Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid (2)

AKTUEEL: 11 September 2001      

SKRIFOORDENKING:
Die Here se saak is nie hopeloos - Openbaring 13:1-10

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks Ps 92

Aanbidding in Gees en Waarheid

Skrifgeloof en Wetenskap

Verdraaiing van feite en halwe waarhede (Kritiek)

Die Kerkorde van De Mist

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog 'n interpreterende Bybel

Dr Isak Burger (AGS): 'n "Nuwe seisoen vir die kerk"

Ng kerk en AGS lede van die SARK

The Passion of the Christ - "Moenie gaan kyk nie!"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ononderbroke aanslag op Christelik-nasionale onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaner en die Kerk

Globalisering:

PERSRUBRIEK: Die Bybel slegs goed vir 'n verskraalde stel beginsels?

"Versoening" - Dr Beyers Naudé

SARK se betrekkinge met regering en politiek

Nederlandse kerklike verwikkelinge

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Kompas: "Kruger en Mandela"

MEDIESE ETIEK: 
Gehoorsaamheid uit eie hart?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 5 September 2004

Aktueel

11 SEPTEMBER 2001

Sonder die HERE is alles vergeefs (Psalm 127)

DS HPM VAN RHYN. IN: ALMANAK (GKSA) 2003, BL 195

Na die terreuraanvalle op Amerika in 2001 toe geskaakte vliegtuie teen geboue vol mense vasgevlieg het, sal 11 September seker vir lank 'n berugte datum bly. Die geweld en naakte terreur het węreldwyd skokgolwe veroorsaak. Behalwe die verlies aan menselewens, was die verskriklike besef dat 'n mens nęrens meer veilig is nie vir baie mense skokkend en ontnugterend. Selfs in die węreldstad New York en selfs binne-in die Pentagon is jy blootgestel en kan jy gewelddadig aan jou einde kom.

Mense wat gedink het dat hulle op menslike strukture soos die geheime diens of die weermag van die magtigste land ter węreld kan vertrou om hulle te beskerm, se vertroue lę aan skerwe. Eers ná die aanvalle besef baie van hulle: "As die Here die stad nie beskerm nie, waak die wat dit beskerm tevergeefs." Dit is ironies dat daar na 11 September 2001 steeds mense is wat dit nog nie besef nie en steeds op menslike dinge vertrou om hulle te beskerm.

Daar is steeds mense wat leef asof hulle onaantasbaar is. Al hulle veiligheidsmaatreëls is mos in plek. 11 September 2001 het ons egter aan iets herinner wat die Woord al eeue lank sę: Ek moenie my vertroue in menslike dinge stel nie. Ek moet in alles ten volle op God vertrou. My planne en my maatreëls is nutteloos en tevergeefs sonder die Here.

Daarom stel ek nie tevergeefs my vertroue in mense of dinge nie, maar vertrou ek op God alleen, by wie ek tot in ewigheid veilig is!