Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

KERKLIKE JOERNAAL

MASSALE DEMONSTRATIEWE MULTI-KULTURELE

SINKRETISTIESE GEBEDSBYEENKOMSTE OP SONDAG 2 MEI 2004

Miljoene Christene van alle denominasies, taal- en kultuurgroepe gaan op Sondag, 2 Mei 2004, in meer as 46 Afrika-lande bymekaar kom om in gebed te verenig.

Berig in Kruispunt [NG] blad oor kerk- en geloofsake, 25/26/27 Maart 2004, bl 2

Sowat 5 miljoen Christene gaan na verwagting in gebed vir Afrika verenig tydens die Transformasie Afrika-projek. In Suid-Afrika gaan meer as 200 dorpe deelneem aan hierdie grootste byeenkoms ooit van Christene. Hulle sal onder andere vir mense wat deur MIV/vigs geraak word, bid.

Vanaf groot stadions soos Ellispark, Kingsmead, Telkompark en Nuweland tot by kleiner plekke soos skoolsale, burgersale en kerkgeboue gaan Christene in hulle duisende saamtrek. Selfs dorpe soos Jozini in die heuwels van Kwazulu-Natal, Idutywa, Colesberg en Britstown is betrokke by Transformasie Afrika.

Dit is vanjaar die vierde jaar dat so 'n dag gereël word. Elke byeenkoms volg sy eie program, maar al die gebedspunte sal oor ses sake in gebed verenig, naamlik

  • MIV-vigs

  • Misdaad

  • Geweld

  • Werkloosheid en armoede

  • Rassisme en seksisme

  • Familie-krisisse

Die byeenkoms op Nuweland in Kaapstad sal van 12:30 tot 16:30 op TBN (DSTV) gebeeldsend word.