Ander Uitgawes

Inhoud

HOOFARTIKEL:
2000 - Op pad Waarheen?   Redaksioneel.

AKTUEEL: 
"The last Temptation of Christ"
Die kerk op pad na die een-en-twintigste eeu.

SKRIFOORRDENKING:  Kom, Here Jesus, ja kom gou!  (2 Tess 2 : 7,8)

KINDERKOMMUNIE:  Reformasie of Deformasie?

DIE NOU POORT: 
Kritiek op omstrede artikel dr W Nicol.

NOG 'N NG PREDIKANT BEDANK UIT SY KERKVERBAND.

BOEKBESPREKING: 
"Die vreemde God en sy mense".

LITURGIE EN "ONS KERKE SE LEWE".

KERKLIKE JOERNAAL:  Part Sinode Noord-Transvaal besluit nogmaals oor kelkie/bekergeskil
Dr PW Bingle bevestig omstrede huwelik   van mnr FW de Klerk
Praxis Pietatis - "Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente".

OPVOEDING EN ONDERWYS: 
ARSO - Vordering op die pad vorentoe
AKB-Verklaring insake die verantwoordelikheid van die Christen-onderwyser binne neutrale openbare skole

ONBYBELSE, ANTI-CHRISTELIKE RELIGIEUSE ONTWIKKELING.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: 
Ware betekenis van die Calvinisme
9.  Groen van Prinsterer 1801 - 1876 (3)

GESEëND SAL JY WEES: Die verrigtinge van die VGK-Geloftedagfees 1997 te Pretoria.

PERSRUBRIEK: 
"Die droom waarvoor so baie van ons voorouers gestry het"
Waarheen is stemmingmakery oor Allah op pad?

KOMMENTAAR:
Die TSP se relasie met die PU vir CHO:
'n  Dreigende Gevaar?

POLITIEKE KRONIEK:
Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof en wêreldbeskouing (4).

GESPREK MET DIE LESERS: 
Die derde jaargang;   Aansluiting op Internet;  Kuratore TSP.

MEDIESE ETIEK: 
Begrafnis van ontslapenes in die lig van die Skrif.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 1  Januarie  1999

Gesprek met die Lesers

DIE DERDE JAARGANG

Ons blad is begin as 'n mondstuk vir bekommerde Gereformeerdes ná die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke, Januarie 1997, wat in talle opsigte betwisbare en/of kompromis besluite ge-neem het. 'n Aantal byeenkomste van "Bekommerde Gereformeerdes" het aan die eerste verskyning van ons blad voorafgegaan wat sedertdien beëindig is. "DIE KERKPAD poog om te voorsien in die behoefte om op die verontrustings en versugtinge antwoord te verskaf en om teen die deformatoriese neigings, sowel binne die kerk- as in volksverband, te getuig en om, getrou aan die profetiese roeping (Es 33:7), die huidige gedagtestromings aan die Skrifgesag te toets en te onderwerp", aldus die redaksionele kolom op die voorblad van die eerste uitgawe, Maart 1997.

Dit was 'n waagstuk om die blad met niks meer nie as net 'n vaste geloofsoortuiging te begin. Die Here het dit tasbaar geseën, sodanig dat die verskyning van ons blad en die verspreiding daarvan, landswyd, vanaf die eerste nommer tot nou toe volgens beplanning kon, en ook vir hierdie jaargang weer, kan plaasvind. Die rekenaar/tegniese en ander probleme wat in die vorige uitgawe vermeld is, is uitgestryk. Met die hulp van enkele skenkings, waaronder een 'n uitsonderlike hoë bedrag, staan ons finansieel sterker as te vore en kan ons nou sonder materiële sorg en met 'n goed toegeruste "rekenaarsentrum" die nuwe jaar tegemoet gaan. Almal wat finansieel bygedra het en in die besonder dié persoon wat so 'n groot bedrag geskenk het, baie dankie daarvoor. Die fondse waaroor ons tans beskik sal doelmatig beheer en aangewend word vir die voortdurende verskyning en verspreiding van ons blad.

