Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
GOD DIE SEUN EN ONS VERLOSSING

AKTUEEL: Thabo Mbeki dien die voorvadergeeste!       

SKRIFOORDENKING:
Harte wat deur Gees en Woord aan die brand gesteek is, maak geslote oë oop

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks

Why a Reformed Christian May Not Attend the Movie: "The Passion of the Christ"

Waarom Doleansie? Prof H van der Wateren - GK Waterberg (Dolerend)

Die 2001 - Psalmomdigting Christus Self is in gedrang

Multi-Religieuse Polities gemotiveerde gebedsdiens vir 'n vreedsame verkiesing

Verplig om by die ware Kerk aan te sluit Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 28

Gereformeerde Kerk Pretoria ("Paul Krugerkerk") Verslag en voorstel aan kerkraad oor slegs die gebruik van die 1933/53 Bybel

1994 - 2004 Die Kerk in 'n nuwe bedeling

Woord en Wêreld : Opstand en opstanding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe Psalm-omdigting getoets deur predikante van GK Rietvallei, Pretoria

Kerkraad van GK Pretoria ("Paul Krugerkerk") verwerp besluite van Nasionale Sinode 2003

Massale demonstratiewe multi-kulturele sinkretistiese gebedsbyeenkomste op Sondag 2 Mei 2004

Sektariese Bygelowigheid

Humanistiese mensverheerliking deur middel van die media

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Nie uit waardes maar uit wortels

Nuus uit die VSA

Pretoriase Akademie vir Christelik-Volkseie Hoër Onderwys

Mediaverklaring : Kommunisme vervang Christelikheid as norm

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
SJP Kruger : Sterfdag 14 Julie 1904

PERSRUBRIEK: Ds LS Kruger antwoord redakteur van die Kerkblad

Ons Griekse teks van die Nuwe Testament

Op soek na één wêreld 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Knegskap en die geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 3 Mei 2004

ONS GRIEKSE TEKS VAN DIE NUWE TESTAMENT

Onder bogenoemde opskrif maak Neels Pienaar, uit Zimbabwe, onderstaande opmerkings in verband met 'n artikel van prof HS Theron wat handel oor die vraag "Waar kom ons Griekse teks van die Nuwe Testament vandaan?" in Die Boodskapper van November 2003. Pienaar skryf as volg:

Alhoewel die professor in sy artikel die woorde van Nestlé aanhaal, te wete: "The age of Westcott-Hort and of Tischen-dorf is definitely over", moet ek nogtans die lesers ... so 'n bietjie agtergrond gee van die drie genoemde here en ander wat soos hulle geredeneer het.

As voorgraadse student aan Cambridge stig Westcott 'n klub met die naam van "Hermes". Die Lucifer-aanbidder HP Blavatsky skryf in haar boek Secret Doctrines: Satan and Hermes are all one ..." en openbaar Hermes as die "sacred scribe of the gods". Ook stig Westcott saam met Fenton John Anthony Hort en Edgar White Benson die "Gostly Guild" in die 1850's, en betree hulle so die terrein van die spiritisme wat deur God in Deuteronomium 18 verbied word. Deur te drink by die fontein van die spiritisme kontamineer hierdie twee skrywers die blaaie van die Bybel met die leringe van duiwels (1 Tim 4:1).

In 'n brief van Hort in 1860 aan ds John Ellerton skryf hy: "But the Book which has most engaged me is Darwin ... . It is a book one is proud to be contemprorary with ... it opens a new period." In 1864 skryf hy aan Westcott: "Protestantism is only parenthetical en temporary" en weer in 1856 aan Westcott: "'Mary-worship' and 'Jesus-worship', have very much in common ..."

Alhoewel Nestlé/Aland sê dat "the age of Westcott and Hort and of Tischendorf is definitely over" het hulle swaar geleun op die Westcott-Hort se Griekse Nuwe Testament. Nestlé vermaan die leser in sy voorwoord in die Novum Testamentum Graece (p 40-41) dat die teks nie die "Traditional" teks is nie, maar 'n "Kind of New Textus Receptus" is. Tog het hulle 500 veranderinge gemaak in hulle 26ste uitgawe teenoor die 25ste uitgawe, terug na die Textus Receptus. Die "minder as 12" manuskripte wat Nestlé-Aland gebruik het, verskil nie net grootliks van die Textus Receptus nie maar ook van mekaar.

