Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gereformeerde Etiek

AKTUEEL:
'n Leef en Denkwêreld wat al meer materialisties word

SKRIFOORDENKING:
God se nuwe seisoen

Die Harry Potter-reeks kinderboeke

Leerstellig suiwer liedere vir die erediens?

Die verklaring van die Bybel

"Over religie - aan de liefhebbers onder haar beoefenaars"

'n Skerp Skrifkritiese hantering van 1 Thessalonisense vanuit Potchefstroom

Nog talle besware van kerkrade in die NG Kerk

Die Boeddhisme en sy stigter

Valentynsdag - 14 Februarie

Die saak van Sabbat en Sondag

Die omkering van die staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Ernstige oproep tot verootmoediging

Kerke binnekort belastingpligtig?

Die Gereformeerde Ekumeniese Raad

Studiegesprek oor ekumene

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO vyf jaar oud

Evolusieleer in skole, musea en op radio- en TV-programme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhoding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

Verootmoediging of versoening?

PERSRUBRIEK: 
Hervorm na die eis van die Woord


Kerkraad van NH Kerk Makwassie ontsteld oor uitsprake

KOMMENTAAR: 
Hervormingsdaggetuienis 31 Oktober 2000

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die maatstaf vir moraliteit

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 1 Januarie 2001

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

VEROOTMOEDIGING OF VERSOENING
Wat is die betekenis van dié woorde?

-  PROF H VAN DER WATEREN  -

Verootmoediging

Ootmoed beteken letterlik om jou met 'n gevoel van onderdanigheid, ontsag en nederigheid te onderwerp.

Verootmoediging is dan eenvoudig die werkwoord wat die onderdanige en ontsagvolle onderwerping opwek. Volksverootmoediging bedoel dat ons as volk en as volksgenote, ons met ontsag en onderdanigheid wil onderwerp.

Dit spreek vanself dat ons ons slegs so aan God wil en kan onderwerp. Want so 'n ontsagvolle, nederige en onderdanige onderwerping kan alleen plaasvind as dit gepaard gaan met 'n belydenis - dit is dat Hy die ware en enigste Gesagsbekleër is. Met verootmoediging bely ons dan eerstens dat ons God se gesag oor ons lewens erken, tweedens dat ons ons ten volle aan sy gesag wil onderwerp en derdens dat ons ons eie onmag besef en dus om sy genade pleit.

Kort saamgevat, bely ons met verootmoediging:

Uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge.

Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. (Rom 11: 36)

Hierin gaan dit suiwer oor die vertikale verhouding tussen God en mens. God roep die mens; die mens staan met sondebelydenis in 'n dankbaarheidslewe voor God. Daarom verootmoedig hy hom voor God.

Versoening

Uit Rom 5: 1 - 11 en 2 Kor 5: 17 - 21 word die wesenlike betekenis van versoening duidelik. God versoen ons met Hom deur Christus Jesus sodat ons Hom kan eer in alles wat ons doen (Rom 5: 11). Daarom gee Hy aan ons die bediening van die versoening (2 Kor 5: 18 - 20), dit wil sê die roeping om sy versoening te bedien. Dit beteken om as gesante die Evangelie te verkondig dat God ons met Hom deur Jesus Christus versoen het (2 Kor 5: 18 - 20).

Baie duidelik gaan dit om die vertikale verhouding tussen God wat roep en sy gelowiges as geroepenes. En met blydskap gee die geroepe gesante die Evangelie onder mekaar deur en aan hulle wat nie bekeer is nie, sodat hulle die Woord kan hoor en deur die soewereine genade van God en sy Heilige Gees bekeer kan word.

In beide begrippe val die aksent op 'n vertikale verhouding. God versoen ons met Hom en daarom verootmoedig ons ons met dankbaarheid voor Hom. Uit ons dankbaarheid vloei dan die onderlinge bediening van die Evangelie as 'n spontane belewing en gehoorsame nalewing van die Woord op alle lewensterreine. Daarmee word die liefdeswet van Christus vervul - uit genade.

Wat maak die Liberalisme daarvan?

Die lug is tans vol van ''versoening''. Die inkleding daarvan word gedoen volgens die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie wat daarop neerkom dat 'n ''oortreder'' sy skuld bely voor hulle wat deur dié oortreding verontreg is, sodat laasgenoemde die skuldenaar kan vergewe.

Die hele saak is suiwer humanisties en afhanklik van menslike willekeur.

Menslike reëls volgens menslike willekeur is die maatstaf. Oor die waarheid - die Waarheid van die Woord - word daar nie besondere drukte gemaak nie. Die waarheid van feitelike gebeure is egter meedoën-loos uitgepers.

In vele gevalle het die vergewing agterweë gebly en is dit ''afgekoop'' - afgedwing? - deur kompensasie of restitusie. In dié gevalle is vergewing afhanklik gestel aan herstel en vergoeding. Dieselfde benadering lê aan die wortel van baie grondeise van Swartes.

'n ''Nuwe?'' toepassing?

Die saak van ''versoening'' het nou 'n nuwe dimensie bygekry. Prof Piet Meiring (van die NG Kerk) en 'n honderdtal geeste saam met hom het Geloftedag gekies om 'n nuwe (hoeveelste?) versoeningsaanbod aan Swartes te maak. Die menslike willekeur skrei hiermee ten hemele!

Op hierdie vrae kan die ''honderd'' nie antwoord nie. Want die willekeurige onderskeiding van die skuldige, die verontregte, asook die verdagmakery van 'n politieke beleid tot aardsonde, laat dit nie toe nie. Hulle is daarin blote napraters en buiksprekers van 'n liberale wêreldpers, waterlose wolke wat die leuenpropaganda verder dra.

Met 'n bedenklike onderskeiding en 'n ewe bedenklike agenda word Geloftedag as dag van willekeurige versoening gekies. Dié gewyde dag wat in sy wese 'n dag van dankbare volksverootmoediging voor God is, word sodoende misbruik vir die aftakeling van 'n skriftuurlik gefundeerde volkerebeleid.

Daarmee word die vertikale verhouding tussen God en die mense in versoening én verootmoediging vernietig, die verbindende sin en betekenis van die hernuwing van die Bloedrivier-Gelofte ondermyn en vervang met 'n humanisties gemotiveerde horisontale strewe vir menseverhoudings.

Dit gaan selfs verder. Hulle pleit om vergifnis deur mense en stel hulle daarmee in ootmoed voor die mens, terwyl hulle slegs die hoop koester dat hulle vergewe sal word. So word die wesensaard van die gebaar ontmasker.

In sy wese adem hierdie ''versoening'' die gees van die Humanisme wat glo en getipeer word as dat alles (rasioneel) uit, deur en tot die mens moet dien, dat alle goeie dinge daarvan afhanklik is. Daarom is dit, bybels gemotiveerd, afgodies en verwerplik.

Nylstroom, 13 Desember 2000