Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Antichris

AKTUEEL: Wet op Swartbemagtiging (WET 53 VAN 2003) Teenoor 'n Volkseie Ekonomiese beleid.    

SKRIFOORDENKING:
Koershou te midde van verdrukking en verleiding

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks Ps 130

Kerklike Skismatiek

Persverslag: Geref Konferensie

Een en ander oor Kerkmusiek en Kerklied

Die Negentiende-Eeuse Kerklied

"Die Redakteur gesels met... Prof Bouke Spoelstra"

Indrukke van die 67e Algemene Kerkvergadering van die NH Kerk van Afrika

KERKLIKE JOERNAAL: 
Manifes van verontruste predikante

Ekumeniese eenheid vir Gereformeerdes bepleit

NHK verwerp kindernagmaal

Sinode AP Kerk: Enkele besluite

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Is die paradigma reg?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaner en die Kerk (2)

ARSO en Christelike Onderwys

PERSRUBRIEK: Kerke - Konferensie (GKSA)

NH Kerk: Kerkvergadering gee groen lig vir erediens-vernuwing

Paul Kruger: Groot in ballingskap

Kultuuropdrag en węreldeinde

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Huldiging van Beyers Naudé

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 6 November 2004

KULTUUROPDRAG EN WęRELDEINDE

Teenoor lamlendigheid en terrorisme moet beklemtoon word dat die goddelike opdrag om vrugbaar te wees en oor die aarde te heers nog steeds geldig is. God het dit in Genesis 1:28, vóór die sondeval gegee, maar dit is nie tot niet deur die sondeval en deur die gevolglike feit dat die vrou met vermeerderde smart kinders sal baar en die man in die sweet van sy aanskyn sal oes nie. Selfs die groot goddeloosheid wat op die sondvloed uitloop, hef hierdie gebod nie op nie. God herhaal dit duidelik en beslis in Genesis 9:1 en verder in die Noagitiese verbond.

God beheers die węreldgeskiedenis: God sorg

God het op sy tyd geskep en Hy, Hy alleen, sal die tydstip van die einde bepaal. Malcomess het Malthus jare gelede in 'n advertensie van landbougereedskap en bemestingstowwe baie raak geantwoord: "Dr Malthus, jy sę daar sal te min kos wees vir al die mense, maar het jy landbou-ontwikkeling ten gevolge van doeltreffende landbougereedskap en goeie kunsmes in gedagte gehou?"

As die mens, man en vrou, hulle albei liggaamlik en geestelik verlam en uitput deur 'n absoluut kinderlose, onversadigbare seksuele omgang met mekaar, dan sal niemand wil werk en beplan nie, allermins opoffer, en heel gou sal die kos opraak, onder andere vanweë gebrek aan ontginning van die aarde en sy gawes. As die mens se seksualiteit en sekskrag, reg gebruik en aangewend word, sal hy genoeg verstand, ondernemingsgees en krag hę om te sorg vir kos vir sy kinders, totdat die tyd kom dat God sę: "Dit is verby". Dit is 'n saak van geloof en dit berus op 'n geloofsverwerping van genoemde dogma of bygeloof dat die węreld net 'n beperkte hoeveelheid krag en energie het.

God handhaaf die bevel tot vrugbaarheid, en Hy sorg deur die gawes van sy skepping. Die mens moet dit net vind en ontgin. Vandag is daar sprake dat die oliebronne van die węreld betreklik gou sal opraak. Dit mag so wees, maar die Godgegewe menslike vernuf sal weer nuwe bronne ontdek. Die gawes van God se skepping is onbeperk, in elk geval genoeg om te hou tot by die voleinding. ...

Volgens menslike berekeninge en voorspellinge het die węreld seker meer as honderd keer al vergaan. Op hierdie voëlgeskrei of oudwyfse fabels mag die Christen nie ag gee nie, selfs al word dit in die naam van die wetenskap opgedis. Hy moet elke dag sy plig doen en sy roeping volvoer, deo volente, "as die Here wil ..." (Jak 4:15), siende die onsienlike in die geloof.

DCS van der Merwe. In: Man en Vrou. Noordbrug. 1980