Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gereformeerde Etiek

AKTUEEL:
'n Leef en Denkwêreld wat al meer materialisties word

SKRIFOORDENKING:
God se nuwe seisoen

Die Harry Potter-reeks kinderboeke

Leerstellig suiwer liedere vir die erediens?

Die verklaring van die Bybel

"Over religie - aan de liefhebbers onder haar beoefenaars"

'n Skerp Skrifkritiese hantering van 1 Thessalonisense vanuit Potchefstroom

Nog talle besware van kerkrade in die NG Kerk

Die Boeddhisme en sy stigter

Valentynsdag - 14 Februarie

Die saak van Sabbat en Sondag

Die omkering van die staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Ernstige oproep tot verootmoediging

Kerke binnekort belastingpligtig?

Die Gereformeerde Ekumeniese Raad

Studiegesprek oor ekumene

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO vyf jaar oud

Evolusieleer in skole, musea en op radio- en TV-programme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhoding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

Verootmoediging of versoening?

PERSRUBRIEK: 
Hervorm na die eis van die Woord


Kerkraad van NH Kerk Makwassie ontsteld oor uitsprake

KOMMENTAAR: 
Hervormingsdaggetuienis 31 Oktober 2000

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die maatstaf vir moraliteit

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 1 Januarie 2001

KERKLIKE JOERNAAL

STUDIEGESPREK OOR EKUMENE

Gedurende die eerste naweek van Augustus 2000 is by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch 'n Teologiese Ekumeniese Konferensie gehou, berig Annelie Botha in DIE HERVORMER van 1 Desember 2000, bl 8.

Die konferensie is 'n jaarlikse instelling en, soos afgelei kan word uit die tema daarvan, is hierdie keer besondere aandag aan die ekumene gegee. Dit is deurgaans 'n geleentheid waar die verteenwoordigers van die verskillende Teologiese Fakulteite in ons land bymekaar kom om oor bepaalde temas debat te voer. Die fakulteite wat hierdie jaar teenwoordig was, was dié van die Universiteit van Stellenbosch, wat die gasheer was, die Universiteit van Pretoria met afsonderlike NGK en NHK verteenwoordigings asook studente van die Hervormde Kerk in Suidelike Afrika te Hammanskraal, die Afrikaanse Protestantse Akademie, die Universiteit van Potchefstroom, die Universiteit van die Noorde en die Hugenote Kollege.

Die konferensie het plaasgevind in die vorm van referate wat gelewer is oor temas wat aan elke instansie toegeken is. Dié temas is reeds vroeg in die jaar toegeken, sodat daar voldoende tyd was om deeglik voor te berei. Die temas van die onderskeie referate was soos volg:

Ned Gereformeerde Kerk - The use and future of theological training in a changing scientific world, at the beginning of a new millennium.

Hervormde Kerk in Suidelike Afrika - How should theological education with view to the future ensure the accomoda-tion of students from various denominations?

Afrikaanse Protestantse Kerk - Die drie bene van teologiese opleiding is: onderrig, navorsing en diens. Op watter manier moet teologiese opleiding ruimte maak vir praktiese werk, soos byvoorbeeld diens in die gemeenskap?

PU vir CHO - Wich role must ecclesiastical participation play in the future of theological training?

Nederduitsch Hervormde Kerk - Watter positiewe rol kan die teologiese opleiding speel tot kerkeenheid?

Nadat die referate gelewer is, was daar geleentheid vir debatvoering rondom die tema. Deur die geheel van die konferensie het daar deurgaans 'n goeie gees geheers, selfs tydens debatvoering, waar die humeure soms hoog geloop het.

Die referaat, soos gelewer deur die studente van die Ned Hervormde kerk het gehandel oor dit wat die NH Kerk onder kerkeenheid verstaan, hoe teologiese opleiding kerkeenheid kan bevorder, die rol van die Van der Hoff Teologiese Huis in die nuwe bedeling, waar die studente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk aan die Universiteit van Pretoria gesamentlike opleiding ontvang.

Daar is klem gelê op die kerk se eie identiteit, die Bybels-reformatoriese teologie soos in die dialektiese tradisie. Die konferensiegangers was dit eens dat ekumene tussen die kerke, minstens tussen die drie susterkerke, dringend aandag moet kry, maar dat die ekumene nie samesmelting impliseer nie. Dit het duidelik geword dat ekumene vir die deelnemers nie op 'n kerklike organisatoriese vlak lê nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat daar dalk meer is waaroor die susterkerke ooreenstem, en dat die klem daarop geplaas moet word. Dit was 'n leerervaring waar daar onder die indruk gekom is van die noodsaaklikheid van onderlinge gesprek tussen die kerke.

Daar word met verwagting uitgesien na die kongres wat DV vanjaar in Potchefstroom gehou gaan word.