié van die toneel en passiespel onlosmaaklik verbind. Nie slegs die amateurtoneel nie, maar ook, ja selfs in die eerste plek die beroepstoneel en filmindustrie. Die opvoering van 'n toneel en die produksie van 'n film is op sigself nie ongeoorloof nie. Maar dit is nie die einde van die saak nie. 'n Voormalige bekende redakteur in Nederlandse kringe, mnr Piet Jongeling, motiveer vervolgens:
Er zijn heel veel dingen, die bijvoorbeeld een romanschrijver wel kan beschrijven, zonder dat hier principiële bezwaren behoeven te rijzen, maar wanneer men dezelfde dingen gaat spelen, gaat nabootsen, gaat opvoeren, dan komt de zaak heel anders te staan. Een auteur kan, hoewel hij daarbij zijn pen met wysheid dient te besturen, de zonde beschrijven. Maar is het de acteur geoorloofd, de zonde te spelen?
In tegenstelling met die schrijver moet de toneelspeler zich geheel vereenzelvigen met de persoon, die hij uitbeeld. Hy moet als het ware in diens huid kruipen, hij moet handelingen verrichten van de betreffende persoon. Hij is die man en hy doet die beschreven daden. Wie hierover nadenkt, voelt onmiddellijk, dat hier toch grote bezwaren en gevaren rijzen. Zelfs nog klemmender dan de vraag of men "de zonde" mag "spelen" is de vraag of men dat met "de genade" mag doen (Woord en Wandel - 1958, bl 143).
'n Teoloog van die Christelik Gereformeerde Kerken in Nederland, prof Van der Schuit, het in dieselfde gees geskryf: "Wat my betref maak ek altyd 'n onderskeid tussen die speelfilm en die didaktiese (lerende) film." Hy vervolg:
Met die speelfilm bedoel ik hier niet dat soort sensatie, dat de bioscoop aan zijn duizenden en tienduizenden levert. Als het sexuele en soms het sadistische de kijklust moet opvoeren, is zulk een film in zichzelf al reeds veroordeeld. Maar heel anders komen de zaken te staan, als de speelfilm aan de orde komt, die de bijbelse boodschap wil uitdragen. Hier liggen vele, zeer vele gevaren. Wij herinneren ons de films "David en Bathseba", "Simson en Delila" en ander. Hier word de Heilige Schrift neergehaald in de laagte van zondige, prikkelende hartstocht en wie hier nog een woord ter verde-diging zou willen spreken moge toezien, waar deze uitkomt. Men kan hier moeilijk spreken van de bijbelse boodschap. Als de zonde spel wordt, danst de duivel het allereerst, en het allermeest mee!
Waaroor gaan dit in die filmindustrie? Gaan dit om die eer van die Here en die koms van sy koninkryk, soos die Here ons leer bid het? Allermins! Dit gaan oor geld, oor groot geld en winste wat aangewend word vir die grenslose verryking van filmbase en deelnemende akteurs, wat soos die Suid-Afrikaanse Charlize Theron, met 'n spekvet bankrekening vergoed en met amper goddelike eerbetoon in ons land onthaal is. "Met al die gepraat oor die 'Passion of the Christ' verwag die fliekbase dat sy opening hulle $15 miljoen (sowat R180 miljoen) tot dubbel soveel in die sak gaan bring. ..." (Beeld, 19 Februarie 2004).
"Tot 30% van The Passion se kykers is "nuwe fliekgangers" - mense wat Hollywood voorheen verwerp het omdat hulle meen die rolprentbedryf bied niks vir gelowiges nie. Nou het die debat oor The Passion 'n ander dimensie gekry Dit het uit die media verskuif na die kerke, sitkamers en ander plekke waar ... gelowiges vergader", sê Deon Lamprecht in Naweek-Beeld, 20 Maart, bl 7.
Ds JP Tazelaar huldig 'n suiwer Skriftuurlike standpunt in die ChristelijkeEncyclopaedie voor het Nederlandsche Volk, 1925. Deel 4, bl 309. Hy kritiseer die passiespel van Oberammergau aldus:
De voorstelling moge een hoog stichtelijk karakter dragen, zij is ewenwel een soort prediking, die de zinnen in actie zet, het Woord Gods, waaraan de mensch absoluut zich onderwerpen moet, naar eigen opvatting hanteerend. Ofschoon onbedoeld, wordt het heilige hier voor de massa object van genieting. En de voorstelling van de Christus Gods door een zondaar kan niet anders dan groote heiligschennis zijn. Het passiespel is de rijpste vrucht van den beeldendienst.
Dit geld by uitnemendheid ook vir die Passion of Christ.
Wat beteken al hierdie gedoente, Wat skuil daaragter?
"Dat men aan het eenvoudige Wóórd niet meer genoeg heeft. Men zegt: de moderne mens wil wat zien. Hij heeft aan luisteren niet meer genoeg. En daarom beijvert men zich vandaag het Evangelie te brengen in de vorm van toneelspelen, in films en hoorspelen."
Maar dit is die oerou sonde van Israel, wat eenmaal ook nie genoeg gehad het om te luister na 'n God wat hulle nie kon sien en tas nie. Dáárom het hulle die goue kalf laat maak, nie om 'n ánder God te dien nie, maar omdat hulle 'n voorstelling van Hom wou hê. "Het zit hem niet in de behoeften van de 'moderne mens'. Deze behoefte is al zo oud als de wereld. De mens wil niet leven bij het Woord alléén. Daartégen heeft Mozes al gewaarschuwd, toen hij zei: Ge hebt géén gedaante gezien, toen God Zich op de Sinaï heeft geopenbaart."
Die gevaar dreig telkens weer dat ons die diens van God aan óns smaak en ons behoeftes wil aanpas. Daarenteen sê God dat ons genoeg moet hê aan wat ons mag hoor: die geloof is uit die gehoor van die gepredikte Woord. Daarteen het die Roomse Kerk gesondig deur 'n beeldegalery toe te laat. Ook 'n léwende beeldegalery in allerlei geestelike spele, aldus ds WG de Vries. In:1971. De Gereformeerde Levenswandel. Goes: Oosterbaan en Le Cointre, bl 221).