Ander Uitgawes

Inhoud

HOOFARTIKEL:
2000 - Op pad Waarheen?   Redaksioneel.

AKTUEEL: 
"The last Temptation of Christ"
Die kerk op pad na die een-en-twintigste eeu.

SKRIFOORRDENKING:  Kom, Here Jesus, ja kom gou!  (2 Tess 2 : 7,8)

KINDERKOMMUNIE:  Reformasie of Deformasie?

DIE NOU POORT: 
Kritiek op omstrede artikel dr W Nicol.

NOG 'N NG PREDIKANT BEDANK UIT SY KERKVERBAND.

BOEKBESPREKING: 
"Die vreemde God en sy mense".

LITURGIE EN "ONS KERKE SE LEWE".

KERKLIKE JOERNAAL:  Part Sinode Noord-Transvaal besluit nogmaals oor kelkie/bekergeskil
Dr PW Bingle bevestig omstrede huwelik   van mnr FW de Klerk
Praxis Pietatis - "Eerste Spiritualiteitsretraite vir Teologiese Studente".

OPVOEDING EN ONDERWYS: 
ARSO - Vordering op die pad vorentoe
AKB-Verklaring insake die verantwoordelikheid van die Christen-onderwyser binne neutrale openbare skole

ONBYBELSE, ANTI-CHRISTELIKE RELIGIEUSE ONTWIKKELING.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: 
Ware betekenis van die Calvinisme
9.  Groen van Prinsterer 1801 - 1876 (3)

GESEëND SAL JY WEES: Die verrigtinge van die VGK-Geloftedagfees 1997 te Pretoria.

PERSRUBRIEK: 
"Die droom waarvoor so baie van ons voorouers gestry het"
Waarheen is stemmingmakery oor Allah op pad?

KOMMENTAAR:
Die TSP se relasie met die PU vir CHO:
'n  Dreigende Gevaar?

POLITIEKE KRONIEK:
Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof en wêreldbeskouing (4).

GESPREK MET DIE LESERS: 
Die derde jaargang;   Aansluiting op Internet;  Kuratore TSP.

MEDIESE ETIEK: 
Begrafnis van ontslapenes in die lig van die Skrif.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 1  Januarie  1999

Opvoeding en Onderwys

AKB - VERKLARING INSAKE DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE CHRISTEN-ONDERWYSER BINNE NEUTRALE OPENBARE SKOLE

Die Afrikaner Kultuurbond (AKB) wil elke Christen-skoolhoof en -onderwyser, wat aan openbare skole verbonde is, oproep om hulle verantwoordelikheid voor God binne 'n nuwe neutrale onderwysbestel steeds getrou na te kom. Ons roep hiermee ook alle kerke op om skoolhoofde en onderwysers uit hulle gemeentes hierin te ondersteun met die nodige begeleiding en voorbidding.

U is sekerlik bewus daarvan:

Dat in Bengu (die Minister van Onderwys) se Currruculum 2005 geensins van godsdiensonderwys in die regte sin van die woord melding gemaak word nie.

Dat in Julie 1997 'n konferensie oor multi-geloofsonderrig by UNISA saam met hoë regeringsamptenare gehou is. Dat daar gesê is dat onderwysers hul eie geloofsoortuiginge moet verswyg sodat ander godsdienste met die nodige empatie onderrig kan word.

Dat waar die Bybel, die Woord van die Drie-enige God, uit die klaskamers weggelaat word, dit 'n vakuum skep vir die invloei van allerlei okkultiese praktyke en sinkretistiese dwaalleringe soos by sekere openbare skole reeds die geval is.

Elke Christen moet immers God meer gehoorsaam wees as enige aardse gesag, selfs my werkgewer, al is dit ook die owerheid van die land (Hand 4 : 19 - 20).

Die Here waarsku ons ook: "Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit vir hom beter is dat 'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see" (Matt 18 : 6).

Ons onderwysers is met groot verantwoordelikheid bekleë as die opvoeders van kinders. GA Watermeyer het gesê: "Jul bou met meer as staal of steen, ons volkswees wentel om jul heen."

Mag God wat self oor sy kudde en oor sy lammers waak, u die genade skenk om in hierdie stryd verantwoordelike keuses te maak. Ons bid vir u in u stryd.

Namens Die Afrikaner Kultuurbond:
Ds SA Cilliers - Voorsitter

27 Oktober 1998