Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sê aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

KERKLIKE JOERNAAL

 

SAKE RAKENDE RADIO PRETORIA NETWERK

Onder die bogenoemde opskrif rapporteer ds Sarel Cilliers aan die Nasionale Sinode 2000 (GKSA) as volg (Agenda bl 240):

Daar bestaan tans 'n baie goeie verhouding tussen die meewerkende kerke en Radio Pretoria. Ds SA Cilliers is as Deputaat deur Radio Pretoria genooi om lid te wees van hulle Godsdienskomitee. Hierdie mooi samewerking is grootliks toe te skryf aan die besonder goeie gesindheid wat ons geniet van ds Mossie van den Berg (Uitvoerende voorsitter).

Die gewone godsdiensuitsendings naamlik oggendopenings, oggendoordenkings, huisgodsdienste, eredienste en aandafsluitings vir 'n volle week word aan 'n bepaalde gemeente toegeken. Die uitsaaibeurte word tans gedeel deur die NG Kerk, NH Kerk, AP Kerk en die GKSA. Elkeen van bogenoemde vier kerkverbande ontvang tans een week per maand. Die vyfde Sondag per maand is vir 'n tydperk aan die Evangelies Gereformeerde Kerk toegeken, andersins word dit tussen bogenoemde kerke verdeel.

Ons kan met dankbaarheid vermeld dat minstens 24 eredienste per jaar vanuit die Gereformeerde kerke en 312 oggendoordenkings deur Gereformeerde predikante oor Radio Pretoria uitgesaai word.

Aanvanklik is opnames vanweë besparing in reiskoste beperk tot Pretoria en omstreke. Gemeentes wat ver is en bereid is om die reiskoste vir Radio Pretoria te betaal, is ook oorweeg vir uitsendings. Tans word opnames gedoen tot ongeveer 150 kilometer rondom Pretoria.

Radio Pretoria ontvang ook kerknuus van die Administratiewe Buro wat op Sondaemiddae uitgesaai word. Nuus kan deurgefaks word na (011) 760 2737 vir aandag dr Wim Dreyer, of na (012) 567 7394 vir aandag "Kerk in die Wêreld".

Hoewel Radio Pretoria nie gewoonweg landswyd opgevang kan word nie, kan hy wel per satelliet oral in ons land en wyer opgevang word. Die drawydte van die evangelieboodskap deur Radio Pretoria word daardeur geweldig verbreed. Ons ag dit as 'n besondere voorreg om die Evangelie oor hierdie stasie te kan verkondig.

Dit moet vermeld word dat Radio Pretoria onder die huidige regeringsbewind 'n voortgaande stryd het om op die lug te bly. Dit kan ons voortgaande uitsendings raak.