Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sê aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

AFWYSENDE ADVIES OOR KINDERKOMMUNIE
AAN KOMMISSIE VAN DIE ALGEMENE KERKVERGADERING NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA

Sondagoggend 12 Desember 1999 is in die program "Kollig op die Kerk" vermeld dat die professore JH Koekemoer en AD Pont 'n advies oor deelname van kinders aan die Heilige Nagmaal aan die kommissie van die Nederduitsch Hervormde Kerk se algemene kerkvergadering oorhandig het. In ons blad se uitgawe van laasjaar Julie, is op bl 8 na die besluit verwys dat dit "deel is van 'n deeglike besinningsproses binne die kerk wat daarop kan uitloop dat die kerk se algemene vergadering in 2001 kan besluit om soos die NG Kerk, kinders tot die Nagmaal toe te laat."

Prof Pont het op navraag vermeld dat dit nie 'n gesamentlike advies is nie. Hy kon hom nie uitlaat oor prof Koekemoer se standpunt nie. Sy eie aanbeveling is op skriftuurlik-kerkordelike gronde afwysend. Volgens hom is dit opvallend dat die kinderkommunie in die Hervormde Kerk skielik 'n dringendheid gekry het. Waarskynlik hang dit saam met die feit dat die NG Kerk in 1998 dit aanvaar het. "Nou wil dit voorkom asof daar in ons kerk ook mense is wat die kindernagmaal wil invoer enkel en alleen omdat die NG Kerk dit aanvaar het. Die geskiedenis het ook geleer dat die NG Kerk nie altyd so 'n voortreflike leidsman is nie. Maar vandat die geskiedenis nie meer geken word, is daar al heel wat dwaashede begaan" sê prof Pont.

"As die saak van die kindernagmaal bekyk word, is dit duidelik dat die Skrifbeskouing nogal belangrik is. Op die oomblik word dit bepaal deur die kerk se ordinansie 1.1.2. Dit beteken dat 1 Kor 11 as 'n skriftuurlike argument beskou moet word wat gehoorsaamheid vra. As dit so is, dan word die basis vir die kindernagmaal, skriftuurlik gesproke, nogal smal

"Baie kortliks kan daarop gewys word dat daar belangrike verskille tussen die doop en die nagmaal bestaan. Daar kan op gewys word dat (1) die doop eenmalig is omdat dit onder andere teken-van-die-verbond is. Daarenteen is die nagmaal herhalend wat telkemale die troos van die vergifnis van die sonde simboliseer en bevestig deur op die kruisdood van ons Here, Jesus Christus te wys. (2) die doop sy eie toedienings- en ontvangsvereistes het, naamlik gelowige ouer(s) of groot-ouer(s). Die nagmaal vra van die gelowige self geloof, onderskeidingsvermoë, voorbereiding, selftug. As juis hier weer gelet word op die eerste nagmaal dan kom daar mense bymekaar wat Jesus die Christus ken en wat in 'n besondere verhouding tot Hom staan. Die saamhorigheid van hierdie groep berus in die besonder op hulle persoonlike verhouding met Christus en nie op ander verbintenisse nie. Daarom het Judas dan ook die groep verlaat omdat hy sy verbintenis met Christus verbreek het. Uit hierdie twee voorbeelde word dit duidelik dat doop en nagmaal nie dieselfde is nie en ook nie as sodanig beskou kan word nie.

"Die nagmaal bly 'n besondere gebeure in die lewe van die gemeente omdat dit nog steeds verbum visibele is wat aan ons die Evangelie oordra dat Jesus Christus terwille van ons Hom opgeoffer het, 'n teken en seël wat God gegee het sodat ons die Evangelie nog beter sal verstaan. Maar dan moet ons dit gebruik vir die doel waarvoor God dit aan sy verbondsvolk geskenk het. Dit lê nie in ons hande om straffeloos die sin en betekenis van die sakrament te verander en die toeganklikheid daarvan steeds makliker te maak nie", aldus prof Pont.

Ook behels dit, volgens hom, 'n versoek vir advies dat 'n verantwoorde standpunt oor die sogenaamde "oop uitnodiging na die nagmaal" soos tans gebruiklik, bespreek sal word. ®