|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 8 No 6 November 2004
ALGEMENE KERKVERGADERING NH KERK GEE GROEN LIG VIR EREDIENS-VERNUWING
Die Hervormde Kerk het op 29 September 2004 die groen lig gegee vir erediens-vernuwing, wat gebruik maak van insette deur lidmate en van kleur, simbole en beelde - maar nie sonder dat party predikante hul kommer hieroor uitgespreek het nie.
Die algemene kerkvergadering het 'n studiestuk oor die erediens goedgekeur wat deur dr Elsabé Kloppers, opsteller, bestempel is as 'n poging om nuwe moontlikhede binne die kerk se tradisie te open.
Dit bou voort op die moontlikhede wat die Liedboek van die Kerk bied, maar maak ook gebruik van die kerklike jaar met sy tydperke soos Advent, Kersfees, Lydenstyd en Pinkster - wat elk hulle eie simboliese kleure het.
Die voorstelle laat ruimte vir kreatiwiteit deur predikante sodat eredienste nie in geykte vorms verval nie.
Party predikante was baie bekom-merd dat dit die kerk op die pad van 'n ervaringsgodsdiens gaan plaas, pleks daarvan dat die Woord van God sentraal staan.
Dr Johan Steenkamp van die ge-meente Poort het gesê dit verteenwoordig 'n teologiese verskuiwing in die kerk, terwyl Dr Hendrik Breytenbach van Wonderboom-Suid gewaarsku het dat dit die verdelings in die kerk sal verdiep. ...
Prof Theuns Dreyers, vorige voorsitter van die algemene vergadering, het gesê Woordverkondiging sal altyd sentraal staan in die Hervormde Kerk.
Daarby sal Hervormde eredienste altyd gekenmerk word deur eerbied, gewydheid, stemmigheid en orde, omdat die kerk dan in teenwoordigheid van God is. (BEELD, 30 / 9 / 2004)