Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Antichris

AKTUEEL: Wet op Swartbemagtiging (WET 53 VAN 2003) Teenoor 'n Volkseie Ekonomiese beleid.    

SKRIFOORDENKING:
Koershou te midde van verdrukking en verleiding

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks Ps 130

Kerklike Skismatiek

Persverslag: Geref Konferensie

Een en ander oor Kerkmusiek en Kerklied

Die Negentiende-Eeuse Kerklied

"Die Redakteur gesels met... Prof Bouke Spoelstra"

Indrukke van die 67e Algemene Kerkvergadering van die NH Kerk van Afrika

KERKLIKE JOERNAAL: 
Manifes van verontruste predikante

Ekumeniese eenheid vir Gereformeerdes bepleit

NHK verwerp kindernagmaal

Sinode AP Kerk: Enkele besluite

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Is die paradigma reg?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaner en die Kerk (2)

ARSO en Christelike Onderwys

PERSRUBRIEK: Kerke - Konferensie (GKSA)

NH Kerk: Kerkvergadering gee groen lig vir erediens-vernuwing

Paul Kruger: Groot in ballingskap

Kultuuropdrag en wêreldeinde

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Huldiging van Beyers Naudé

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 6 November 2004

KERKLIKE JOERNAAL

EKUMENIESE EENHEID VIR GEREFORMEERDES BEPLEIT

Neels Jackson berig in BEELD, Vrydag 5 Maart 2004, dat op Donderdag 4 Maart op 'n vergadering van die Konvent van gereformeerde kerke te Potchefstroom, 'n ernstige pleidooi gelewer is dat die betrokke kerke aan 'n vorm van eenheid tussen hulle begin werk.

Volgens dr Willie Botha van die NG Kerk is daar geen vordering in die proses om eenheid in die NG kerkfamilie te bereik nie.

Daarom het die gedagte ontstaan dat dit dalk eerder sal werk om alle gereformeerde kerke in die land byeen te kry. Verteenwoordigers van twaalf kerkelike groeperings was op daardie konvent byeen.

Botha het gesê die betrokke kerke moet ernstig daarna kyk om iewers met 'n vorm van eenheid te begin, want alleen is die kerke te klein om hul stemme in die land te laat hoor.

Dit is 'n vergestalting van ekumeniese betrekkinge buite die skriftuurlike opdrag, taak, regering en onderskeid tussen waar en vals, soos die NGB, artikels 27 tot 30, die kerk beskryf. Die redaksie van DieKerkpad beskou dit as relativering van die antitese wat die Bybel openbaar, wat God wil ons moet handhaaf.