Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Antichris

AKTUEEL: Wet op Swartbemagtiging (WET 53 VAN 2003) Teenoor 'n Volkseie Ekonomiese beleid.    

SKRIFOORDENKING:
Koershou te midde van verdrukking en verleiding

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks Ps 130

Kerklike Skismatiek

Persverslag: Geref Konferensie

Een en ander oor Kerkmusiek en Kerklied

Die Negentiende-Eeuse Kerklied

"Die Redakteur gesels met... Prof Bouke Spoelstra"

Indrukke van die 67e Algemene Kerkvergadering van die NH Kerk van Afrika

KERKLIKE JOERNAAL: 
Manifes van verontruste predikante

Ekumeniese eenheid vir Gereformeerdes bepleit

NHK verwerp kindernagmaal

Sinode AP Kerk: Enkele besluite

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Is die paradigma reg?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaner en die Kerk (2)

ARSO en Christelike Onderwys

PERSRUBRIEK: Kerke - Konferensie (GKSA)

NH Kerk: Kerkvergadering gee groen lig vir erediens-vernuwing

Paul Kruger: Groot in ballingskap

Kultuuropdrag en wêreldeinde

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Huldiging van Beyers Naudé

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 6 November 2004

DIE BERYMDE PSALMS

HERSIENING VAN DIE OORSPRONKLIKE TOTIUSTEKS

Voorgestel deur Deputategroep benoem deur die Nasionale Sinode GKSA 2003,

soos beskryf in die uitgawe van ons blad, Januarie 2002, bl 5

PSALM 130

                                                                           

                                   1

Uit dieptes, gans verlore,

met redding ver van my,

waar hoop se laaste spore

vergaan - net wanhoop bly;

diep uit die donker nagte

roep ek, o HERE, hoor,

en laat my droewe klagte

tog opstyg na u oor!

 

3

Soos een wat op die mure

as wagter uitgestel,

gedurigdeur die ure

met sy gedagte tel –

só wag my siel, en sterker

gedurig op die HEER,

tot Hy, die Ligbewerker,

die nag in daeraad keer.

 

2

As U, o HEER, die sonde

regverdig sou beskou,

wie sou ‘n enkel stonde

voor U die lewe hou?

Maar nee, daar is vergewing

altyd by U gewees;

daarom word U met bewing

reg kinderlik gevrees.

 

4

Hoop, Israel, in jou klagte;

vertrou, o volk wat treur;

sy guns verduur die nagte,

sy heil breek eindlik deur -

dan skyn die Lig van vrede,

en Hy maak Israel vry

van ongeregtighede.

Verlig, verlos ook my.