Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sê aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

GOD SE PLEK VIR DIE VROU IN DIE GEMEENTE

DS BC SMIT  -  BRITS-WES

(DERDE AFLEWERING)
(Vorige Aflewering)

Die getuienis en rol van die vrou

Een van die grootste vraagstukke waarmee Timoteus in Efese te doen gekry het, was dat sekere vroue deur hulle pogings om die amptelike leraars van die gemeente te word, die plek van mans begin inneem het. Ander weer het die erediens ontheilig met ‘n verkeerde gesindheid en onwaardige kleredrag. Met sulke optrede het hulle hul belydenis dat hulle God ken en Hom dien weerspreek. In vorige aflewerings is daar reeds gekyk na die vrou se kleredrag en gesindheid. In hierdie aflewering is dit nou die vrou se getuienis en rol in die gemeente wat ter sprake kom.

1. Die getuienis van die vrou.

(Vers 10) "...maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke."

Die gelowige vroue van Efese se belydenis moes nie deur hulle optrede in gedrang gebring word nie. Enige vrou wat haar geloof openlik bely het, moes daarom ooreenkomstig so ‘n belydenis lewe. As hulle belydenis een van godsvrug (theosebeia) was, moes hulle optrede ook van eerbied vir die Here spreek. Enige optrede wat sou kon dui op verontagsaming van sy wil, of op minagting vir wat Hy in sy Woord sê oor die plek van die vrou, kom neer op ‘n weerspreking van hulle belydenis. Hiervan sal die golf van feminisme wat tans oor kerke spoel, ook kennis moet neem. Aktiviste vir "vroueregte" kan miskien daarin slaag om vroue ‘n groter of ‘n ander rol te laat speel in gemeentes, maar as die rol nie is volgens God se wil nie, weerspreek hulle hul eie belydenis.

En waardeur word hul belydenis wél bevestig? Deur ‘n lewe van goeie werke. Dit is werke wat "...uit ‘n ware geloof, volgens die wet van God tot sy eer gedoen word, en nie dié wat op ons goeddunke of op die oorgelewerde gebruike van mense gegrond is nie" (Heidelbergse Kategismus vr/antw 91).

2. Die rol van die vrou (vers 11 en 12)

Die Griekse woord wat hier gebruik word (manthanö) is ‘n opdrag. Vroue mag nie van die onderrig tydens die eredienste uitgesluit word nie. Dit staan teenoor die Judaïste se siening oor vroue. Baie rabbis het geweier selfs om in die openbaar ‘n vrou te groet en het geglo dat onderrig aan hulle ‘n vermorsing van tyd is. Nou beveel Paulus egter met apostoliese gesag dat vroue nie verhinder mag word nie. Tussen vroue en mans is daar geen onderskeid wanneer dit gaan oor die geestelike lewe en die seën van die Here nie. Die Ou Testament leer immers dat vroue:

a. Dieselfde verantwoordelikhede gehad het as die mans.
1. Hulle moes ook die wet onderhou.
2. Hulle moes hulle kinders onderrig (Deut 6:6 - 7; Spr 6:20)
3. Deelneem aan die feeste byvoorbeeld die Pasga (Eks 21:28 - 32)

b. Dieselfde beskerming as mans geniet het.
Die strawwe vir misdade teen mans is presies dieselfde as vir dié teen vroue (Eks 21:28-32). In die oë van God het die lewe van mans en vroue ewe veel waarde.

c. Om dieselfde beloftes as mans te kan aflê.

Selfs die Nasireërbelofte van afsondering van die wêreld en toewyding aan God, kon deur vroue afgelê word. (Num 6:2)

d. Dieselfde toegang tot God te hê as mans.
Die engel van God verskyn byvoorbeeld aan Hagar (Gen 16:8-13) en aan die moeder van Simson (Rigt 13:2-5)

e. Dieselfde voorregte te hê as mans.
Nehemia 7:67 praat oor ‘n koor van 245 manlike en vroulike sangers wat die volk voorgegaan het in hulle lof aan die Here. Vroue het volgens Eks 38:8 ook by die deur van die tabernakel diens gedoen en in verse soos Deut 12:10-12; 1Sam 1 en 2Sam 6 word dit duidelik dat vroue ook ‘n besondere rol gespeel het in die groot nasionale feeste van die volk.

