Ander Uitgawes

Inhoud

HOOFARTIKEL:
2000 - Op pad Waarheen?   Redaksioneel.

AKTUEEL: 
"The last Temptation of Christ"
Die kerk op pad na die een-en-twintigste eeu.

SKRIFOORRDENKING:  Kom, Here Jesus, ja kom gou!  (2 Tess 2 : 7,8)

KINDERKOMMUNIE:  Reformasie of Deformasie?

DIE NOU POORT: 
Kritiek op omstrede artikel dr W Nicol.

NOG 'N NG PREDIKANT BEDANK UIT SY KERKVERBAND.

BOEKBESPREKING: 
"Die vreemde God en sy mense".

LITURGIE EN "ONS KERKE SE LEWE".

KERKLIKE JOERNAAL:  Part Sinode Noord-Transvaal besluit nogmaals oor kelkie/bekergeskil
Dr PW Bingle bevestig omstrede huwelik   van mnr FW de Klerk
Praxis Pietatis - "Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente".

OPVOEDING EN ONDERWYS: 
ARSO - Vordering op die pad vorentoe
AKB-Verklaring insake die verantwoordelikheid van die Christen-onderwyser binne neutrale openbare skole

ONBYBELSE, ANTI-CHRISTELIKE RELIGIEUSE ONTWIKKELING.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: 
Ware betekenis van die Calvinisme
9.  Groen van Prinsterer 1801 - 1876 (3)

GESEëND SAL JY WEES: Die verrigtinge van die VGK-Geloftedagfees 1997 te Pretoria.

PERSRUBRIEK: 
"Die droom waarvoor so baie van ons voorouers gestry het"
Waarheen is stemmingmakery oor Allah op pad?

KOMMENTAAR:
Die TSP se relasie met die PU vir CHO:
'n  Dreigende Gevaar?

POLITIEKE KRONIEK:
Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof en wêreldbeskouing (4).

GESPREK MET DIE LESERS: 
Die derde jaargang;   Aansluiting op Internet;  Kuratore TSP.

MEDIESE ETIEK: 
Begrafnis van ontslapenes in die lig van die Skrif.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 1  Januarie  1999

Persrubriek

WAARHEEN IS STEMMINGMAKERY OOR ALLAH OP PAD?

Ds Deon Louw (APK) in DIE BOODSKAPPER, November/Desember 1998, bl 6

Dr W Nicol se artikel in BEELD van 1/10/1998 waar hy die aanbevelings aan die Algemene Sinode van die NG Kerk opsom, ten regte of onregte, is ontstellend en verbysterend, al sou daar ook slegs 'n suggestie van waar wees. Die kommerwekkende is dat die studerende Christenjeug in Pretoria aan 'n predikant met sodanige teologie blootgestel word en dat hy die Christene in die RSA blootstel aan so 'n vals teologie.

1. Ons moet aanvaar dat die Godsbeeld wat mense uit die Skrif vorm gebrekkig is. Tereg. Ons kyk nou soos in 'n spieël, maar die Bybel openbaar voldoende of genoegsaam dat daar een ware Drie-enige God is en die Bybel stel die weg om Hom te erken duidelik: Ken en dien Hom deur Jesus Christus (NGB, art 7).

2. Die stelling dat "Allah nie 'n ander God as die ware God is nie" en net 'n "swak foto van Hom" is, verbreek die tweede gebod wat beveel dat ons geen ander beeld van Hom mag maak nie en verkrag die Heidelbergse Kategismus, Sondag 35, vr/antw 96. Wie 'n "swak foto" verkies bo die helder en voldoende "foto" in die Bybel, verbreek ook die eerste gebod, Sondag 34, vr/antw 95, en maak hom skuldig aan afgodery, al gaan sy argumente oor "een God".

U moet maar die KORAN lees en ervaar hoedat jy nie met 'n "swak foto" te doen het nie, maar 'n herhalende en deurlopende en direkte verwerping van Jesus Christus se Goddelikheid. Kyk slegs Sura 4:171, "Die Messias, Jesus, die seun van Maria, is slegs 'n boodskapper van Allah ... En sê nie: Drie-enige ... Dit is vêr van sy heiligheid dat Hy 'n seun sou hê." ...

3. Die stelling dat Moslems nie 'n God aanbid "van wie hulle nog niks weet nie", en "kan ons aansluiting vind by hulle geloof", is nie nuwe denke nie, maar net die oplewing van die oer-humanisme. Moslems kom deur hierdie aansluiting nie tot die geloof nie, maar word net geredeliker Moslems. Ons opdrag is verkondiging van God se verlossing in Jesus Christus en nie aansluiting nie (1 Kor 8 : 5 - 6). ...

Die laaste paragraaf trek ook die kombers finaal af oor dr Nicol en sy denkgenote, waar darem nog verwys word na ons verhouding met "Hom" (wie is die "Hom"?), terwyl die klem eintlik val op "ons moet mensliker word." ...

As die "moderne kritiese rede" in plaas van God se Woord die posisionering van die kerk moet dikteer, en Jesus Christus as enigste Middelaar en Hoof ingewissel word vir 'n aanname dat Moslems God in elk geval ken (soos die aanbidders van die Onbekende God op die Areopagus) is so 'n kerk en predikant besig om hom as vals te posisioneer. Die aanbidders van die Onbekende God (op die Areopagus) was nie bewus van Jesus Christus nie en het Hom nie reeds verwerp as God nie en bied nie aan Hom 'n minderwaardige posisie as profeet aan wat slegs openbaringe A tot T ontvang het, terwyl Mohammed die volle openbaring A tot Z ontvang het nie. ...

Wie Allah erken, as sou dit dieselfde God wees as die God van Abraham wat maar net nie reg "geken" en "aanbid" word nie, slegs omdat dit 'n monoteïstiese godsbegrip verteenwoordig, verklaar homself tot die kamp van die Antichris, en die verwerplike Arianisme.