Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sê aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

 

STAAN ONS NOG BY DIE BEGINSELS VAN DORDT EN DIé VAN DIE STIGTING VAN DIE GEREFORMEERDE KERK ONDER DIE SERINGBOOM TE RUSTENBURG?

Vanwaar die aandrang vir die sing van gesange in die erediens?

- KOPIE ONTVANG VAN 'N INTEKENAAR/LESER VAN ONS BLAD

DIE HISTORIESE AGTERGROND (2)

b. Die verwikkeling in Suid-Afrika

Om kerkskeuring te voorkom het ds D Postma in 'n kompromisvoorstel onder andere gestel dat alleen gesange gesing moes word waarvan die teks in die Bybel staan.

Ds Postma was gewillig om af te dwaal van die beginsels van Dordrecht 1578, Middelburg 1581 en Dordrecht 1618/19 ter wille van die eenheid.

Die Sinode van Dordrecht, 1578, aanvaar die beryming van Datheen. Sekere gesange waarvan die teks wel in die Bybel is, soos die lofsange van Maria, Sagaria en Simeon. Die Tien Gebooie en die Onse Vader is gereken onder die groep wat uitgelaat moes word synde as: "die men in de Heilige Schrift niet gevonden worden." By al hierdie sinodes is die naam "gesange" toegepas op alle liedere, sogenaamde Skrifberymings ingesluit, in onderskeid met die Psalms. Die ou Psalmboek het bogenoemde berymings dan ook saamgevat onder die benaming: Enige Gesange. Die uitdrukking "de gesangen die men niet vind in de heilige Skrifture" (Middelburg 1581) bedoel dus nie waarvan die teks nie in die Bybel voorkom nie, maar wat nie in die Bybel as spesifieke gesangbundel aangegee is nie, soos byvoorbeeld die Psalmboek.

Met die bepaling van: waarvan die teks in die Bybel voorkom, het ds Postma dus 'n kompromiterende weg ingeslaan wat nie stand hou met genoemde sinodes se besluite nie. In stryd met Dordrecht 1618/19 was hy ook gewillig om die kerksang uit te brei.

Hoewel die kerklike afskeiding onafwendbaar was, het die gereformeerdes voortgebou op ds Postma se kompromisstandpunt.

1. In 1876 besluit die Sinode "overeenkomstig art 69 harer kerkorde, dat by den openbaren godsdienst alleen zullen gesongen worden de 150 Psalmen Davids en gezangen van welke de tekst in Gods Woord staat uitgedrukt; namelijk, de berijming van de Tien Geboden tot en met het gebed des Heeren; wel te verstaan de berijming van 1773 door de Gereformeerde kerk in Nederland in dien tijd vervaardigd en in gebruik genomen" (art 87). Gesange waarvan die teks in die Bybel is en nie hierby ingesluit is nie, kan egter buite die erediens om gesing word (sien Synodale Bepalingen, 1904, by art 69).

Opmerking: Die Sinode het gefouteer deur die beryming van 1773 aan die kerke in Nederland toe te skryf, daar dit deur die owerheid daargestel is. Van belang is dat onder "gesange" die Nuwe Testamentiese Skrifberymings verstaan word. A la ds Postma word die terminologie "gesange waarvan die teks in die Bybel staan" hiermee kerklik geyk.

Die Sinode gee egter nie uitspraak dat enige gesang waarvan die teks in die Bybel staan in die kerk gesing mag word nie, maar beperk dit tot die groep tussen die Tien Gebooie en die Lofsange van Maria, Sagaria en Simeon in, terwyl die beryming van die Twaalf Artikels uitgesluit is vir kerklike gebruik.

2. Die Sinode van van 1876 (art 91) verwerp 'n voorstel dat "ook de andere gezangen, die achter het gebed des Heeren staan, worden begrepen in genoemd besluit". Hierdie gesange was onder andere Die Twaalf Artikels, die Môre- en Aandsang en O, God wat ons Vader is.

Die Sinode was ook van oordeel dat al sou 'n predikant van die Gereformeerde Kerk in 'n ander kerk preek, hy nog gebonde was aan genoemde besluit van wat hy sal laat sing.

3. Die Sinode van 1882 bevestig weer opnuut bogenoemde besluit, terwyl die Sinode van 1888 nie gevolg wou gee aan 'n beskrywingspunt dat die beryming van die Twaalf Artikels ook gesing mag word nie (artt 96, 97).

4. Die Sinode van 1907 verwerp 'n beskrywingspunt van die Algemene Vergadering van die Kaap Kolonie "dat het zingen van andere geestelijke liederen met bepaalde Gereformeerde strekking ... een best tegenwicht" sou wees teen die Sankeyliedere en die Kinderharp en stel in die plek daarvan die Psalmgesang (art 100).

5. Die Sinode van 1910 benoem, op grond van 'n beskrywingspunt van Pretoria, 'n studiekommissie om 'n deeglike studie te maak van die Gereformeerde kerksang (artt 135, 194). Hierdie kommissie het onder andere bevind dat die toelating van 'n enkele gesang 'n versaking van die Gereformeerde standpunt is. Hoewel die meerderheid teen die insluiting van die Twaalf Artikels was, besluit hierdie sinode: "In die Gereformeerde Kerk (gemeenten) van Zuid-Afrika zullen by de openbare godsdienst gezongen worden alleen de 150 Psalmen Davids, de Twaalf Artikelen des Geloofs en de Gezangen, waarvan de tekst in Gods Woord staat uitgedrukt, te weten: De Tien Geboden, 't Onze Vader en de Lofzangen van Maria, Zacharias en Simeon. Het Psalmboek naar de berijming van 1773, tans in gebruik blijft de gemeenten aanbevolen, totdat de Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika, in Synode vergaderd, een betere berijming gekeurd heeft" (art 143).

Opmerking: Die kwalifikasie "de Gezangen, waarvan de tekst in Gods Woord staat uitgedrukt" kan hier ook nie as algemene grondbeginsel vir enige verdere beryming gebruik word nie. Die woorde "te weten" kwalifiseer en beperk dit tot die spesifieke gesange wat genoem word.

6. Omdat daar besware begin ontstaan het teen die beryming van 1773, asook omdat Afrikaans as voertaal algemeen erkenning begin kry het, besluit die Sinode van 1920 om 'n kommissie te benoem "om sig te beywer vir 'n Afrikaanse Psalmberyming" (art 129).

7. Die Sinode van 1927 gee nie gevolg aan 'n beskrywingspunt wat vra: "Die Sinode bespreek die wenslikheid om ons berymde Psalmbundel aan te vul met berymde gedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament" nie, en besluit: "Die Sinode ag dat dit nie gewens is om 'n verandering te bring in die besluit van 1913 te vinde onder art 69 van die kerkorde" (artt 17, 155).

8. In antwoord op die skrywe van die Gereformeerde Kerken in Nederland oor die uitbreiding van die kerkgesang, ant-woord die Sinode van 1930 met die besluit: "Dat die Sinode van Reddersburg 1927 besluit het om te bly by art 69 Kerkorde.

Na die tyd is die saak nog nie weer aanhangig gemaak op ons Sinodale Vergadering. Gevolglik het die Sinode van 1930 homself dan ook nie opnuut daaroor uitgespreek nie" (art 88).

(Studiestuk van LS Kruger - Vervolg in volgende uitgawe - red)