Ander Uitgawes

Inhoud

HOOFARTIKEL:
2000 - Op pad Waarheen?   Redaksioneel.

AKTUEEL: 
"The last Temptation of Christ"
Die kerk op pad na die een-en-twintigste eeu.

SKRIFOORRDENKING:  Kom, Here Jesus, ja kom gou!  (2 Tess 2 : 7,8)

KINDERKOMMUNIE:  Reformasie of Deformasie?

DIE NOU POORT: 
Kritiek op omstrede artikel dr W Nicol.

NOG 'N NG PREDIKANT BEDANK UIT SY KERKVERBAND.

BOEKBESPREKING: 
"Die vreemde God en sy mense".

LITURGIE EN "ONS KERKE SE LEWE".

KERKLIKE JOERNAAL:  Part Sinode Noord-Transvaal besluit nogmaals oor kelkie/bekergeskil
Dr PW Bingle bevestig omstrede huwelik   van mnr FW de Klerk
Praxis Pietatis - "Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente".

OPVOEDING EN ONDERWYS: 
ARSO - Vordering op die pad vorentoe
AKB-Verklaring insake die verantwoordelikheid van die Christen-onderwyser binne neutrale openbare skole

ONBYBELSE, ANTI-CHRISTELIKE RELIGIEUSE ONTWIKKELING.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: 
Ware betekenis van die Calvinisme
9.  Groen van Prinsterer 1801 - 1876 (3)

GESEëND SAL JY WEES: Die verrigtinge van die VGK-Geloftedagfees 1997 te Pretoria.

PERSRUBRIEK: 
"Die droom waarvoor so baie van ons voorouers gestry het"
Waarheen is stemmingmakery oor Allah op pad?

KOMMENTAAR:
Die TSP se relasie met die PU vir CHO:
'n  Dreigende Gevaar?

POLITIEKE KRONIEK:
Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof en wêreldbeskouing (4).

GESPREK MET DIE LESERS: 
Die derde jaargang;   Aansluiting op Internet;  Kuratore TSP.

MEDIESE ETIEK: 
Begrafnis van ontslapenes in die lig van die Skrif.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 1  Januarie  1999

Politieke Kroniek

DIE ANC
TEENOOR DIE GEREFORMEERDE (CHRISTELIKE) GELOOF EN LEWENSBESKOUING

- P VAN DER KOOI -

In hierdie kroniek wil ons die aandag vestig op die prinsipiële onversoenbaarheid met die ideologiese beginsels, stryd en strewe van die ANC om ons land in al sy fasette te oorheers, soos wat dit voor en sedert die politieke revolusie van 2 Februarie 1990 as beleid aanvaar is en tans realiseer.

- 'n Brosjure van SERKOS (Sentrum van Reformatoriese en Kontemporêre Studies) Studiestuk No 1, Herfs 1989 -

4. DIE KAIROSDOKUMENT 1)

Die Kairosdokument (KAIROS 1987) is na bewering deur 'n aantal teoloë en gelowiges tot stand gebring. Gebaseer op die Kontekstuele Teologie as protes- en Bevrydingsteologie is hulle teologies besig om te besin oor die konteks waarin die mense (onderdruktes) in die Suid-Afrikaanse samelewing lewe. Die Kairosdokument is in die sin 'n werksdokument vir die kerke se betrokkenheid, deur People's Theology, by die ANC se rewolusionêre stryd.

Oor geweld as rewolusionêre geweld spreek die Kairosdokument die gelowiges soos volg aan: "True justice, God's justice, demands a radical change of structures, this can only come from below, from the oppressed themselves". ... "the apartheid regime in SA maintains itself by brutality and violent force ... a majority of South Africans regard this regime as illegitimate". ... "Above all we must head God's call to action to secure God's future for ourselves in South Africa".

Die Kairosdokument is sedert September 1985 as teologiese basis vir die formulering van nuwe liturgieë, bybelstudies en jeugaksies gebruik. Die doel hiermee was om die kerkjeug in die "progresssive christian movement" te betrek, om so oor te gaan tot aksies wat sou "link up with the broader struggle." Die Kairosdokument word tans (1989) onder andere op Engelstalige Universiteitskampusse as Bybelstudiehandleiding gebruik.

