Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gereformeerde Etiek

AKTUEEL:
'n Leef en Denkwêreld wat al meer materialisties word

SKRIFOORDENKING:
God se nuwe seisoen

Die Harry Potter-reeks kinderboeke

Leerstellig suiwer liedere vir die erediens?

Die verklaring van die Bybel

"Over religie - aan de liefhebbers onder haar beoefenaars"

'n Skerp Skrifkritiese hantering van 1 Thessalonisense vanuit Potchefstroom

Nog talle besware van kerkrade in die NG Kerk

Die Boeddhisme en sy stigter

Valentynsdag - 14 Februarie

Die saak van Sabbat en Sondag

Die omkering van die staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Ernstige oproep tot verootmoediging

Kerke binnekort belastingpligtig?

Die Gereformeerde Ekumeniese Raad

Studiegesprek oor ekumene

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO vyf jaar oud

Evolusieleer in skole, musea en op radio- en TV-programme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhoding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

Verootmoediging of versoening?

PERSRUBRIEK: 
Hervorm na die eis van die Woord


Kerkraad van NH Kerk Makwassie ontsteld oor uitsprake

KOMMENTAAR: 
Hervormingsdaggetuienis 31 Oktober 2000

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die maatstaf vir moraliteit

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 1 Januarie 2001

KOMMENTAAR

HERVORMINGSDAGGETUIENIS 31 OKTOBER 2000

GEPUBLISEER IN DIE KERKBLAD VAN 8 NOVEMBER 2000, ASOOK (ENIGSINS VERKORT) IN DIE DAGBLADPERS

Vrywel gelyktydig met die verskyning en versending van die vorige (November 2000) uitgawe van ons blad, is die bogenoemde getuienis, onderteken deur die professore van die Teologiese Skool Potchefstroom, by name proff BJ de Klerk, F Denkema, A le R du Plooy, Fika J van Rensburg, GJC Jordaan, PP Krüger, HF van Rooy, JH van Wyk, CJH Venter, FP Viljoen en JM Vorster, in 'n Brandpunt-artikel in DIE KERKBLAD gepubliseer. Dit betref 'n elitistiese verklaring binne die verband van die GKSA en is derhalwe gesaghebbend. Alhoewel dit inhoudelik enersyds positief gewaardeer word, wil ons dit ook krities oorweeg en enkele bedenkinge aanvoer en vraagtekens daaragter plaas.

Die ondertekenaars antwoord eerstens die vraag: "Waarom 'n getuienis?" Die antwoord lui as volg:

"Ons roeping en verantwoordelikheid dwing ons om te getuig om Christelike perspektief te probeeer gee, en om 'n boodskap van hoop uit te dra.

Dit is veral op Hervormingsdag 2000 nodig om te getuig -

Die volgende vraag wat gestel en op geantwoord word, lui: "Waaroor getuig ons?"

Die ondertekenaars "meen dat dit noodsaaklik is om nou in die openbaar te getuig

Die Getuienis word hierna onder tien subhoofde beskryf en gemotiveer. Ons lewer kortliks kommentaar en stel vraagtekens.

Ten aansien van (1) Die Heilige Skrif:

Dit is duidelik dat hiermee 'n wal opgewerp word teen die Skrifondermynende uitsprake van teorieë soos dié van (onlangs) Ruda Landman, gesteun deur bekende NG Kerk professore Izak Spangenberg, Fanie Snyman en Stefan Joubert. As dit ernstig geneem word slaan dit ook op die NH Kerk professore wat tans die geldigheid van die belydenisskrifte betwyfel, wat implisiet 'n aanval op die gesag van die bybelse waarheid is. Ook is dit, op die keper beskou, 'n ondubbelsinnige verwerping van die inhoud van dr Willem de Klerk (GKSA) se omstrede boek: DIE VREEMDE GOD EN SY MENSE.

Maar dié konkreetheid is helaas afwesig en daar word ook nie verwys na die Skrifkritiese eksegese van die Bybel, soos dit in DIE BYBEL IN PRAKTYK, DIE BYBELLENIUM en ander omstrede kommentare wat deur sekere ondertekenaars van hierdie getuienis redaksioneel verantwoord en/of aanvaar word nie. Dit distansieer ook nie van die NG Kerkbode se "Geloofsverklaring 2000" nie. Dit laat vraagtekens agter die werklike reformatoriese poging wat hiermee aan die dag gelê is.

Die volgende subhoofde handel oor (2) die uniekheid en (3) die opstanding van Jesus Christus.

