Ander Uitgawes

Inhoud

HOOFARTIKEL:
2000 - Op pad Waarheen?   Redaksioneel.

AKTUEEL: 
"The last Temptation of Christ"
Die kerk op pad na die een-en-twintigste eeu.

SKRIFOORRDENKING:  Kom, Here Jesus, ja kom gou!  (2 Tess 2 : 7,8)

KINDERKOMMUNIE:  Reformasie of Deformasie?

DIE NOU POORT: 
Kritiek op omstrede artikel dr W Nicol.

NOG 'N NG PREDIKANT BEDANK UIT SY KERKVERBAND.

BOEKBESPREKING: 
"Die vreemde God en sy mense".

LITURGIE EN "ONS KERKE SE LEWE".

KERKLIKE JOERNAAL:  Part Sinode Noord-Transvaal besluit nogmaals oor kelkie/bekergeskil
Dr PW Bingle bevestig omstrede huwelik   van mnr FW de Klerk
Praxis Pietatis - "Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente".

OPVOEDING EN ONDERWYS: 
ARSO - Vordering op die pad vorentoe
AKB-Verklaring insake die verantwoordelikheid van die Christen-onderwyser binne neutrale openbare skole

ONBYBELSE, ANTI-CHRISTELIKE RELIGIEUSE ONTWIKKELING.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: 
Ware betekenis van die Calvinisme
9.  Groen van Prinsterer 1801 - 1876 (3)

GESEëND SAL JY WEES: Die verrigtinge van die VGK-Geloftedagfees 1997 te Pretoria.

PERSRUBRIEK: 
"Die droom waarvoor so baie van ons voorouers gestry het"
Waarheen is stemmingmakery oor Allah op pad?

KOMMENTAAR:
Die TSP se relasie met die PU vir CHO:
'n  Dreigende Gevaar?

POLITIEKE KRONIEK:
Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof en wêreldbeskouing (4).

GESPREK MET DIE LESERS: 
Die derde jaargang;   Aansluiting op Internet;  Kuratore TSP.

MEDIESE ETIEK: 
Begrafnis van ontslapenes in die lig van die Skrif.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 1  Januarie  1999

AKTUEEL

      "THE LAST TEMPTATION OF CHRIST"
DIE VLEESWORDING VAN DIE WOORD:
MODERNE ROLPRENTSENSASIE

Die Bybel is 'n populêre bron van temas vir die beeldhou- en skilderkuns asook die literatuur in die verlede en dien tans as sensasionele draaiboeke vir die filmindustrie. Dit betref 'n Westerse plaasvervanger van die Griekse mitologie en Oosterse godeverhale. Op 'n bepaalde wyse word die gode en heldefigure uit die religieuse sfeer voorgestel in menslike hoedanigheid maar bekleed met bo-menslike vermoëns wat hulle in 'n besondere sin as supersterre en as lees- en kykgenot laat dien.

Terwyl die Griekse en Oosterse godeverhale op die menslike verklarings van die bo-natuurlike magte en kragte berus, aanvaar óns die Bybel as die heilige, geïnspireerde Woord van die enige ware God wat die hemel en die aarde geskep het en tot sy eer en verheerliking bestuur en regeer tot in ewigheid. As sodanig kan die Bybel nie in dieselfde kategorie van verhalende lektuur en as sensasie op die televisieskerm dien nie. Die gebruik van die Bybelse motiewe in die literatuur is gebind aan die Goddelike openbaring wat daarin tot uitdrukking moet kom. Dit is 'n onbetwisbare feit dat baie van die bybelse temas in kortverhale of boeke nie fokus op suiwere Skrifuitleg nie, maar dat 'n taamlike dosis fantasie of buiten-bybelse gegewens daaraan toegevoeg word. Dit is nog meer die geval met betrekking tot die draaiboeke van die filmindustrie.

In die produksie van films gaan dit veral om soveel as moontlik sensasionele aanbiedings. Ou-Testamentiese figure soos Josef (en Potifera), Simson (en Delila), Dawid (en Batseba), Salomo (en die koningin van Skeba) dien met die konnektasies van die vroulike geslag as gesogte temas vir die silwerdoek en televisieskerm. So ook Christus, mits die vroulike verleidingselement daar bygebring kan word.

Dit is gedoen in die aanbieding van "The Last Temptation of Christ", wat nou - onder sekere voorwaardes - vir verspreiding in videoformaat deur die Suid-Afrikaanse Rol-prent- en Publikasieraad goedgekeur is.

Jesus word "naak in die bed saam met Maria Magdalena uitgebeeld", vermeld BEELD van 24 November 1998. 'Christus se verhouding met Maria Magdalena word eksplisiet seksueel uitgebeeld, maar dit moet onthou word dat dit nie as werklikheid nie, maar as versoeking uitgebeeld word. 'n Versoeking waarteen Jesus kies om juis die pad van die kruis enduit te volg", aldus prof Julian Müller, dosent in praktiese teologie aan die Universiteit van Pretoria. Volgens dié berig in BEELD was godsdiensleiers genooi om kundige advies oor die rolprent te gee. Die tien Christelikes daaronder was gelykop verdeel oor die wenslikheid van die verspreiding van die video, al dan nie.

Dit is ontstellend dat die Bybel, en hier besonder, die figuur van Christus gebruik word om dit op sodanige wyse sensasioneel te benader. Dit hang saam met die verwerplike (rasionele en dialektiese) Skrifkritiek wat die bybelse geskiedskrywing verklaar slegs in die perspektief van die betekenis wat daaraan geheg kan word. Dit is nie meer die Heilige Woord van God nie, maar God spreek daardeur met ons, so nou ook deur die aanbieding op die video oor die seksuele versoeking wat Christus sou weerstaan het. Dat die Woord - die vervulling van die moederbelofte (Gen 3 : 15) en die Ou Testamentiese skadu-agtige bedeling - in Christus vlees geword en onder ons gewoon het (Joh 1 : 14), word nie verreken nie. Juis dáárom is die seksuele verbintenis van Christus met Maria Magdalena godslasterlik en strydig met die Ou Testamentiese profesieë aangaande Hom.   ®