|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 8 No 6 November 2004
Aktueel
Wet op Swartbemagtiging (WET 53 VAN 2003)
teenoor ‘n Volkseie Ekonomiese Beleid
- VERKLARING UITGEREIK DEUR DIE SEKRETARIAAT VIR VOLKSBOU -
(Onderteken deur Chris Wagner, 6 Oktober 2004)
Wat moet die wet bereik?
‘n Omvattende, magtigende wetlike raamwerk (Wet 53 van 2003): om die hele sosio-ekonomiese omgewing te transformeer om die kleursamestelling van die mense van die land te weerspieël; op ‘n rassegrondslag ten einde die sogenaamd voorheen benadeeldes die hoofstroom te laat vorm en deur middel van ‘n manifes vir elke sektor ‘n bestuursraamwerk in plek te kry met ingeboude tydskale en ‘n moniteringstelsel deur telkaarte.
Kan enige sakeonderneming, boerdery, professionele praktyk, regspersoon of eenmansaak die werking daarvan vryspring?
Nee, want die Wet vereis dat die hele waardeketting (oral waar geld ter sprake is) transformeer en elke onderneming op elke vlak per telkaart op vaste basis rekenskap gee met besonderhede van sy eie en almal met wie hy voorwaarts en terugwaarts skakel se bemagtigingstoewyding en -praktyk.
Bly daar enige ekonomiese, handels- of markvryheid oor?
Nee, want ons totale skeppingsvermoë, ondernemingsvermoë, beplanningsvermoë, bestuursvermoë en werkskrag, ons grond en alles wat elkeen opgebou het, word deur wetgewing sonder keuse in diens gestel van "Swartbemagtiging". Wesenlik ‘n ekonomies-maatskaplike ingryping om vir hul eie onvermoë op te maak met wit slawe in diens van swartes (hul definisie) deur verpligte gedeelde eienaarskap, verpligte gedeelde bestuur en verpligte winsdeling.
Kan Afro-kommunisme beter as ander voor hom ‘n selfverteringsekonomie sonder spontane markkragte volhou? Selfs met die steun van bang-liberale napraters?
Nee, want die gebrek aan vryheid demp ondernemersdryfkrag wat verhoed dat nuwe rykdom geskep word of waarde op enige punt in die ketting toegevoeg word.
Hoe ontkom trotse Boere-volksgenote hierdie sosio-ekonomiese doodsgreep?
Vestig ‘n nuwe VOLKSEKONOMIE. Dit moet homself openlik onderskei van die huidige geïntegreerde ekonomie en inderdaad in kompetisie daarmee staan. Volkseie ondernemerskap, volkseie indiensneming en voortreflikheid sal ontwikkel moet word tot die peil van wêreldwye mededingingsvoorsprong en selfversorging deur netknoping.
In teenstelling met swartbemagtiging op die rug van blankes is so ‘n beleid wesenlik volhoubaar en moreel geregverdig omdat dit gegrond is op eie vermoëns en eerlike arbeid!
Die bogenoemde Wet op Swartbemagtiging is 'n vrug van die rewolusionêre Kommunistiese Vryheidsmanifes wat op 26 Junie 1955 te Klipfontein deur die ANC as riglyn vir toekomstige ontwikkeling aanvaar is, vir toepassingná die oorname van die regering van die RSA, wat op 27 April 1994 plaasgevind het.
Dié manifes is in wese antichristelik. Dit is nie volgens Bybelse norme gefundeer nie. Dit verplaas die individuele verantwoordelikheid na dié van die "demokrasie", die verstandelose massa met die slagspreuk van "Arbeiders van alle lande, verenig julle"!
Kan ons dit aanvaar om ons daaraan te onderwerp? Of roep die Here ons op tot weerstand en om ons, met die oog op dié donker toekoms aan sy sorg toe te vertrou?
(Redaksioneel - P van der Kooi)