Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

OPVOEDING EN ONDERWYS

NIE UIT WAARDES MAAR UIT WORTELS

Die redaksionele voorblad-artikel in Die Boodskapper, April 2004, handel oor waardes wat as goed beskou word, wat mense kies, ten opsigte van wat hulle veronderstel is om met eie inspanning na te streef. Dit verleen 'n prinsipiële perspektief op 'n berig wat deur die Potchefstroom-kampus bekendgestel is. Dit vermeld onder meer dat studente aan die Potchefstroom-kampus van Noordwes-Universiteit so sterk voel oor waardes dat hulle eersdaags 'n vreedsame opmars deur die strate van Potchefstroom beplan. Die hele gemeenskap van Potchefstroom is genooi om aan die optog vir waardes deel te neem waarin die studente wil bevestig dat die PUK-kampus van Noordwes-Universiteit nog 'n waardegedrewe Universiteit is.

Waardes, miskien meer gehoor in sy Engelse weergawe, values, het in ons tyd 'n modewoord geword. Om maar een voorbeeld te noem: As Suid-Afrika se Minister van Onderwys sy nuwe onderwysbenadering bekendstel, dan betitel hy dit Manifesto on values, education and democracy. In die dokument sit hy dan ook tien waardes uiteen wat as leidinggéwende ideale vir die nuwe onderwysbedeling moet geld - waardes wat die ANC glo in die grondwet vervat is. Dit het ook mode geword om mense deur 'n proses van value clarification te plaas.In so 'n proses word ooreenstemming uitgemaak oor die "waardes" wat die "rolspelers" met mekaar gemeen het, of gemeenskaplike gekose waardes word skerper belig.Dié waarde-mode raak ook die siening van die kerk en die Christelike godsdiens ingrypend.

Waardes: betekenis

Waardes speel inderdaad 'n belangrike rol in menslike gedrag. Dit is die gemeenskaplike "belangrikhede" of ideale wat beskou word as die moeite werd om na te streef en voor te leef soos dit in spesifieke gemeenskappe geld. In die Westerse samelewings het welvaart, ontwikkeling, vooruitgang, sukses, effektiwiteit, as belangrike waardes gegeld. Hieromheen het ons saamgestem, saamgestaan en daarna gestrewe. Ons norme is daarvolgens ingerig. Luiheid, onproduktiwiteit, om "agter" te raak, om nie effektief op te tree nie, was met negatiewe sanksie gestraf en vooruitstrewendheid was beloon. Dink byvoorbeeld aan die sakewêreld en die onderwys.Die strukture van die samelewing is aan die hand daarvan ingerig. Dink maar weer aan die eis tot prestasie op skool. Dié soort vooruitstrewendheid vereis dat die individu vir sy eie lewenslot verantwoordelikheid aanvaar en, waar die "belonings" soos materiële vergoeding, uitsonderlike werksposisies en statussimbole skaars is, selfs in kompetisie met sy medemens te tree ten einde eerste of uitsluitlik by die vergoeding uit te kom.

In ander kulture geld weer ander waardes. In die tradisionele swart kulture van Afrika is vooruitstrewendheid byvoorbeeld nie so belangrik nie, maar gemeenskaplikheid wél. Ubuntu is 'n goeie voorbeeld daarvan. Die individu staan nie uit as iemand wat vir sy eie lewenslot verantwoordelikheid aanvaar en daarvoor in kompetisie tree met sy medemens nie. Dit word trouens met negatiewe sanksies bejeën. Norme en die inrigting van strukture weerkaats waardes.

Waardes is dus inderdaad belangrik. Ons voel dit trouens op die oomblik aan eie lyf waar ons in Suid-Afrika 'n oorgang of transisie beleef vanaf 'n Eurosentries gedomineerde na 'n Afro-sentries gedomineerde samelewing.

Maar merk op: waardes hoef nie in hulleself goddelik of absoluut te wees nie. In 'n sekere sin kies mense waardes. En waardes is goed waarna mense veronderstel is om met eie inspanning te strewe.

Christendom: waarde- of wortelboodskap?

Daar is mense, ook Christene, wat van die Christendom 'n blote waardeleer maak. Wat die Christendom vir ons gebring het, is dan (slegs) mooi ideale waarna die mens moet strewe. Vandag word daardie ideale uitgespel as vrede, versoening, eenheid, liefde ... Ons moet tog dit nastreef. Dit val ook pragtig op die moderne ekumeniese oor. En, het ons in ons land nou agtergekom, dit dien prosesse van transisie uitstekend. Boonop kan dit die klimaat van een-nasie-wording skep - mits die regte gekose Christelike waardes beklemtoon en dit in die samelewing uitgeklaar (clarify) word. Moet net nie die ander aspekte van die Christendom beklemtoon nie - soos die eis dat slegs die Drie-enige God as God erken word ...

Vele Christene val blykbaar vandag hierby in. Dalk is dit met "goeie" motiewe. Hulle oordeel dalk: dit is nou van-dag op die agenda en mense "hoor" dit; as ons nie hierby inval nie, verloor ons as Christene en as kerk aktualiteit. Ons verkeer dan in die gevaar om nie meer gehoor te word nie. Boonop kan ons tans in ons land mos 'n pragtige Christelike diens aan die samelewing lewer deur mee te werk aan die "heropbouprogram" onder die gekose waardes op onderwys-, kultuur- en ekonomiese terrein.

Maar hoor dit: DIE CHRISTENDOM IS NIE IN DIE EERSTE PLEK 'N WAARDEBOODSKAP NIE - WEL 'N WORTEL-BOODSKAP. Dit praat éérs van stukrag; dryfkrag, dán van waarde-uitkomste. Dit getuig van die God van liefde wat 'n mooi, goeie skepping gewil en deur sy Woord tot stand gebring het om tot sy eer te ontwikkel, van die dwarsboom van daardie mooie en goeie deur die mens se eiesinnige opstandigheid, van die God van liefde wat tog deurgaan en sy Woord laat geld - al moes sy Seun, vleesgeworde Woord, daarvoor die ergste prys betaal. Verlos, vrygemaak tot die nuwe Godgewilde lewe - slegs in Christus Jesus uit genade. Dít is die Christendom se basiese boodskap. Dít bring 'n nuwe liefdes- en dankbaarheidsmotief in die hart waaruit ons leef. Dááruit kom weer nuwe waardes wat die nuwe lewe volgens God se wil pas ... Dit is die kerk se boodskap. ... .