Ander Uitgawes

Inhoud

HOOFARTIKEL:
2000 - Op pad Waarheen?   Redaksioneel.

AKTUEEL: 
"The last Temptation of Christ"
Die kerk op pad na die een-en-twintigste eeu.

SKRIFOORRDENKING:  Kom, Here Jesus, ja kom gou!  (2 Tess 2 : 7,8)

KINDERKOMMUNIE:  Reformasie of Deformasie?

DIE NOU POORT: 
Kritiek op omstrede artikel dr W Nicol.

NOG 'N NG PREDIKANT BEDANK UIT SY KERKVERBAND.

BOEKBESPREKING: 
"Die vreemde God en sy mense".

LITURGIE EN "ONS KERKE SE LEWE".

KERKLIKE JOERNAAL:  Part Sinode Noord-Transvaal besluit nogmaals oor kelkie/bekergeskil
Dr PW Bingle bevestig omstrede huwelik   van mnr FW de Klerk
Praxis Pietatis - "Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente".

OPVOEDING EN ONDERWYS: 
ARSO - Vordering op die pad vorentoe
AKB-Verklaring insake die verantwoordelikheid van die Christen-onderwyser binne neutrale openbare skole

ONBYBELSE, ANTI-CHRISTELIKE RELIGIEUSE ONTWIKKELING.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: 
Ware betekenis van die Calvinisme
9.  Groen van Prinsterer 1801 - 1876 (3)

GESEëND SAL JY WEES: Die verrigtinge van die VGK-Geloftedagfees 1997 te Pretoria.

PERSRUBRIEK: 
"Die droom waarvoor so baie van ons voorouers gestry het"
Waarheen is stemmingmakery oor Allah op pad?

KOMMENTAAR:
Die TSP se relasie met die PU vir CHO:
'n  Dreigende Gevaar?

POLITIEKE KRONIEK:
Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof en wêreldbeskouing (4).

GESPREK MET DIE LESERS: 
Die derde jaargang;   Aansluiting op Internet;  Kuratore TSP.

MEDIESE ETIEK: 
Begrafnis van ontslapenes in die lig van die Skrif.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 1  Januarie  1999

REDAKSIONEEL

Dit is nie sonder bekommernis nie maar nogtans met 'n vaste vertroue op die God van die Verbond en die Koning van sy kerk dat ons die nuwe jaar tegemoet gaan. Daar is heelwat sake waaroor besorgdheid bestaan. Afgesien van die persoonlike bestaan, met die alomteenwoordige omstandighede van geweld en misdaad, wat talle van ons medegelowiges reeds op die een of ander wyse getref of ervaar het, is daar die kommer oor die toekoms van die Here se kerk en die uitlewing en handhawing van die Christelike geloof.

Daarom is dit ook vir die jaar wat voorlê die bepalende doelwit van die redaksie om deur middel van ons blad die aandag te vestig op die verbondstrou van die Here, ons God, en op grond daarvan te wys op die wederkerige eis om Hom volgens sy geopenbaarde Woord en wil asook volgens sy gebooie te dien in die persoonlike, kerklike en maatskaplike bestaan.

Die polemiese benadering ten opsigte van wat as afwykings van die gereformeerde leer en kerkregering, asook die volkseie behoudende tradisie getipeer en beskryf word, spruit voort uit dié besorgdheid. Dit is nie bedoel - soos sommige meen en daarteen aanvoer - om doelgerig afbrekend teenoor persone te wees nie.

Sake kan egter nie van figure wat dit bedryf geskei word nie, daarom raak dit soms wél in 'n mate persoonlik. Nogtans moet dié polemiek in die perspektief van die onderhawige sake gestel en aanvaar en ook as sodanig benader en ter harte geneem word.