Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 1 Januarie 2001
Persrubriek KERKRAAD NH KERK MAKWASSIE ONTSTELD OOR UITSPRAKE PJ Rheeder, skriba van die Nederduitsch Hervormde gemeente Makwassie, motiveer in DIE HERVORMER van 15 November 2000, die volgende beswaar van sy kerkraad. 'n Persberig in BEELD van 11 September 2000 het betrekking.Die kerkraad het met groot ontsteltenis en diepe misnoeë kennis geneem van genoemde berig. Die kerkraad vind dit vreemd dat diegene wat die predikante oplei, die belydenis van die kerk wil verander en hulle nie aan die Kerkorde onder-werp nie en dit nadat hulle plegtig onderneem het om dit stiptelik te onderhou.
Die kerkraad is van oortuiging dat bogenoemde optredes immoreel is en dat die kerk deur die fakulteit bedrieg word. Daarom is hierdie kerkraad ook nie meer bereid om 'n verdere bydrae aan die Teologiese Opleidingsfonds te maak nie.
Hierdie kerkraad kan hom ook nie verbind aan die oproep om ruimte te bied vir 'n multikulturele versoenende verskeidenheid nie.
Hierdie multikulturele verskeidenheid word gekenmerk deur misdaad, roof, diefstal, verkragting, kapings, aanvalle op plase en die uitmoor van boere en hulle gesinne, waarvan hierdie gemeente reeds vier aanvalle beleef het en twee toegewyde en meelewende lidmate wreedaardig vermoor is.
Hierdie multikultuur het Suid-Afrika die misdaadmekka van die węreld gemaak.
Die kerkraad wil hom ten sterkste distansieer van hierdie multi-kultuur en met erns die vraag vra:
Hoe kan daar gepleit word dat daar in die kerk ruimte geskep moet word vir sodanige kultuur?