|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 8 No 5 September 2004
KERKLIKE JOERNAALdie Suid-Afrikaanse Raad van Kerke geword het, sedert hy 1960 daarvan los geraak het.NG Kerk en AGS nou lede van SARK
Neels Jackson berig in BEELD, Dinsdag 13 Julie 2004, dat die NG Kerk weer as lid van
Dié besluit is geneem met die steun van Verenigende Gereformeerde Kerk, die enigste ander lid van die NG Kerkfamilie wat ook lid is van die SARK.
Die Apostoliese Geloofsending en die Grieks-Ortodokse Kerk is by dieselfde geleentheid ook as volle lede van die SARK aanvaar.
"Welcome home, broeders!"
Só het een van die swart afgevaardigdes by die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se driejaarlikse in Johannesburg, op Maandag 12 Julie 2004, die afgevaardigdes van die NG Kerk gister toegeroep nadat dié kerk se aansoek om volle lidmaatskap van die SARK met applous goedgekeur is.
Dié besluit beteken dat die NG Kerk nou weer vir die eerste keer sedert 1960 volledig lid is van die ekumeniese familie in Suid-Afrika. Prof Russel Botman, president van die SARK, het gesê die NG Kerk en die SARK het mekaar nodig.
Dr Coenie Burger, moderator van die NG Kerk, het gesê dis vir hom 'n emosionele geleentheid. "Dis wonderlik om terug te wees waar ons hoort. "
Hy het gesê hy en andere in die NG Kerk wonder soms hoe dit gebeur het dat die NG Kerk apartheid ondersteun het. Hy dink as die NG Kerk deel van die ekumeniese beweging gebly het, sou dit dalk nie gebeur het nie.
Hy het verwys na iemand wat gesê het 'n mens kan die waarheid van die evangelie net in 'n gemeenskap leer ken. Apartheid was die NG Kerk se tweede fout. Die eerste was dat hy gedink het hy kan die Bybel op sy eie lees en verstaan.
Ook het hy daarna verwys dat die kerk se laaste algemene sinode hom tot God herverbind het, en ook tot die land.
"Ons is Afrikane" het Burger gesê. "Ons wil deel wees van die land, deel hê aan die oplossing van probleme en ons wil dit saam met die ekumeniese beweging doen."
Dr Japie Lapoorta, visepresident van die Apostoliese Geloofsending, het sy kerk se toelating begroet met 'n luide "Halleluja!"
Hy het vertel hoe die AGS byna 'n eeu gelede tot stand gekom het, maar gou op rassegrondslag verdeel het. In 1996 het die AGS egter verenig tot een kerk. Hulle besef hulle het ook 'n breër eenheid nodig.
Op 9 Julie berig Jackson in BEELD dat die AGS nog nooit amptelik by die SARK betrokke was nie, hoewel pastoor Frank Chikane van die AGS hoofsekretaris van dié liggaam was. Destyds is hy as pastoor deur sy kerk geskors te midde van die diep verdeeldheid wat apartheid in kerklike geledere veroorsaak het.
Volgens dr Isak Burger, president van die AGS, is die SARK nie meer 'n omstrede organisasie nie. Die AGS het reeds met hulle saamgewerk, onder meer tydens die tweede Rustenburgse kerkberaad.