Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sê aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

IS SOMMIGE TEOLOë DAN NOU BABELBOUERS?

RADIO PRETORIA SE NUUSKOMMENTAAR VAN WOENSDAG  DESEMBER 1999

Die sogenaamde groot Afrikanerdebat wentel hoofsaaklik daarom of die Afrikaner hom nog as 'n eie, blanke volk moet beskou en of hy liewer by die heersende politieke filosofie van 'n reënboognasie moet inskakel. Hieroor het Radio Pretoria homself nie onbetuig gelaat nie. Ons standpunt is ondubbelsinnig ter behoud van Afrikanerdom as 'n eie volk met 'n eie identiteit.

Terloops, dit is opmerklik dat die Afrikaner na ons wete al volk is wat homself só tipeer, naamlik as 'n Afrikanerdom. Daarmee sluit hy ook aan by sy geloof, naamlik dat hy deel van die Christendom is. Dit openbaar 'n besondere godsdienstige ingesteldheid.

Dit is derhalwe dan nie verbasend nie dat die sogenaamde Afrikanerdebat ook op die terrein van die Afrikaner en die Afrikaanse kerk gevoer word. Ook hier gaan dit om die kwessie van volk en kerk, of die Afrikaanse kerke steeds volksgebonde moet wees en of hy sy volksankers moet afkap en wegdryf in 'n reënboognasiesee. Die voorstanders van laasgenoemde bedien hulleself van argumente met 'n edele strekking en klee dit in met woorde wat gelaai is met diep religieuse betekenis.

So word daar aangevoer dat diens die wagwoord vir die kerk in die samelewing moet word. Die Afrikaanse kerk moet 'n dienende, handelende kerk wees. Dit moet onder meer op dinge soos armoede, vigs, reg en vrede en morele waardes gerig wees. Daarmee is natuurlik niks verkeerd nie. Dit is wat ons kerke nog altyd onderskryf het. Wat wel nuut is in dié argument is die siening dat dit ter uitsluiting van die kerk se volksgebondenheid moet geskied. Ander volke moet nou assulks ingesluit word.

Daar word gesê dat die kerk moet wegkyk van sogenaamd eng Afrikanerbelange. Hy moet werk vir die belange van alle ander volke. Só, word daaraan toegevoeg, kan Afrikaners hulle 'n plek in die nuwe Suid-Afrika verseker. Met ander woorde, die Afrikaner moet sy eie identiteit prysgee, hom met die strewe na 'n nuwe reënboognasie vereenselwig. Die Afrikaanse kerk moet 'n kerk vir almal wees, hy mag hom nie meer aan die Afrikanerkultuur gebonde ag nie.

Daar word dan ook gesê dat die nuwe bedeling mense juis opgewonde moet maak omdat dit so 'n groot geleentheid bied vir dienslewering. Speur 'n mens hierdie argument verder na, blyk dit dan dat dit veral gaan om dienslewering aan andersvolkiges. Trouens, daar word amper naarstig van diens aan die eie volk weggeskram.

Ons weet nie in hoe 'n mate die Afrikaanse teoloë wat hierdie sieninge propageer, besef watter implikasies dit inhou nie. Sou hulle die ware implikasie besef dan sou hulle as eerlike en opregte gelowiges dalk wil herbesin. Dit waarmee hulle die Afrikaanse kerk wil vereenselwig, is 'n humanistiese, sosialistiese bedeling.

Dit is 'n bedeling wat 'n sterk kommunistiese inslag het, 'n ateïstiese klank dus. Dit huldig onder meer die siening dat alle godsdienste gelyk en ewe waar is. Die Christen mag hom dus nie op die standpunt van dié een en enigste weg tot redding stel nie, want dan kom hy ander godsdienste te na. 'n Ontleding van die voorstelle vir godsdiensonderrig in skole is dan ook op hierdie ingesteldheid van gelykheid van godsdienste geskoei.

Die vraag is of die wegskram en ontkenning van Afrikaner-wees en volksgebondenheid met die Bybel, met God se Woord strook. Druis dit nie in teen die uitdruklike erkenning van volke as die skepping van God nie? Is die reënboognasiebeleid nie 'n poging om die situasie van die toring van Babel te herstel nie? Is dit nie vergelykbaar met die strewe van daardie toringbouers om hulleself bo God te probeer stel, om hulleself as 't ware teen God self te verskans nie?

Maar dan moet 'n mens seker ook in berekening bring dat dit juis hierdie teoloë is wat 'n ander benadering tot die Bybel het as dat dit die ware en onfeilbare Woord van God is. In so 'n beskouing is daar dan seker ook ruimte vir eie vertolkings ten opsigte van sake waaroor die post-moderniste 'n eie siening verkies. Ons kan nie hiermee saamgaan nie.