Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gereformeerde Etiek

AKTUEEL:
'n Leef en Denkwêreld wat al meer materialisties word

SKRIFOORDENKING:
God se nuwe seisoen

Die Harry Potter-reeks kinderboeke

Leerstellig suiwer liedere vir die erediens?

Die verklaring van die Bybel

"Over religie - aan de liefhebbers onder haar beoefenaars"

'n Skerp Skrifkritiese hantering van 1 Thessalonisense vanuit Potchefstroom

Nog talle besware van kerkrade in die NG Kerk

Die Boeddhisme en sy stigter

Valentynsdag - 14 Februarie

Die saak van Sabbat en Sondag

Die omkering van die staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Ernstige oproep tot verootmoediging

Kerke binnekort belastingpligtig?

Die Gereformeerde Ekumeniese Raad

Studiegesprek oor ekumene

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO vyf jaar oud

Evolusieleer in skole, musea en op radio- en TV-programme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhoding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

Verootmoediging of versoening?

PERSRUBRIEK: 
Hervorm na die eis van die Woord


Kerkraad van NH Kerk Makwassie ontsteld oor uitsprake

KOMMENTAAR: 
Hervormingsdaggetuienis 31 Oktober 2000

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die maatstaf vir moraliteit

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 1 Januarie 2001

DIE OMKERING VAN DIE STAATSBESTEL

Wat het gebeur?

-  PJR KRUGER - AMATIKULU  -

Daagliks kom mens onder die besef dat alles rondom ons teen 'n geweldige pas verander Daar kan met reg gepraat word van 'n volbloed rewolusie wat die heersende (voormalige) orde totaal omgekeer het.

Suid-Afrika het van een van die bestendigste lande in Afrika tot die vlak van wetteloosheid gedaal wat grens aan anargie. So skryf RAND DAILY MAIL (3/7/'66): ''He (Verwoerd) can claim that South Africa is a shining example of peace on a troubled continent ... ''. Daarteenoor skryf koerante in die afgelope jaar of wat: ''South Africa has become the crime capital of the world''. Die statistiek van alle soorte van misdaad is skokkend.

Die ekonomie is sigbaar verwoes. Bankrotskappe is aan die orde van die dag en hongersnood onder die minder bevoorregtes is nie uitgesluit nie. ''SA ekonomie in die waakeenheid!'' lui die opskrifte van koerante. Dit in teenstelling met getuienis uit die sestiger jare (TIME - 26/8/'66) ''South Africa is in the middle of a massive boom ... Investors from all over the world have ploughed money into the country''. FINANCIAL MAIL 92/2/'68): ''This is the decade of the South African miracle when the boom years of 1962 - 65 hoisted the economy up to a different scale of operations altogheter, so that the main economic problem of our time has become not how to induce growt, but how to restrain it''. (Die vyfdag werksweek is as maatreël ingestel om die ekonomie af te koel.) RAND DAILY MAIL (30/7/'66): ''The nation is suffering from a surfeit of prosperity ...''.

Dit was ook nie net die blankes wat in die voorspoed gedeel het nie, soos al te dikwels Apartheid ten laste gelê word nie. Trouens, Harry Oppenheimer se verslag aan die Anglo-American vir 1964 en '65 toon aan dat Swartes se lewenstandaard gestyg het teen 5,3% per jaar. Gesien teen die agtergrond van 2.4% inflasiekoers in die sestiger jare, kan met reg gesê word dat dr Verwoerd se ''HOP'' meer suksesvol was, as waartoe die huidige regering waarskynlik ooit in staat sal wees.

Verder was die akkomodasie van nuwe toetreders tot die arbeidsmark 73.6% in die formele sektor. Reeds in die tagtiger jare het dit afgeneem na 7% en dit verteenwoordig tans nie meer as 3% nie. Met ander woorde, dit is sigbaar negatief aangesien dit tans laer as die bevolkingsgroei is. Hier kan die geweldige toename in staatskuld bygevoeg word, naamlik R3,5 miljard in die sestiger jare tot die huidig R240 miljard. Selfs die rente op die skuld moet nou geleen word.

Hoe lyk die verval op sedelike gebied? Sabbatsontheiliging is aan die orde van die dag. Sport en handel op Sondag is die reël. Prostitusie het 'n gangbare winsgewende bedryf geword en moet nog net gereguleer word sodat die staat sy belastinginkomste kan vorder. Pornografie oorspoel ons televisie, rolprente en tydskrifte. Dobbel is gewettig en staatslotery is ingestel met die nadelige gevolge, afgesien van die morele verval, in die omsette van die bemarkers van verbruiksgoedere.

Godsdiensgelykheid en sinkretisme is een van die hoekstene waarop die eenheidstaat van die nuwe nasie gebou is. Selfs ons Calvinistiese erfenis raak al meer in die spervuur as een van die groot sondes van die verlede. So kan 'n mens aangaan om die verwordingsproses op die materiële, sedelike en godsdienstige gebied van die afgelope drie dekades uit te lig en te beskryf.

Die sigbare verval op die drie lewensterreine wat aangeraak is, hang nie in die lug nie maar staan in direkte verband tot die politieke verloop van die onlangse geskiedenis. Dié verval het die kontoer van die politieke ontwikkeling gevolg. Aldrie so stelselmatig dat dit byna ongemerk aan die deursnee mens verby gegaan het.

Hoewel die evaluering van eietydse geskiedenis moeilik en dikwels pynvol is, is dit tog nie 'n rede om daarvan weg te skram nie. Moeilik aan die eenkant omdat ons subjektief betrokke is, pynvol omdat ons (as Blankes) deur die stemreg aandadig was aan die politieke verloop van die gebeure.

Die volk is tog medeverantwoordelik vir die beleid van die owerheid wat hy gekies het ?! (Dit is nie 'n geheim waarvoor die Afrikaner vóór 1994 gestem het nie.) En elke verkiesing sedert die sestigerjare het tog die geleentheid gebied om die regering se beleid en dade te toets aan die Woord van God. Kon ons vir dié doel nie ons kritiek of kondonering , deur middel van ons stemreg uitgeoefen het nie?

Die tydperk onder bespreking kan in drie onder-skeie binnelandse beleidsrigtings ingedeel word, met die verskillende resultate van die politieke bedryf.

  1. Afsonderlike ontwikkeling of apartheid (1948 - 1966). Christelik-nasionalisme is die begronding van die beleid. Die resultate in die terme van eko-nomie, wet en orde en sedelik-godsdienstig, is hier-bo reeds aangetoon.

  2. Wegbeweeg van diskriminasie of hervorming (Sewentig en tagtiger jare). Liberalisme word stel-selmatig die beleidsgrond. Stadig word die suksesse en voorspoed van die sestigerjare geëlimineer.

  3. Magsdeling (Negentigerjare). Kommunisme kry vasstrap plek in ons politiek. Dit gaan gepaard met die totale ineenstorting van ons aanvanklike staatsbestel.

Dat die verval op bykans elke lewensterrein en politieke ontwikkeling hand aan hand loop en geloop het, vereis weinig insig

- Vervolg hiervan in die volgende uitgawe (red) -