Ander Uitgawes

Inhoud

HOOFARTIKEL:
2000 - Op pad Waarheen?   Redaksioneel.

AKTUEEL: 
"The last Temptation of Christ"
Die kerk op pad na die een-en-twintigste eeu.

SKRIFOORRDENKING:  Kom, Here Jesus, ja kom gou!  (2 Tess 2 : 7,8)

KINDERKOMMUNIE:  Reformasie of Deformasie?

DIE NOU POORT: 
Kritiek op omstrede artikel dr W Nicol.

NOG 'N NG PREDIKANT BEDANK UIT SY KERKVERBAND.

BOEKBESPREKING: 
"Die vreemde God en sy mense".

LITURGIE EN "ONS KERKE SE LEWE".

KERKLIKE JOERNAAL:  Part Sinode Noord-Transvaal besluit nogmaals oor kelkie/bekergeskil
Dr PW Bingle bevestig omstrede huwelik   van mnr FW de Klerk
Praxis Pietatis - "Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente".

OPVOEDING EN ONDERWYS: 
ARSO - Vordering op die pad vorentoe
AKB-Verklaring insake die verantwoordelikheid van die Christen-onderwyser binne neutrale openbare skole

ONBYBELSE, ANTI-CHRISTELIKE RELIGIEUSE ONTWIKKELING.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: 
Ware betekenis van die Calvinisme
9.  Groen van Prinsterer 1801 - 1876 (3)

GESEëND SAL JY WEES: Die verrigtinge van die VGK-Geloftedagfees 1997 te Pretoria.

PERSRUBRIEK: 
"Die droom waarvoor so baie van ons voorouers gestry het"
Waarheen is stemmingmakery oor Allah op pad?

KOMMENTAAR:
Die TSP se relasie met die PU vir CHO:
'n  Dreigende Gevaar?

POLITIEKE KRONIEK:
Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof en wêreldbeskouing (4).

GESPREK MET DIE LESERS: 
Die derde jaargang;   Aansluiting op Internet;  Kuratore TSP.

MEDIESE ETIEK: 
Begrafnis van ontslapenes in die lig van die Skrif.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 1  Januarie  1999

Kerklike Joernaal

DR PW BINGLE BEVESTIG OMSTREDE HUWELIK VAN
MNR FW DE KLERK

Ons uitgawe van April 1998 het op bl 1 en 2, na aanleiding van mnr FW de Klerk, lidmaat van die Gereformeerde Kerk Kaapstad, se verlating van sy vrou Marike, die kwessie van huweliksontrou en ongeoorloofde skeiding behandel. Dit is gestel in die lig van die gebruik van die kerklike tug om die sondes te straf (NGB, art 29). Dié uitgawe is ook gepos aan die kerkraad van die GKSA Kaapstad en, per adres van dr PW Bingle ook aan mnr De Klerk, met die versoek om dit aan hom te oorhandig. Nieteenstaande die Christelike vermaan wat daarmee gepaard gegaan het, het sowel mnr De Klerk as dr Bingle hulle nie daaraan gesteur nie en voortgegaan met die voltrekking van die skeiding (egbreuk!) en die burgerlike bevestiging van die huwelik met die voormalige vrou van die Griekse mnr Tony Georgiades. Aangaande mnr FW de Klerk kan volstaan word om dit - in die lig van die Skrif - as 'n owerspelige verbintenis te tipeer. Dat die kerklike tug nie toegepas is nie bring die kenmerke van die ware kerk met betrekking tot die kerk van Kaapstad, in die gedrang.

"Oudpres FW de Klerk se huwelik van byna veertig jaar is gister (Vrydag 30 Oktober 1998) stilweg in die hoë hof deur 'n egskeidingsbevel beëindig", vermeld BEELD, Saterdag 31 Oktober 1998. Die owerspelige "verhouding tussen mnr De Klerk en mev Elita Georgiades het in 1990 begin nadat haar gewese man en sy die De Klerks op hul seiljag in die Middellandse See onthaal het ná die (destydse) verkiesing". Sy is Augustus 1998 van haar man geskei, aldus dié berig in BEELD.

Omtrent 'n week na sy skeiding van Marike tree mnr De Klerk in die huwelik met Elita (voorheen Georgiades). Die bevestiging het plaasgevind in 'n Griekse kapel in die omgewing van Kaapstad. Dr PW Bingle, leraar van die Gereformeerde Kerk Kaapstad, was die (burgerlike) huweliksbevestiger. Bingle en De Klerk is vriende sedert hul studentedae aan die Potchefstroomse Universiteit, aldus BEELD, Dinsdag 3 November 1998.

Terwyl dit 'n omstrede saak betref het dr Bingle voortgegaan om dié owerspelige verhouding te bestendig en uitsprake gelewer, wat in die pers bekendgestel is, wat getuig van sy onvermoë om dergelike sake in skriftuurlike perspektief te stel en te hanteer. "Oor die kwessie van huwelike tussen geskeides het hy gesê dit berus nie by hom om regter te speel oor mense se private sake nie. 'Ons is nie daar om te oordeel nie. Dit is sonde wat met groot hartseer gepaardgaan, maar ek sê nie dis 'n onvergeeflike sonde tot die wederkoms nie. Dis 'n delikate, sensitiewe kwessie.'" - Hoewel Georgiades van die Grieks-Ortodokse geloof is, is dit ook 'n Christelike geloof, het Bingle gesê, vermeld die berig in BEELD (3 November 1998).

Dr Bingle het as sodanig sy amptelike bevoegdheid oorskry om as huweliksbevestiger op te tree insake 'n omstrede verbintenis. Ook het hy die profetiese roeping verontagsaam om die voltrekking van dié dubbele egbreuk in die Naam van die Here te verbied en hy argumenteer nie die beswaar teen die mistieke inslag, die skeiding van Woord en Gees, wat die Grieks Ortodokse Kerk as 'n onskriftuurlike "Christelike" kerk tipeer.   ®