Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gereformeerde Etiek

AKTUEEL:
'n Leef en Denkwęreld wat al meer materialisties word

SKRIFOORDENKING:
God se nuwe seisoen

Die Harry Potter-reeks kinderboeke

Leerstellig suiwer liedere vir die erediens?

Die verklaring van die Bybel

"Over religie - aan de liefhebbers onder haar beoefenaars"

'n Skerp Skrifkritiese hantering van 1 Thessalonisense vanuit Potchefstroom

Nog talle besware van kerkrade in die NG Kerk

Die Boeddhisme en sy stigter

Valentynsdag - 14 Februarie

Die saak van Sabbat en Sondag

Die omkering van die staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Ernstige oproep tot verootmoediging

Kerke binnekort belastingpligtig?

Die Gereformeerde Ekumeniese Raad

Studiegesprek oor ekumene

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO vyf jaar oud

Evolusieleer in skole, musea en op radio- en TV-programme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhoding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

Verootmoediging of versoening?

PERSRUBRIEK: 
Hervorm na die eis van die Woord


Kerkraad van NH Kerk Makwassie ontsteld oor uitsprake

KOMMENTAAR: 
Hervormingsdaggetuienis 31 Oktober 2000

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die maatstaf vir moraliteit

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 1 Januarie 2001

KERKLIKE JOERNAAL

KERKE BINNEKORT BELASTINGPLIGTIG?

Volgens 'n berig in DIE KERKBODE van 17 November 2000 sal kerke binnekort moet registreer by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. 'n Nuwe Belasting-wetgewing is reeds in Junie laasjaar deur die Parlement goedgekeur. Daarvolgens kan 'n hele aantal instellings wat tot nog toe van inkomstebelasting vrygestel is, belastingpligtig word. Daar is "kerkleiers" wat bekommerd is dat dit kerke verder sal verarm.

Indien kerke van hierdie belasting vrygestel wil wees, sal hulle by die owerheid moet aansoek doen vir klassifikasie as 'n ''organisasie wat die gemeenskap dien". Daar is egter nog nie die lys van vrygestelde aktiwiteite van die minister van Finansies, mnr Travel Manuel, ontvang nie.

Ds Christo Alheit, skriba van die Algemene Kommissie vir Fondse van die NG Kerk, vermeld dat die nuwe wetgewing die outomatiese vrystelling van kerke ten opsigte van inkomstebelasting opgeskort het. Hy sien dit as 'n probleem dat daar dalk van die kerke verwag sal word om binne 'n kort tydjie wysigings aan hulle Bepalings en Reglemente aan te bring - iets wat net deur 'n sinode verander mag word.

Volgens die gereformeerde geloofsoortuiging is die Kerk van Christus nie 'n sosiale organisasie wat "die gemeenskap dien" nie. Die Kerk word beskryf as die liggaam van Christus en die gemeenskap van die heiliges.

Die owerheid oorskry die perke van sy gesag, deur God verleen, as hy die soewereiniteit van die Kerk aantas deur laasgenoemde aan die staatsgesag en sy belastingwette te onderwerp. Teenoor die sosialisme en kommunisme is 'n "vrye kerk in 'n vrye staat" nog altyd die beginsel van die Gereformeerde Protestantisme.