Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid (2)

AKTUEEL: 11 September 2001      

SKRIFOORDENKING:
Die Here se saak is nie hopeloos - Openbaring 13:1-10

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks Ps 92

Aanbidding in Gees en Waarheid

Skrifgeloof en Wetenskap

Verdraaiing van feite en halwe waarhede (Kritiek)

Die Kerkorde van De Mist

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog 'n interpreterende Bybel

Dr Isak Burger (AGS): 'n "Nuwe seisoen vir die kerk"

Ng kerk en AGS lede van die SARK

The Passion of the Christ - "Moenie gaan kyk nie!"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ononderbroke aanslag op Christelik-nasionale onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaner en die Kerk

Globalisering:

PERSRUBRIEK: Die Bybel slegs goed vir 'n verskraalde stel beginsels?

"Versoening" - Dr Beyers Naudé

SARK se betrekkinge met regering en politiek

Nederlandse kerklike verwikkelinge

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Kompas: "Kruger en Mandela"

MEDIESE ETIEK: 
Gehoorsaamheid uit eie hart?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 5 September 2004

KERKLIKE JOERNAAL

DR ISAK BURGER, PRESIDENT VAN DIE AGS IN SUID-AFRIKA,

SIEN 'N NUWE SEISOEN VIR DIE KERK VOORLę

- GODSDIENS-AKTUEEL, IN BEELD, MAANDAG 2 AUGUSTUS 2004 -

Daar is NG- en (tragies genoeg) ook Gereformeerde Kerke wat daarheen beweeg

"Suid-Afrika word węreldwyd beskou as een van die lande met die sterkste proporsionele Pinkster/Charismatiese kontingent.

Ongeveer 8% van ons bevolking vorm deel van hierdie kerkgroepering. Daarbenewens is ongeveer 'n derde van ons land se swart bevolking deel van die inheemse onafhanklike kerke wat grotendeels as "Pinkstertipe" kerke beskou word.

Die moderne Pinksterbeweging is nou ongeveer honderd jaar oud. Internasionaal is daar omtrent 550 miljoen mense wat hulle as Pinkster/Charismaties beskou terwyl daar in hierdie stadium geen afname in die dinamiese groei van die afgelope dekades is nie.

Terwyl die kerk in weing eerste węreldlande veel groei toon, floreer die kerk in die meeste derdewęreldlande en Afrika is omtrent bo-aan die lys. ...

Die Pinkster/Charismatiese beweging word breedweg gekenmerk deur die oortuiging dat die karakter, dinamika en krag van die Nuwe Testamentiese Kerk steeds gesien en ervaar kan word.

Klem word gelę op bekering, die doop in die Heilige Gees en die meegaande geestesgawes. Christus en sy werk aan die kruis, die gesag van die Bybel, spontane aanbidding, hartlike sang en musiek is verdere kenmerke. ...

"Pinkster" en "Charismaties" is nie meer die eksklusiewe "handelsmerk en voorreg" van 'n sekere deel van die kerk nie.

Geestelike vernuwing is toenemend besig om in gemeentes van feitlik elke denominasie in ons land voor te kom.

Kyk maar na die kerke waarheen mense Sondae stroom - selfs Sondagaande. Gaan kyk na die meelewing, sang en musiek.

Kyk veral na die kerke waar groot getalle jongmense die dienste bywoon.

Kyk na die tienduisende mense wat tydens transformasie- en gebedsbyeenkomste in stadions regoor die land bymekaar kom en nie meer vra: Aan watter kerk behoort jy nie?

Dan besef jy dat die kerk in ons land besig is om in meer as een opsig 'n nuwe seisoen tegemoet te gaan.

Vir die grootste deel van die vorige eeu is die Pinksterkerke in mindere of meerdere mate as die stiefkinders van die kerk in Suid-Afrika en ook in baie ander dele van die węreld behandel.

Sedert die vroeë 1990's het die prentjie in ons land grootliks verander.

'n Nuwe politieke bedeling het die speelveld gelyk gemaak. Terwyl alle kerke bymekaar kan leer, is daar al hoe meer tradisionele kerke wat besef dat vernuwing in die kerk baie nodig is en dat daar in hierdie verband baie by die Pinkster en Charismatiese kerke geleer kan word."