Die saak van die uniekheid van Jesus Christus hang waarskynlik saam met die omstrede uitlatings van prof Izak Spangenberg wat nie meer glo dat Jesus Christus noodwendig die enigste weg tot saligheid is nie. Daarom is dit vreemd dat die ondertekenaars enersyds getuig "dat volgens die Skrif Jesus Christus die enigste Verlosser is, die enigste weg na die Vader, die enigste Middelaar tussen God en die mense, en dat daar geen ander naam gegee is waardeur God wil hê dat ons verlos moet word nie", en dat (onnodig en ooglopend in stryd met die leer van die Goddelike uitverkiesing en verwerping, hoofstuk 1 van die Dordtse Leerreëls) 'n paragraaf toegevoeg is waarin hulle "geen oordeel uitspreek oor diegene wat nooit die evangelie van Jesus Christus gehoor het nie, en dat hulle bestemming oorgelaat word in die hande van die Here wat oor almal regverdig oordeel".

Is dit 'n tegemoetkoming aan diegene wat Arminiaans en rasioneel, geheel of gedeeltelik die afwykende gedagterigtings van, onder andere, prof Spangenberg ondersteun?

Die derde subhoof oor die opstanding van Jesus Christus is duidelik gerig teen die onlangse berigte in die openbare pers en die polemiek in DIE HERVORMER  oor gestelde standpunte van die NH Kerk se professor Andries van Aarde, wat deel is van die Jesus Seminaar, wat beweer en propageer dat Jesus se lyk nie ná die kruisiging weer lewend geword het nie. Wat in hierdie paragraaf gestel is, staan duidelik afwysend teenoor dié teen-skriftuurlike teorieë van dié Jesus Seminaar en dit verdien waardering.

Maar 'n konkrete afwysing van hierdie dwaalleer en bestraffing daarvan, asook 'n oproep tot bekering sowel aan die betrokkene, wat 'n belydende en vooraanstaande lidmaat van die NH Kerk is, en 'n versoek aan die Tussenkerklike Kommissie (TKK) om dit oor te dra aan die amptelike verteenwoordigers van die NHK op dié Kommissie, vorm nie deel hiervan nie. Op dié wyse tref die Getuienis geen doel nie.

Martin Luther se stellings, op Hervormingsdag 1517, was konkreet gerig teen die dwalings in die Rooms-Katolieke Kerk en gerig teen sy amptelike verteenwoordigers en die Pous te Rome.

Het, met die oog op bogenoemde, die Gereformeerde Kerk nie 'n reformatoriese opdrag om die dwalings in die eie geledere, in die eie kerkverband te bestraf en die kerklike leer- en lewenstug getrou te hanteer nie? Het dié Kerk ook nie van Godsweë 'n roeping om dié kerke waarmee op die een of andere wyse 'n verband beoefen word, op te roep tot bekering en om ook in hulle verbande die kerklike tug te hanteer teen dwaalleraars in hulle geledere nie?

Die ander subhoofde handel oor sake van die same-lewing: Ontsag vir God, Respek vir lewe, Respek vir ons medemens, Respek vir die huwelik ('n duidelike afwysing van die huldiging van prof Christina Landman (NGK) oor voorhuwelikse seks), Respek vir die omgewing, Christelike hoop en Betrokkenheid .

Sonder om af te doen aan die talle suiwer benaderings wat hierin gestel is, is die strekking daarvan omstrede, omdat 'n politieke agenda ten gunste van die aanvaarding van die multi-kulturele Suid-Afrikaanse eenheidstaat hierin verskuil is. Die laaste twee paragrawe stel dit onomwonde dat die ondertekenaars van hierdie Getuienis "bewus is van die groot taak ten opsigte van die opbou van Suid-Afrika waarvoor ons almal te staan gekom het", en dat hulle "wil saambou aan 'n ordelike, vreedsame en regverdige samelewing met 'n hoë morele waardesisteem".

Dit behels 'n onrealistiese idealisering van die werklikheid met verwysing na 'n waardesisteem wat, onder die huidige omstandighede, slegs multi-religieus en op 'n liberale (rasionele) wyse toepasbaar is. Die antitetiese karakter van die Gereformeerde geloofs- en lewensbeskouing kom hierin nie tot uitdrukking nie.

Hierdie Getuienis word afgesluit met die subhoof: Gesindheid. Die vier paragrawe hiervan is aanvaarbaar in dié sin dat dit nie tekortkomings en betwisbare sake, soos die bogenoemde, vertoon nie. Met dit voor oë en met die kritiek wat gemotiveer is, kan ons tog vir hierdie Getuienis dankbaar wees. Want dit verplig die ondertekenaars om die soeklig in die besonder te laat val op die bybelse leer soos dit in die Gereformeerde dogmatiek aanvaar en in die belydenisskrifte op skrif gestel is. Dit verplig om niks te leer, te publiseer en te doen wat daarmee strydig is nie. Daarbenewens verplig dit om indringend te kyk na die Skrifkritiek wat, ondanks dit alles, gehuldig en/of geduld word, óók binne die kring van die ondertekenaars.