Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sę aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

 

'N SKRIFKRITIESE BENADERING

VERSKIL VAN TEKS EN UITLEG IN DIE 1983 TEENOOR DIE 1953 BYBELVERTALING

("Die Kneg van die HERE" (Jesaja 52:13 - 53:12)

Een van die besware wat aangevoer word teen die gebruik van die 1983 Bybelvertaling is die wegvertaling van die Ou Testamentiese Messiaanse heilsverwagting soos dit in die Nuwe Testament beskryf en in Jesus Christus vervul is. Die nuwe kommentaar op die Bybel, "Bybellenium", handhaaf die 1983 vertaling as basisteks en sy uitleg is 'n klinkklare bewys van Skrifkritiek.

In "Het Godswoord der Profeten", tweede deel Jesaja, (1932, Kampen) verklaar die outeur, dr J Ridderbos, aangaande die bogenoemde Ou Testamentiese Skrifgedeelte, na die uitvoerige behandeling daarvan, dat die voorafgaande genoeg mag wees om aanneemlik te maak, dat ook hierdie gedeelte nie anders tot stand gekom het nie as in die nouste aansluiting aan heel die heilsgeskiedenis van die dade en woorde van God. "Natuurlijk wordt dit door ons nooit anders verstaan dan aldus, dat de Geest der profetie in volstrekten zin de Gever ook van deze openbaring is, en dat Jesaja, zoover hij in het totstandkomen der profetie actief werkzaam was, en daarbij ook uit eigen bewustzijnsinhoud kon putten, door dien Geest onfeilbaar is geleid. Nergens treedt dit scherper aan het licht dan in deze profetie, die uit heel het Oude Testament wel de klaarste teekening van den komen-den Christus bevat, en waarin de Goddelijke waarheid van het profetische woord op het allerduidelijkst blijkt" (bl 424/5), aldus dr Ridderbos.

"Die Bybel met Verklarende Aantekeninge", die uitgawe van 1958 onder redaksie van prof dr B Gemser en ander, verklaar hierdie verwysing na die Kneg van die Here, net soos Ridderbos, in heilshistoriese perspektief. In deel II (Job tot Maleagi) is dit as volg geëksegetiseer: "Jesaja 52:13 - 53:12. Vierde profesie aangaande die Kneg van die Here . Hierdie merkwaardige 'evangelie van die Ou Testament', wat ongeveer vyftien keer in die Nuwe Testament aangehaal word, vgl Matt 8:17; Luk 22:37; Joh 12:38; Hand 8:32,33; Rom 4:25, 10:16, 15:21; Hebr 9:28; 1 Pet 2:22, 24, 25; Openb 5:6, 12, 13:8, 14:5, vorm die hoogtepunt en in sekere sin die dieptepunt van die Ou Testamentiese Messiasverkondiging. Nęrens elders in die Ou Testament word die karakter van die soendood van die Messias so skerp geteken nie. ... Die tema van hierdie verse en van die hele profesie is: deur lyding tot heerlikheid. Wanneer die Kneg die werk wat aan Hom opgedra is, deur sy kennis (53:11), dit is in ooreenstemming met die goddelike heilsplan, voorspoedig uitgevoer het, sal Hy (lett:) opkom, Homself verhef en baie hoog wees".

Die kommentaar verklaar hierdie gedeelte uitvoerig op bll 1561 tot 1563 in die vermelde uitgawe.

DIE UITLEG IN BYBELLENNIUM
(bll 823-825)

DIE DIENAAR, INSTRUMENT VAN VERLOSSING
(52:13 - 54:17)

In hierdie gedeelte besef Israel uiteindelik wat dit beteken om dienaar van die Here te wees. Dit beteken om instrument van verlossing te wees. Deur die lyding van die ballinge bewerk God verlossing vir sy volk en vir die węreld. Gebrokenheid, selfs die dood, kan juis die almag van God openbaar in 'n węreld wat net met sy eie mag behep is.

Die lyding van die dienaar en die verlossing van baie

Lees Jesaja 52:13 - 53:12

Hierdie is een van die gedeeltes in die Ou Testament waaroor daar die meeste geskryf is. Die verwysings na die lyding van 'n onskuldige en die middelaarsrol wat hy vervul, is in die Nuwe Testament en die vroeë kerk op Christus toegepas. Dit is begryplik. Christus is die lydende Dienaar wat die sonde van die węreld op Hom geneem het. In hierdie kommentaar gaan ons egter ook vra wat hierdie gedeelte binne sy eie historiese en literęre konteks beteken.

Ons het reeds daarop gewys dat Israel, spesifiek soos verteenwoordig deur die groep ballinge in Babel, in Jesaja 40 - 55 as dienaar van die Here aangespreek word. Ons het ook gesien dat God die dienaar roep (42: 1-4), maar hy bly doof en blind vir God se roeping (42: 18 - 20).God gee aan sy dienaar 'n besondere taak (49: 1 - 6), naamlik om sy verlossing tot aan die einde van die aardes te bring. Eers skoorvoetend, maar geleidelik met entoesiasme aanvaar die ballinge die taak (50: 4 - 9) en twee dinge wat daarmee gepaardgaan: lyding (50: 6) en vergifnis (50: 8 - 9).

In Jesaja 52: 13 - 53: 12 kom Ballingskap-Israel uiteindelik tot insig. Aan die begin (52 :13 - 15) en einde (52: 11b - 12) verseker God die dienaar dat hy 'n besondere rol in God se plan met die węreld speel. In die lang tussenstuk (53: 1 - 11a) bely die węreld, diegene ter wille van wie die dienaar die rol speel, dat hulle nie kon glo dat God juis deur dié gebroke, vernederde dienaar vir hulle verlossing wou bewerk nie. ...

"53: 7 - 10a Die dienskneggestalte van God se ballingskapvolk is die mees oortuigende argument dat God nog met sy węreld besig is. Dit oortuig die węreld van God se liefde, meer as enige magsvertoon dit ooit kan doen. Want die dienaar is mishandel, maar hy het geduldig gebly. hy was magteloos soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word, uitgelewer aan die węreld. Weerloos, maar tog het hy nie gekla nie. ..."

Die miskenning van die Messiaanse profesie in die Ou Testament word in die hand gewerk deur die gebruik van die 1983 Bybelvertaling en die Skrifkritiese verklaring van die teks.