Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gereformeerde Etiek

AKTUEEL:
'n Leef en Denkwêreld wat al meer materialisties word

SKRIFOORDENKING:
God se nuwe seisoen

Die Harry Potter-reeks kinderboeke

Leerstellig suiwer liedere vir die erediens?

Die verklaring van die Bybel

"Over religie - aan de liefhebbers onder haar beoefenaars"

'n Skerp Skrifkritiese hantering van 1 Thessalonisense vanuit Potchefstroom

Nog talle besware van kerkrade in die NG Kerk

Die Boeddhisme en sy stigter

Valentynsdag - 14 Februarie

Die saak van Sabbat en Sondag

Die omkering van die staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Ernstige oproep tot verootmoediging

Kerke binnekort belastingpligtig?

Die Gereformeerde Ekumeniese Raad

Studiegesprek oor ekumene

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO vyf jaar oud

Evolusieleer in skole, musea en op radio- en TV-programme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhoding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

Verootmoediging of versoening?

PERSRUBRIEK: 
Hervorm na die eis van die Woord


Kerkraad van NH Kerk Makwassie ontsteld oor uitsprake

KOMMENTAAR: 
Hervormingsdaggetuienis 31 Oktober 2000

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die maatstaf vir moraliteit

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 1 Januarie 2001

SKRIFOORDENKING

GOD SE NUWE SEISOEN

(Skriflesing: Exodus 25: 31 - 40) 

- DS HENDRIK DE BEER  -  PRETORIA- MEINTJESKOP  -

"Maak ook 'n kandelaar van suiwer goud ... En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is" (Exodus 25: 31a, 40)

Die tabernakel of tent van samekoms was 'n struktuur wat op God se bevel deur die Israeliete opgerig moes word, wat gedurende hulle swerftog deur die woestyn as godsdienstige sentrum vir hulle moes dien. Hierdie struktuur sou die teken wees van God se ''inwoning'' onder sy volk, die openbaring van God se genade aan die mens wat die oorsprong vind reeds in Genesis 3: 15.

Die tabernakel het basies drie dele beslaan, naamlik die voorhof, dan die fisiese tent wat in twee verdeel was, naamlik die heilige en die allerheiligste. In die heilige was onder andere die goue kandelaar met sterk simboliese betekenis. Hierdie kandelaar moes in die nag brand sodat nie donker sou wees in die heilige nie. Die betekenis hiervan was in die eerste plek, dat God se nabyheid nie donkerte is nie. Die tema van lig en donkerte of duisternis, is die simbool van die sonde , die duivel en al sy magte, terwyl die lig weer simbool van God, sy liefde en redding.

Die kandelaar self bring hierdie boodskap nog sterker na vore. En-kele opmerkings hieroor: Die Kandelaar het drie arms weerskant van 'n middelste skag gehad - sewe lampe in totaal. Elkeen van die arms en die middelste skag was versier met 'n kelk (bloeisel), die blomknop en 'n blom wat dan op 'n sekere ontwikkeling gedui het. Hierdie versierings wou die begin van 'n nuwe seisoen vergestalt - die bloeisel, die blomknop, die blom. Verder moes as voorbeeld vir hierdie versierings gebruik word 'n spesifieke plant, naamlik die amandelboom wat heel eerste, eintlik nog voor die somer gebot het.

In die simboliek van die kandelaar word God se herskeppingsproses met die mens, sy volk, baie mooi uitgebeeld. God is besig om alles nuut te maak, soos 'n nuwe seisoen, 'n seisoen wat begin by 'n bloeisel om dan uiteindelik in 'n pragtige blom uit te loop. 'n Proses wat in die paradys begin is deur die belofte van Genesis 3: 15 en wat sy loop deur die geskiedenis neem. Maar hierdie proses van herskepping, die daarstel van die nuwe seisoen, is verbasend aangesien dit reeds voortydig plaasvind (die amandelboom). In die doodsheid van die sondewinter breek al deur die wonderskoonheid van God se verlossingssomer.

Dit is in kort die betekenis van die goue kandelaar  as deel van God se tabernakel vir die Israeliet, daar in die woestyn. Maar met die Nuwe Testamentiese openbaring in besit, spreek die simboliek van hierdie tabernakelvoorwerp nog duideliker. Die versiersels wat die nuwe seisoen aandui, loop uit op 'n vlam bo-aan elke arm, 'n bron van lig. God se nuwe seisoen loop dus uit op lig, lig wat in Johannes 8: 12 soos volg beskryf word:

"En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê."

Pragtig, dié evengelieboodskap, die blye boodskap deur die goue kandelaar in sy simboliek gebring. God se nuwe seisoen het reeds begin in die doodsheid van die sondewinter. Reeds in die paradys het die vroegboom, die amandelboom geblom met die aankondiging van Genesis 3: 15, dat daar Een sal kom wat die slang se kop sal vermorsel.

En hierdie nuwe seisoen met sy bloeisels, sy blomknoppe en blomme loop uit in die lig wat skyn in die duisternis , soos dit ook die geval was, daar in die tabernakel. En dié lig is die lig van die Nuwe Testamentiese Jessus Christus self wat as Verlosser en Saligmaker die nuwe seisoen van God 'n volle werklikheid gemaak het deur sy oorwinning oor die Satan en al sy magte.

Die appèl van hierdie gedeelte: By God is die lig. Daarom lewe in die lig! Moet nie voortploeter in die duisternis van die sonde nie, maar deel aan die somerseisoen van God se genade, ook in hierdie nuwe jaar, AD 2001.