Volgens die Bevrydingsteologie in die dokument, word die Suid-Afrikaanse samelewing deurgaans volgens die Marxistiese samelewingskritiek beskryf as 'n samelewing van verdrukkers en verdruktes. Hierdie twee groepe is voortdurend in 'n gewelddadige botsing met mekaar betrokke. Gelowiges word dan aangemoedig om eers 'n Marxistiese ontleding van die samelewing te maak voordat hulle praat oor, of soek na oplossings vir die probleme in Suid-Afrika. Die implikasies van hierdie begrip van die Suid-Afrikaanse samelewing is dat die oplossing van die probleem van klasseverskille (wat botsing veroorsaak) 'n Marxistiese oplossing volgens die SAKP/ANC alliansie moet wees. Daarom die aanvaarding van die Kairosdokument deur die ANC.

Die president van die ANC was persoonlik ingenome met die verskyning van die dokument. "This document, fellow countryman, could not have come at any better time than now ... Christians cannot afford to speak and look as if they belong to a different world ... they are supposed to stand in the front ranks of this war ... Onward Christian soldiers". Die SAKP onderskryf dié stand-punt en is van oordeel dat "The Kairos Document ... endorse the just demands and the struggle of those who are committed to revolutionary violence against the regime". Die logiese gevolgtrekking van die ondersteuning van die inhoud en teologie van die Kairosdokument deur die rewolusionêre beweging, is die regverdiging van rewolusionêre geweld.

DIE HARARE KONFERENSIE

Vanaf 4 tot 6 Desember 1985 het die PCR van die WRK in Harare 'n konferensie gehou met die doel om die wêreldgemeenskap geestelik teen apartheid te mobiliseer. Benewens 'n aantal kerkleiers uit Suid-Afrika was daar deelnemers van verskillende kerke oor die wêreld, amptenare van die WRK en verteenwoordigers van die ANC en PAC.

Ná die vergadering is 'n verklaring van voorneme, die Harare Declaration, uitgereik. Daarin staan onder andere: "We understand and fully support those in South Africa who are calling for the resignation of the government". Verder word aangedring op onmiddellike sanksies; die beëindiging van die noodtoestand in Suid-Afrika; die loslating van Nelson Mandela en die implementering van Resolusie 435 vir die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika. Die verklaring lui verder: "we agree that the apartheid structure is against God's will, and is morally indifensible. The government has no credibility." ... "We call on the Churches inside and outside South Africa to support South African movements working for the liberation of their country". Hierdie bewegings is SWAPO, die PAC en die ANC. Die PRC se gebruiklike bydraes aan bevrydingsbewegings in Suid-Afrika beloop ongeveer $ 270 000 vir 1987. Hiervan is ongeveer $ 100 000 aan die ANC en $ 25 000 aan die PAC geskenk.

Die SAKP se standpunt oor die kerk se rol in die bevrydingstryd word aan die begin van 1986 bekendgemaak: "We need to realize that, in our country, the majority of those who will participate in the final overthrow of the apartheid colonial regime are churchgoers ... revolutionaries should than look for ways and means of involving the Church in the national liberation struggle". Die ondersteunende rol van geestelike leiers aan die SAKP/ANC alliansie word soos volg beskryf: "Church ministers command a lot of reverence and respect. What they say and do goes a long way in shaping social attitudes. One important form of their involvement in the struggle is to lead their flock to the line of battle"

Die SAKP voorsien dat die deelname van die kerk aan die rewolusie uiteindelik sal meewerk tot die kerk se selfvernietiging. "Revolutionaries recognize the fact that, by participating in the struggle against oppression and exploitation, the Church is helping to remove the objective conditions on which religion has thrived over the centuries. By doing this, the Church, in the long run, is fighting against its very prosperity". Op 'n SAKP/ANC konferensie in Lusaka op 4 Maart 1988 waar die grondwetlike riglyne van die "post-apartheid" of "post-liberation" Suid-Afrika bespreek is, is die beginsel van "godsdiensvryheid" volgens die Freedom Charter aanvaar waarin "eksklusiewe kerke" nie bestaansreg sal kry nie.

Die kerk in Suid-Afrika gaan skade berokken word deur betrokke te raak by die rewolusie van die SAKP/ANC. Indien die rewolusie sy gang gaan, behoort die kerk volgens hierdie beplanning later irrelevant te raak.

1) Teksverwysings van die aanhalings is weggelaat maar dit is beskikbaar in 'n gekopieerde uitgawe van die publikasie in sy geheel, (20 bladsye), verkrygbaar by die administrasie van ons blad, teen R12-00 per eksemplaar (koste vir posversending ingesluit).