Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

KERKLIKE JOERNAAL

SEKTARIESE BYGELOWIGHEID

Tussendeur die berigte oor die verkiesing kry mens inligting oor die bygelowigheid van swart "Christene".

BEELD, Dinsdag 13 April, berig dat die leier van die DA, mnr Tony Leon, op uitnodiging van die leierskap van die Nasaret-Baptistekerk in Zuurbekom naby Westonaria, op Paassondag sowat 12 000 kerkgangers toegespreek het.

Daarna het hy (Leon) die leier van die kerk, biskop Shembe, in sy huis op die perseel gaan groet, maar kerklike protokol het hom op sy knieë gedwing.

Hy en sy afvaardiging, almal geklee in deftige pakke en dasse, moes knielend voor die huis wag dat die biskop hom te woord staan.

Na Leon se hoflikheidsbesoek het duisende mans in lang rye buite gewag om deur die biskop geseën te word.

Die gelowiges glo hul geestelike leier kan regstreeks met God kommunikeer en hy het dus die krag om seëninge uit te deel.

Verskeie siek en kreupele mense het geduldig in die ry gestaan en wag om die biskop te sien.

Die kerkdiens word gehou op heilige grond, aldus die Baptiste, en daarom word geen skoeisel geduld nie.