Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

OPVOEDING EN ONDERWYS

MEDIAVERKLARING

-  DR PE VAN DER DUSSEN  -  BESTURENDE DIREKTEUR  -  7 APRIL 2004  -


KOMMUNISME VERVANG CHRISTELIKHEID AS NORM

Hoër onderwys sal voortaan op die ideologie van Karl Marx gegrond wees en gebou word. Hierdie boodskap het prof Kader Asmal op 31 Maart 2004 aan opvoedkundiges en ander akademici gebring tydens ‘n byeenkoms waarop talle nuwe boeke en geskrifte bekendgestel is wat voortaan die grondslag van onderwysleerplanne op alle vlakke sal wees. Hierdie boeke behels ‘n algehele herskryf van die geskiedenis van Suid-Afrika.

Met hierdie uitspraak stel minister Asmal onomwonde as beleid dat Christelike onderwys nie meer aanvaarbaar is en geduld sal word nie. Hy het reeds die kampusse van sy staatsuniversiteit in die holte van sy hand. Dan spreek dit vanself dat private instellings vir hoër onderwys die teiken van hierdie beleidsverklaring is. Uiteraard sal geen leerplan of leerprogram wat Christelike wetenskap voorhou, staatserkenning kry of behou nie.

In ‘n skynbaar onbelangrike maar wesenlik venynige aanval op Christelik-nasionale onderwys verklaar Asmal dat die instelling daarvan bygedra het tot die militarisering en polarisering van die samelewing. Net so het volgens hom die instelling van Bantoe-onderwys stelselmatig "our people" ontmagtig en hulle alle geleenthede in die samelewing ontneem. Hy onderstreep hierdie stelling met die woorde: "This we must remember." Die res van sy toespraak, en veral die bekendstelling van die boeke en geskrifte wat van nou af die onderwysnorm word, bevestig sy afkeer van Christelik-nasionale onderwys.

Die aanvaarding van Karl Marx as onderwysnorm is sodoende ‘n aanslag op die Christendom maar ook op die Afrikaner.

Met sy uitspraak het Asmal die gordyn weggeruk. Daar kan geen twyfel meer wees waarheen hy en die ANC/SAKP met onderwys op pad is nie. Dit plaas op elke gelowige, op elke kerk die verpligting om oor die toestand te besin. Gelowiges weet dat hulle in die geloof meer as oorwinnaars is. Nogtans verg die stryd om behoud van die geloof baie krag.

Mag die HERE ons Verbondsgod aan elke gelowige Afrikaner, elke gelowige van watter volk of gemeenskap ookal, die genade skenk om onvoorwaardelik te kies en te stry.