Die Ou Testament is egter ook baie duidelik daaroor dat mans en vroue afsonderlike rolle gehad het.

a. Vroue dien nie as leiers nie
Debora waarna gewoonlik verwys word as ‘n voorbeeld na die teendeel, was ‘n rigter wat primêr die rol van ‘n arbiter gehad het. Haar leierskap duur nie voort nie, want sy roep Barak in toe die militêre leiding teen die Kanaäniete nodig word (Rigt 4 en 5). Koningin Atalia was nie ‘n wettige koning nie (2Kon 11). Daar word ook nêrens melding gemaak van vroulike priesters in die Ou Testament nie en ‘n vrou was, na ons beste wete, nêrens behulpsaam met die neerskryf van die Ou Testament nie.

b. Hulle het geen voortgaande profetiese bediening gehad nie.
Na 5 vroue word gewoonlik verwys asof hulle 'n bewys sou lewer dat vroue wel in die profetiese amp gedien het.
1. Miriam, die suster van Moses wat in Eks 15:20 ‘n profetes genoem word. Moontlik word sy so genoem vanweë die kort openbaring van haar kant in vers 21. Daar is egter geen getuienis dat sy verder ooit in die amp van profeet opgetree het nie.
2. Debora word in Rigt 4:4 ‘n profetes genoem omdat God haar gebruik om ‘n direkte openbaring aan Barak te gee. Ook ten opsigte van haar is daar geen getuienis dat sy verder ooit in die amp van profeet opgetree het nie.
3. Hulda gee die openbaring van God aan Hilkia die priester en aan ander mans oor die komende oordeel oor Jerusalem en Juda (2Kon 22:14-22; 2Kron 34:22-28). Al weer, geen verdere optrede deur haar is weergegee nie.
4. Noadja was ‘n valse profetes wat die werk van Nehemia teëgestaan het met die herbou van Jerusalem se mure (Neh 6:14).
5. Die vrou van Jesaja word in Jes 8:3 ‘n profetes genoem omdat sy geboorte skenk aan ‘n kind wie se naam profetiese betekenis het. Sy spreek egter self nêrens ‘n profesie uit nie.

Die getuienis van die Ou Testament word ook bevestig in die Nuwe Testament.

a. Geestelike gelykheid tussen mans en vroue word duidelik gemaak in Gal 3:28. Die konteks van verse 13-27 maak duidelik dat hierdie eenheid ‘n gelykheid is in verlossing. Almal, Jode en heidene, slawe en vrymanne, mans en vroue het nou gelyke toegang tot die verlossing. Dit beteken egter nie dat mans vroue word of vroue mans nie.

b. Vroue het ook dieselfde geestelike verantwoordelikhede as mans. Al die opdragte bevele en beloftes van seën in die Nuwe Testament word in gelyke mate gegee aan vroue as aan mans.

c. Vroue het ook dieselfde toegang tot Jesus as mans. Hy openbaar Homself as die Messias eerste aan ‘n vrou (Matt 8:14-15), Hy onderrig vroue (Luk 10:38-42) en laat hulle toe om Hom te bedien (Luk 8:3). Dit is ook ‘n vrou wat eerste is om die opgestane Christus te sien (Mark 16:9 en Joh 20:11-18)

Tog wys die Nuwe Testament ook duidelik op die afsonderlike rolle vir vroue en mans.

a. Vroue dien nie as leiers nie. Daar is geen aanduiding in die Nuwe Testament van ‘n vrou wat dien as apostel, voorganger, leraar, evangelis, ouderling of diaken nie. Daar word ook nêrens in die Nuwe Testament ‘n preek of onderrig aangehaal deur ‘n vrou nie.

b. Vroue in die Nuwe Testament vervul ook geen voortgaande profetiese rol nie. Sommige verwys as verweer hierteen na die dogters van Filippus (Hand 21:9), na die lofsang van Maria (Luk 1:46-55), na 1Kor 11:5 se gebod dat vroue wat profeteer ‘n hoofbedekking moet dra. Al hierdie sogenaamde bewyse verskil egter grondig van die amptelike bediening in die amp van apostel, leraar, evangelis, ouderling en diaken.

By ‘n volgende geleentheid sal DV gekyk word na die betekenis van 1 Timoteus 2, verse 11 en 12 vir die optrede en plek van die vrou in die kerk.