Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sê aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

 

"TELEVISIE: SLEG VIR ONS GEESTELIKE GESONDHEID"

Op 'n E-Posboodskap het Bouwe van der Eems op 9 Desember die vol-gende as 'n positiewe boekbespreking vermeld. Dis 'n aktuele saak wat hy hiermee aangeroer het. Ons verleen graag wyer bekendstelling daaraan.

"AMUSING OURSELVES TO DEATH"

Onlangs het ek 'n boek met bogenoemde treffende titel oor die Internet bestel. Hierdie boek handel oor die effek van televisie op openbare gesprekvoering in die westerse samelewing. Alhoewel die skrywer nie 'n Christen is nie, gee die boek so 'n uitstekende analise van ons samelewing dat menige Christelike skrywers na hierdie boek verwys.

Die skrywer, Neil Postman, is 'n kenner op die gebied van hoe tegnologie ons westerse kultuur verander.

Baie mense beskou tegnologie as iets neutraal. Netso word televisie ook maar net as 'n meer moderne kommunikasiemiddel as boeke en die radio beskou. Postman toon egter aan dat televisie nie neutraal is nie, maar die hele westerse kultuur ingrypend verander het.

In sy beskrywing van die Amerikaanse kultuur toon hy aan dat die kutuur tot die twintigste eeu beheers is deur die belangrikste medium van daardie tyd. Die gedrukte woord leen homself vir die uiteensetting van logiese argumente, die aantoon van teensprake, die vergelyking van idees, die aantoon van veralgemenings, ensovoorts. Die gedrukte woord is iets uiters rasioneel en verwag van die leser om rasioneel te wees. Die mense van die sewentiende eeu was in staat om lang en kom-

plekse argumente te kon volg. Postman noem 'n voorbeeld uit die geskiedenis waar mense van daardie tyd na 'n aantal politieke toesprake van tot drie ure lank elk kon luister. Dit spreek van 'n uiters lang konsentrasievermoë in vergeleke met wat mense vandag toe in staat is. Dink maar eens aan die reaksies wat mens kan verwag as ons eredienste twee ure lank sou wees.

In die boek word daar ook aangetoon dat openbare gespreksvoering in daardie dae gehandel het oor plaas-like sake, iets waarby die betrokkenes 'n belang gehad het. Die gespreksvoering was dus relevant vir die deelnemers. Aangesien inligting in daardie dae baie stadig beweeg het, het mense min geweet van gebeurtenisse in ander streke. Met die ontdekking van die telegraaf het dit moontlik geraak om inligting teen die spoed van lig te vervoer oor lang afstande. Koerante in daardie tyd kon toe berigte plaas oor gebeurtenisse wat 'n uur gelede ver daarvandaan gebeur het. Nuus wat van ver af kom, kom egter sonder enige konteks en het meestal geen relevansie vir die leser nie. Neem byvoorbeeld net die nuus van die dag. Hoe gereeld gebeur dit dat u u planne vir die dag verander op grond van die nuus wat u gehoor het? Hoeveel van die probleme waarvan u hoor, kan u iets aan doen? Wat is u van plan om te doen aan die krisis in die Midde-Ooste, die inflasie of die geweld in Natal? Die antwoorde op hierdie vrae is waarskynlik: Niks. Aangesien niemand iets omtrent dié sake gaan doen nie, is hierdie nuus dus irrelevant. Die telegraaf het koerante dus verander van 'n medium waarin relevante sake rasioneel bespreek is, tot 'n verspreider van irrelevante geraas.

Tesame met die telegraaf het ook die fotografie ontwikkel 'n Foto gee 'n beeld van 'n bepaalde stukkie werklikheid op 'n bepaalde tydstip, buite 'n groter konteks. Idees en argumente kan nie met foto's uiteengesit word nie. Toe foto's in koerante verskyn het, het dit nie die taal aangevul nie maar begin verdring. Visuele het al hoe meer die logiese argumente begin vervang as die medium waarmee ons die wêreld verstaan.

Die televisie het die spoed van die telegraaf verbind met die visuele beeld van die kamera. As gevolg daarvan het dit die dominante kommuniskasiemiddel van ons tyd geword. Die televisie gee vir ons irrelevante inligting op 'n baie grafiese manier en leen homself dus nie tot logiese argumentasie nie. Die passiewe aanskouing van irrelevante inligting is vermaak. Omdat televisie uitsluitlik geskik is vir vermaak, moet alles op televisie met die oog daarop verander word. Selfs die nuus is vermaak. Dit bestaan uit 'n aantal losstaande indrukwekkende flitse oor gebeurtenisse wat geen relevansie vir die gemiddelde kyker het nie, gekombineer met grappige advertensies en 'n kenwysie.

Soos wat die vroeë Amerikaanse kultuur deur logiese argumentasie van die gedrukte woord gevorm is, so word die moderne Amerikaner gevorm deur die konstante vermaak op televisie. Sulke mense is nie in staat om logies te redeneer en vir lang periodes te konsentreer nie. In vergelyking met die politieke vergadering waar gehore maklik vir drie ure na ingewikkelde referate kon luister, sukkel vandag se mense om vir vyf minute lank te konsentreer. Die televisie maak dit maklik vir sulke mense, want die gemiddelde televisieskoot is drie en 'n halwe sekondes lank.

Televisie is seker die tegnologie wat ons samelewing op die mees ingrypende manier verander het. Dit het die vermoë van baie mense om te kan dink en te argumenteer, ernstig verswak. Wanneer daar onder ons oor televisie gepraat word, word daar meestal gekla oor die swak inhoud daarop. Maar hierdie boek toon aan dat die medium op sigself ook sleg vir ons geestelike gesondheid is. Aangesien ons geestelike gesondheid vir ons belangrik behoort te wees, is dit goed om kennis te dra en te weet van die nadele van televisie. Daarom kan hierdie boek sterk aanbeveel word.