Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Gebed vir die owerheid (2)

AKTUEEL: 11 September 2001      

SKRIFOORDENKING:
Die Here se saak is nie hopeloos - Openbaring 13:1-10

Die Berymde Psalms : Hersiening van die oorspronklike Totiusteks Ps 92

Aanbidding in Gees en Waarheid

Skrifgeloof en Wetenskap

Verdraaiing van feite en halwe waarhede (Kritiek)

Die Kerkorde van De Mist

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nog 'n interpreterende Bybel

Dr Isak Burger (AGS): 'n "Nuwe seisoen vir die kerk"

Ng kerk en AGS lede van die SARK

The Passion of the Christ - "Moenie gaan kyk nie!"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Ononderbroke aanslag op Christelik-nasionale onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaner en die Kerk

Globalisering:

PERSRUBRIEK: Die Bybel slegs goed vir 'n verskraalde stel beginsels?

"Versoening" - Dr Beyers Naudé

SARK se betrekkinge met regering en politiek

Nederlandse kerklike verwikkelinge

GESPREK MET LESERS: 

KOMMENTAAR: 
Kompas: "Kruger en Mandela"

MEDIESE ETIEK: 
Gehoorsaamheid uit eie hart?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 5 September 2004

KERKLIKE JOERNAAL

The Passsion of the Christ - "Moenie gaan kyk nie!"

Terwyl ander kerklike blaaie vrywel algemeen die kyk na die bogenoemde silwerdoekproduk goedpraat en aanbeveel, beskryf Rob van der Kooy in die maandblad van die Gereformeerde Kerk Pretoria - Die Kandelaar, uitgawe Mei 2004, bl 24, sy standpunt om dit nie te gaan kyk nie. Hy motiveer dit soos volg:

Hierdie film ontlok wye bespreking en ek neem aan dat kinders aan ouers sal vra wat hulle daarvan dink en of hulle die film moet gaan sien. Ook is ek bewus daarvan dat talle predikante die film aanbeveel en dat hele gemeentes die film gaan kyk ter versterking van hul geloof.

Voordat u vrae van kinders antwoord, neem asseblief die volgende in oorweging:

Is hierdie film deur sy Hollywood-produsente bedoel om die evangelie te verkondig of om geld te maak?

Is die outeur(s) en regisseur van die film Christene en betroubare kenners van die Bybel, toegerus om die evangelie, geďnspireer deur die Heilige Gees, te verkondig?

Het u betroubare aanduidings dat die film getrou volgens Bybelse gegewens is?

In watter mate is in hierdie film sprake van "tot die Woord toevoeg of weglaat", soos die Skrif verbied (Deut 4:2; 12:32; Openb 22:18,19)? ...

Die antwoorde is duidelik: Die film is 'n onbetroubare Hollywood-produk wat ten doel het om geld te maak deur te skok en te vermaak, en wat die Bybel daarvoor gebruik, wat voorgee om Bybelgetrou te wees, maar nie is nie, en wat op geen manier as betroubare Bybelverklaring gebruik kan word nie.

Afgesien van sy afkoms en doel, het die film ook inhoudelik 'n aantal onaanvaarbaarhede. Om enkeles te noem:

Die dramatisering is gedoen om te skok, soos die groot hoeveelheid bloed.

Christus se lyding was glad nie beperk tot die laaste ses uur voor sy dood nie.

Daar is tonele en versinsels wat nie in die Bybel voorkom nie. Dus genoeg uitlatings en byvoegings om die filmganger met 'n onbetroubare beeld te laat huiswaarts keer.

Daar is verskeie verdraaiings van die Skrif, gevalle van vermensliking, toevoegings, skeiding van die Godheid en mensheid van Jesus Christus, en Rooms-Katolieke invloede.

Baie mense voer aan dat hulle die regte pad ken en daarom maar kan gaan kyk. Laat hulle gewaarsku wees:

Hierdie film getuig van groot vakmanskap en het 'n geweldige impak op jou siel. Deur die film word ongemerk 'n nuwe Jesus-beeld in jou siel ingebrand. Is dit vreemd dat Christene, nadat hulle die film gesien het, kla dat tydens Skriflesing en gebed skielik die beeld van die mens Caviesel, die akteur wat Christus vertolk het, voor hulle verskyn? Mag Christus wat ons deur God se Woord en Gees leer ken het, vervang word deur 'n Hollywood-akteur?

Meer as genoeg rede om van hierdie film en ook van die meeste ander films weg te bly.