Lesers moet ook bewus gemaak word van die feit dat CM Martini 'n Roomse kardinaal van Milaan is en dat die vise-president van die United Bible Society 'n Roomse kardinaal Onitsha van Nigerië is en een van die uitvoe-rende komiteelede 'n Roomse biskop, Alilona, van Italië is. Dit is geen wonder dat die Roomse ons nie meer "Protestante" noem nie, maar ons net as "nie-Roomses" tipeer. In die verlede wou die Rooms-Katolieke Kerk nie saamwerk met Protestante as vertalers nie omdat hulle gebruik maak van die Vatikanus B manuskrip soos gesien word in die Latynse Vulgaat van Hiëronimus. Vatikaan II verklaar dat "Katolieke saam met Protestante kan werk in die vertaling van die Bybel ... hulle kan saamwerk en dieselfde benadering en interpretasie hê ... dit is 'n 'New Age' in die (RK) kerk". Dit het begin in 1943 toe 'n pouslike omsendbrief, te wete: "Divino Affelante Spiritu", aan biskoppe in die RKK gevra het vir 'n ekumeniese Bybel en versoek hy in dié brief dat: "Hierdie vertalings moet in samewerking met die afgesonderde broeders geskied". Jesuïtiese priesters het toe in redaksionele posisies inbeweeg in die voorheen Protestantse "Journal of Biblical Literature". Hulle werk aan die UBS/Nestlé teks het soveel invloed gehad op die "nuwe" tekste dat die nuutste Katolieke "New American Bible", direk geneem is uit die UBS/Nestlé teks eerder as uit die Latynse Vulgaat. In die inleiding van hierdie Bybel is geskrywe: "In general, Nestlé's/Aland's 'Novum Testamentum Graece' (25st Edition) was followed. Additional help was derived from 'The Greek New Testament' (editors:- Aland, Black, Metzger, Wilken) for the use of translators by the United Bible Societies in 1966."

Aangesien beide Katolieke en "Nuwe" Protestantse Bybels gebaseer is op identiese "Kritiese Tekste" (UBS/Nestlé) word Roomse leerstellings pragtig vermeng met "nuwe" vertalings. Hand aan hand word beide Rooms-Katoliekes en Protestante gedryf na die wêreldkerk van die Antichris.

Met bostaande as 'n baie kortlikse agtergrond wil ek my bepaal by prof Theron se kritiek oor die laaste vyf woorde van Johannes 3:13, te wete: "wat in die hemel is." (Lees die NAV, waar dié woorde in die teks weggelaat is - PvdK) My vraag aan hom (Theron) is: "Op watter stadium het Christus sy alomteenwoordige natuur verloor?"

In sy kommentaar oor die Johannes Evangelie skryf Lenski die volgende: "This person is God, the Son, himself, whose coming down in the incarnation is not mere a change of residence. Though he came down and now speaks with Nikodemus as the Son of man, he remains 'he who is in heaven'. He cannot change his devine nature, cannot lay it aside, cannot cancel even temporarily his devine Son-ship, his unity of essence with the Father and the Spirit. This is unthinkable although men have tried to think it. To think such a thing is to make also 'the Son of man' an illusion, to say nothing of undoing in thought the very Godhead itself and the Trinity of immutable Persons." Hierdie interpretasie onderskryf ek heelhartig en glo dit met my hele wese.

Ander Bybels wat in die vroeë kerk gebruik is, was die Pesjitta in Siries (150nC en die Italic, in Latyn, van die Waldense wat (1175nC) met hulle Bybels (in die volkstaal vertaal - PvdK) die Alpe ingevlug het toe die "kerk" dit van hulle wou wegneem. (Dit was die eerste Latynse Bybel en nie verwar te word met die Latynse Vulgaat wat in ongeveer 380nC deur Hiëronimus daargestel is nie.) So het God dan self sy Woord bewaar deur al die eeue. Dit is ondenkbaar om te dink dat Luther en Calvyn en die ander hervormers dan verkeeerd was om te glo dat die Textus Receptus wel as die Woord van God te beskou! Moes mense soos Westcott, Hort en Tischendorf (wat nie eers geglo het aan die inspirasie van die Heilige Gees by die totstandkoming van die Skrif nie) skaars meer as 'n honderd jaar gelede eers die "korrekte"tekste kom opdiep?

Ek wil die bewering maak dat sogenaamde "nuwe" vertalings net 'n geldmaakmetode is soos die nuwe Liedboek wat onlangs op die winkels se boekrakke gekom het.

Ek sluit af met die woorde van Blaise Pascal: Die waarheid is so verduister en valshede so gevestig in hierdie tye dat, indien ons nie die waarheid liefgehad het nie, ons dit nie sou geken het nie.