AANSLUITING OP INTERNET

Terwyl die finansies dit tans toelaat om regstreeks in te skakel op Internet, het ons dit nou gedoen en u kan ons vind en bereik op die kode as volg:

http://members.smartnet.co.za/kerkpad

Ons hoop om reëlmatig op hierdie kode die saak waarvoor óns staan en ons blad béstaan, bekend te stel aan die gebruikers van hierdie tegniek.

KURATORE TSP

Die Kuratorium van die Teologiese Skool Potchefstroom is nie gelukkig oor die verskyning van DIE KERKPAD nie. Hulle het reeds tot driemaal toe daarop aangedring om met ons redaksie 'n gesprek te voer. "Die aanleiding tot hierdie uitnodiging is negatiewe kommentaar en bekommernisse oor die TS wat gereeld in Die Kerkpad verskyn", aldus hulle skrywe gedateer 1 Junie 1998. Daarop is geantwoord dat dit "ons verklaarde standpunt is dat openbare sake, omstrede optrede, handelinge wat in publieke organe, geskrifte of boeke op skrif gestel word openlik gekritiseer en gepolemiseer mag (moet) word, om vas te staan by die suiwerheid van die skriftuurlike leer van die kerk en die toepassing daarvan volgens die kerkorde en geldige tradisies. Sodoende is daar bekommernisse oor (in ons blad) genoemde beleidsake van die TS en bepaalde standpunte en handelinge van sekere professore, wat derhalwe gekritiseer of betwis word.

"Indien u Kuratorium nie saamstem met die grondliggende feite wat gestel word en waaroor die TS en/of professore gekritiseer word nie, dan sal ons dit graag van u verneem. Maar 'n samespreking oor die 'Skriftuurlike weg van gesprekvoering' dien geen doel as nie vooraf vasstaan waaroor die gesprek gevoer word nie en as nie van beide kante die noodsaaklikheid daarvan besef word nie. DIE KERKPAD is 'n vrye orgaan wat funksioneer kragtens die amp van die gelowiges en sy redaksie is nie verplig en verantwoordelik aan deputaatskappe van die GKSA nie. Nogtans sal aan gemotiveerde besware die nodige aandag verleen en beantwoord word." Dit was ons antwoord gedateer 30 Junie 1998. Opnuut is 'n skrywe ontvang gedateer 8 Augustus. Hierdie keer tesame met 'n memorandum vir die voorgestelde gesprek. Van ons kant is dié gesprek gemotiveerd afgewys (14 September 1998), wat ons in die volgende uitgawe van ons blad kortliks sal bespreek. Weer het ons 'n skrywe ontvang gedateer 24 November. Sonder enige kommentaar op ons skrywe van 14 September, nogmaals 'n versoek om in gesprek te tree met die Kuratorium en 'n "dringende versoek om die goeie naam van die Teologiese Skool Potchefstroom en sy personeel te bevorder (HK 43)". Dit is waarna verwys word in 'n artikel in DIE KERKBLAD, 2 Desember 1998, bl 22/23: "Wat doen die Kuratore?", geskryf deur ds PJ van der Walt.

Dié artikel verwys na ons blad as volg: "DIE KERKPAD, en veral die joernalistieke styl van die blad, het weer die aandag van die Kuratore geniet en steeds bly dit die behoefte van die Kuratore om met die redaksie van hierdie blad in gesprek te tree, al word versoeke in dié verband telkens van die hand gewys. ...". In die korrespondensie wat ons redaksie met die Kuratorium gevoer het blyk dit duidelik dat hulle sigbaar partydig is teen die redaksie van ons blad en dat dit sodoende slegs 'n twisgesprek gaan wees wat die saak waaroor verskil word nie kan oplos nie. Daarom is dit "telkens van die hand gewys". ®