Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid (2)

AKTUEEL: 11 September 2001      

SKRIFOORDENKING:
Die Here se saak is nie hopeloos - Openbaring 13:1-10

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks Ps 92

Aanbidding in Gees en Waarheid

Skrifgeloof en Wetenskap

Verdraaiing van feite en halwe waarhede (Kritiek)

Die Kerkorde van De Mist

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog 'n interpreterende Bybel

Dr Isak Burger (AGS): 'n "Nuwe seisoen vir die kerk"

Ng kerk en AGS lede van die SARK

The Passion of the Christ - "Moenie gaan kyk nie!"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ononderbroke aanslag op Christelik-nasionale onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaner en die Kerk

Globalisering:

PERSRUBRIEK: Die Bybel slegs goed vir 'n verskraalde stel beginsels?

"Versoening" - Dr Beyers Naudé

SARK se betrekkinge met regering en politiek

Nederlandse kerklike verwikkelinge

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Kompas: "Kruger en Mandela"

MEDIESE ETIEK: 
Gehoorsaamheid uit eie hart?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 5 September 2004

DIE BERYMDE PSALMS

HERSIENING VAN DIE OORSPRONKLIKE TOTIUSTEKS

Voorgestel deur Deputategroep benoem deur die Nasionale Sinode GKSA 2003, soos beskryf in die uitgawe van ons blad, Januarie 2002, bl 5

PSALM 92

                                                                                    1

Wie sou die HEER nie prys nie,

as weer met nuwe gloed

‘n rusdag ons begroet?

Wie Hom nie dank bewys nie

as stil in môrewagte,

Hy ons met guns omring?

Wie vir sy trou nie sing

‘n loflied in die nagte?

 

                        2

Wie sou dié troue HEER nie -

Hom wat sy guns ons bied -

met hooggestemde lied

by harp- en luitspel eer nie?

Hy maak weer los my bande,

Hy maak my tong weer vry;

ek roem sy dade bly,

die werke van sy hande.

 

                        3

Hoe groot is, HEER, u werke,

hoe diep gaan u beleid!

Hoe reik u wys besluit

oor alle aardse perke!

Maar dwase sit gevange,

in waansin vasgehou;

hul weet nie dat hul gou

sal struikel in hul gange.

 

                        4

Hul groei in pragverskyning

soos plante, groen en fris,

terwyl hul einde is

verdelging en verdwyning.

Maar U is hoog verhewe:

u vyand, HEER, moet val;

geen onregwerker sal

ooit strafloos voor U lewe.

 

                        5

Met blydskap in my oë

en deur u grote krag

swaai ek met alle mag

die horing van vermoë.

U, HEER, laat op my druppel

u salf, en laat my nou

die val van húl aanskou

wat oor mý val wou huppel.

 

                        6

‘n Palmboom hoog en rustig,

‘n seder sterk en skoon

met breë blarekroon -

só groei Gods volk, so lustig.

Hul groei deur Gods genade:

hul bloei daar hoog en fris,

waar God se voorhof is,

en loof Gods wonderdade.

 

                        7

Hul groei in suiwer lugte;

selfs in hul ouderdom

sal geen vermindring kom

van bloei en edel vrugte.

Hul lof sal nie verstom nie:

Die HEER is reg! En Hy,

Hy is ‘n rots vir my!

Geen onreg is in Hom nie.