Ander Uitgawes

Inhoud

HOOFARTIKEL:
2000 - Op pad Waarheen?   Redaksioneel.

AKTUEEL: 
"The last Temptation of Christ"
Die kerk op pad na die een-en-twintigste eeu.

SKRIFOORRDENKING:  Kom, Here Jesus, ja kom gou!  (2 Tess 2 : 7,8)

KINDERKOMMUNIE:  Reformasie of Deformasie?

DIE NOU POORT: 
Kritiek op omstrede artikel dr W Nicol.

NOG 'N NG PREDIKANT BEDANK UIT SY KERKVERBAND.

BOEKBESPREKING: 
"Die vreemde God en sy mense".

LITURGIE EN "ONS KERKE SE LEWE".

KERKLIKE JOERNAAL:  Part Sinode Noord-Transvaal besluit nogmaals oor kelkie/bekergeskil
Dr PW Bingle bevestig omstrede huwelik   van mnr FW de Klerk
Praxis Pietatis - "Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente".

OPVOEDING EN ONDERWYS: 
ARSO - Vordering op die pad vorentoe
AKB-Verklaring insake die verantwoordelikheid van die Christen-onderwyser binne neutrale openbare skole

ONBYBELSE, ANTI-CHRISTELIKE RELIGIEUSE ONTWIKKELING.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: 
Ware betekenis van die Calvinisme
9.  Groen van Prinsterer 1801 - 1876 (3)

GESEëND SAL JY WEES: Die verrigtinge van die VGK-Geloftedagfees 1997 te Pretoria.

PERSRUBRIEK: 
"Die droom waarvoor so baie van ons voorouers gestry het"
Waarheen is stemmingmakery oor Allah op pad?

KOMMENTAAR:
Die TSP se relasie met die PU vir CHO:
'n  Dreigende Gevaar?

POLITIEKE KRONIEK:
Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof en wêreldbeskouing (4).

GESPREK MET DIE LESERS: 
Die derde jaargang;   Aansluiting op Internet;  Kuratore TSP.

MEDIESE ETIEK: 
Begrafnis van ontslapenes in die lig van die Skrif.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 1  Januarie  1999

Kerklike Joernaal

PARTIKULIERE SINODE NOORD-TRANSVAAL
BESLUIT NOGMAALS OOR
KELKIE / BEKERGESKIL

Appèlkommissie rig 'n vermaning aan kerkrade om hulle te hou aan besluitnemings ten aansien hiervan

Nieteenstaande laasjaar se sterk gemotiveerde afwysing van die gebruik van kelkies vir die viering van die Nagmaal deur die PS Noord-Transvaal, het die saak tans weer by dié PS op 24 en 25 November 1998, in die vorm van 'n appèlskrif teen 'n uitspraak van die klassis Suidelike-Pretoria gedien. Volgens die PS van November 1997 het die Nasionale Sinode (1997) ondubbelsinnig verklaar dat die besluite van 1927 en 1930 nog steeds geldig is. Daarbenewens is in dié besluit ook uitdruklik op die onderhouding van artikel 31 van die kerkorde gewys. Dit was ook nou weer ter sprake en is herbevestig.

Die appelllant, br Jean de Villiers, wys in sy appèlskrif op 'n besluit van die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Rietvallei dat hulle in stryd met die Skrif, belydenisskrifte en die kerkorde die gebruik van die kelkies vir die viering van die nagmaal ingevoer het. Dit is gedoen ten spyte van die voornoemde uitsprake van Nasionale en Partikuliere Sinodes. Die volgende redes is onder andere aangevoer:

- Dat menslike gevoelens en sogenaamde sosiaal-higiëniese   gebruike in ag geneem moet word;

- Dat die kerkraad ten opsigte van die gevoelens van die gemeente "akkomoderend" opgetree het.

Die redes vir die invoering van die gebruik van kelkies wentel om "die gevaar van aansteeklike siektes" en dat hulle wil "akkomoderend optree teenoor lidmate wat bona fide higiëniese redes oor die gemeenskaplike beker het". Die appellant het hiermee nie 'n nuwe saak aangevoer nie. Verskeie uitsprake van meerdere vergaderings bevestig op wetenskap-lik-medies verantwoorde gronde dat siekte-oordrag deur die gemeenskaplike gebruik van die beker so gering is dat dit buite rekening gelaat kan word. Rietvallei se kerkraad fouteer deur spesifiek menslike gevoelens en gebruike voorop te stel, wat artikel 62 van die kerkorde in die gedrang bring.

Die appellant wys daarop dat die argumente van die kerkraad berus op "(vermeende of werklike) higiëniese redes en op 'n emosioneel sielkundige vlak ... indruisend teen hulle sosiaal-higiëniese gebruike ..." Hierdie houding is nie op natuur-wetenskaplike bewyse gebou nie maar op "aanvoeling, liefde en bedagsaamheid." Dit is oneerbiedige stellings omdat dit die heilige Sakrament begin beoordeel sonder Skrifgefundeerde bewyse, as sou die menslike voorkeure bepalend moet wees vir die wyse van Nagmaalviering.

Die appèlkommissie het ná lang beraadslaging en oorweging hulle rapport aan die Sinode voorgehou en aanbeveel dat dié appèl gehandhaaf moet word. Die Sinode het dié aanbeveling aanvaar. Daarbenewens is dit weer beklemtoon dat die sinodebesluite van 1927 en 1930 omtrent hierdie saak steeds van krag bly. Ook het die rapport van die kommissie nog 'n vermaning gerig aan kerkrade in die algemeen dat hulle hulle moet hou aan die besluite hieroor en ten opsigte daarvan versigtig sal handel.

NG Sarkady (Gereformeerde Kerk Innesdal)