Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sê aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

 

KOMMUNISME EN DIE SKRIF?

DR CHRIS L JORDAAN

Kommunisme kom uit die Bybel en is op Handelinge 2 :45 "En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het", gebaseer. Dit is die uitgangspunt van die kommuniste in die ANC-leierskader. So ‘n uitspraak is ‘n direkte uitdaging wat aan die Kerk en die Christelike godsdiens in Suid-Afrika gerig is.

Kommunisme word verklaar vanuit die teorie of ‘n toestand van dinge waarvolgens alle privaateiendom en besit afgeskaf moet word en alle dinge kommunaal of gemeenskaplik besit word. Die Sosialisme, waarvan Kommunisme de uiterste vorm is, gaan van die beginsel uit dat individuele vryheid geheel en al ondergeskik aan die belange van die sosiale gemeenskap moet wees. In beide beskrywings word die sosiale gemeenskap as die sentrale punt van die mens se hele bestaan geneem. In albei gevalle word die verdeling of herverdeling van privaateiendom of besit as bewys van Sosialisme in die gemeenskap aanvaar. Dit is daarom amper vanselfsprekend dat kommuniste en sosialiste in elke erkende godsdiens ‘n erkenning of uitgangspunt soek. Sonder veel verdere bespreking vind ons dat hierdie teorie van Karl Marx, die vader van die Kommunisme, in staatsgodsdienste en vervalste Hindu, Islam en Tao geloofsuitinge teenwoordig is en ook daar dieselfde aanspraak as op die Christendom maak. Hierdie aansprake kom op gereelde tussenposes voor wanneer Kommunisme erkenning en aanvaarding in die gemeenskap soek.

Die Sosialisme is in sy oorsprong nie maar net ‘n ekonomiese, sosiale of politieke saak nie, maar ‘n geloofs- en geestelike saak. Sosialisme is ‘n ideologie of (af)godsdiens. Dit ontken nie alleen die bestaan van God nie, maar loën die godheid van Jesus. Die godheid van die Sosialisme is die "veredelde" sosiale mens en Jesus kan as ‘n ideaaltipe vanuit die Christelike godsdiens gebruik word. Sodoende word die (af)godsbegrip van die Sosialisme die plaasvervangende godheid. Die staat word deur die "veredelde mense" gemagtig om al hulle sake te bestuur. Daarom is die "sosialistiese staat" die uiterste vorm van die mens se afhanklikheid en waardig om gedien te word, veral as dit ‘n geursel van Christelikheid het, want hulle het "hulle eiendomme en besittings verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het". Deur die godsbegrip van die Sosialisme aanvaarbaar te maak vir die ongekerstende en sosiaal veredelende mens, is weerstand teen die Sosialisme as ‘n ideologie (afgodsdiens) slegs reaksionêr. En om te swyg daaroor is eintlik goedkeuring daarvoor.

Getoets aan die Wet van God, die Tien Gebooie, soos in die Heidelbergse Katigismus die derde deel uiteengesit, oortree die sosialiste elke enkele gebod van God. Waarom? Omdat hulle in die eerste plek God se wese ontken en Jesus se Godheid verloën. Daardeur word ‘n wêreldlike godsdiens as die ware verlossing van die mens uit sy aardse ellende aangebied. Dié beskouing ten opsigte van die Drie-enige God is onvergeeflik en roep die veroordeling van God op. Die gehoorsame gelowige behoort daarom vir die verlossing en bekering van sosialiste en kommuniste vanuit hierdie afgodsdiens te bid. Indien hulle hulle sal bekeer, God is getrou en regverdig en sal hul sondes vergewe en hulle van alle ongeregtigheid reinig. Met dit as uitgangspunt moet ons die beginsels van die Reformasie op elke lewensterrein teenoor die Sosialisme proklameer en tot uitdrukking laat kom. Dit bly ten eerste ‘n ideologiese en geestelike stryd om die verdediging van die Evangelie en die bevestiging van die Waarheid daarvan.