Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Antichris

AKTUEEL: Wet op Swartbemagtiging (WET 53 VAN 2003) Teenoor 'n Volkseie Ekonomiese beleid.    

SKRIFOORDENKING:
Koershou te midde van verdrukking en verleiding

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks Ps 130

Kerklike Skismatiek

Persverslag: Geref Konferensie

Een en ander oor Kerkmusiek en Kerklied

Die Negentiende-Eeuse Kerklied

"Die Redakteur gesels met... Prof Bouke Spoelstra"

Indrukke van die 67e Algemene Kerkvergadering van die NH Kerk van Afrika

KERKLIKE JOERNAAL: 
Manifes van verontruste predikante

Ekumeniese eenheid vir Gereformeerdes bepleit

NHK verwerp kindernagmaal

Sinode AP Kerk: Enkele besluite

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Is die paradigma reg?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaner en die Kerk (2)

ARSO en Christelike Onderwys

PERSRUBRIEK: Kerke - Konferensie (GKSA)

NH Kerk: Kerkvergadering gee groen lig vir erediens-vernuwing

Paul Kruger: Groot in ballingskap

Kultuuropdrag en wêreldeinde

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Huldiging van Beyers Naudé

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 6 November 2004

KERKLIKE JOERNAAL

MANIFES VAN VERONTRUSTE PREDIKANTE

GEREFORMEERDE KERKEN NEDERLAND(VRYGEMAAK)

- BERIG IN NEDERLANDS DAGBLAD  11 OKTOBER 2004 -

Vroomshoop - Agt verontruste predikante van die Gereformeerde Kerken (vrygemaak) het die afgelope Saterdag 'n manifes bekendgestel waarin hulle hul groot besorgdheid uitspreek oor ontwikelinge binne hul kerkverband. Hulle roep die kerk op om van verskillende ingeslane paaie terug te keer.

Aan die manifes is 'n webtuiste gekoppel (www.gereformeerdblijven.nl) waarin hulle hul besorgdheid nader beskryf en toelig. Tegelykertyd is artikels oor "Skrifkritiek en die toenadering tot die Christelijke Gereformeerde Kerken" en "Na 'n open(er) nagmaal?" gepubliseer.

Dié predikante sien binne hulle kerke 'n al hoe meer toename van verskille in oortuiging en praktyk. In daardie verband praat hulle van toenemende verwarring. Hulle is besorgd oor die Skrifgesag, prediking, die vierde gebod, kerk en kerkregering, liturgie en kerklike eenheid. Hulle sien die ontwikkelinge wat hulle beskryf aan met kommer en smart. Wat mag nog die naam dra van gereformeerd, vra hulle.

Ook vind hulle "dit 'n hartseer dat op grond van verontrusting oor hierdie tema's ondertussen meer as duisend lidmate met hul kerke gebreek het, terwyl nog anderes oorweeg om dat te doen. Daarmee verwys hulle na die groep wat hulle, soos hulle dit uitdruk, via 'n nuwe vrymaking losgemaak het van die vrygemaakte - Gereformeerde Kerken. ...

Ds PL Storm uit Vroomshoop tipeer homself en sy sewe kollega's as besorgd. "Beswaard? Dat klinkt alsof we met een half been buiten het kerkverband staan, en dat is niet zo. Het is geen oproep om uit het kerkverband te gaan. Het is juist gericht op de broederschap, op de kerken." Wat gaan gebeur as die kerkverband sy koers nie wysig nie, is 'n vraag wat hy nie kan beantwoord nie. "We schrijven niet met het mes op tafel, maar wel over wat wij menen dat onopgeefbaar gereformeerd is."

Die meer as duisend lidmate wat hulle ondertussen van die kerkverband afgeskei het, word deur die agt predikante nie direk aangespreek nie. "Er is wel de hoop en het gebed dat de eenheid hersteld kan worden, want de breuk brengt veel verdriet", aldus ds Storm.