Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 4 No 1 Januarie 2000
KERKLIKE JOERNAALLOFSANGE EN GEESTELIKE LIEDERE (EKSEGESE van Ef 5:19 en Kol 3:16)
HENDRIK DE KOCK EN DIE GESANGE
De Kock let op die geskiedenis
1. Die gesange kom slegs in die kerk tydens deformasie of onvolkome reformasie: Naamlik in tye wat die gesonde leer nie verdra word nie, en die mense hulle eie ore gestreel wil hę. ...
2. Die Gesange word verdryf tydens reformasie: ...
De Kock weerlę die valse argumente ten gunste van die gesange:
Dikwels word na Ef 5:19 en Kol 3: 16 verwys ter verdediging van die gesange.
De Kock verwys na die kantaantekeninge van die Statenbybel, waar dit aangetoon word dat hierdie beskrywing van die lied na die Ou Testamentiese Psalms verwys.
De Kock daag sy teenstanders uit om aan te dui dat hierdie teksgedeeltes noodwendig na liedere buite die Bybel verwys.
Spoedig na die Reformasie, in die begin van die sewentiende eeu, het die Remonstrante die kerk in beroering gebring en geskud, en dit op die rand van die afgrond gebring. Die Remonstrante het, net soos hul voorvaders - die Ariane, Samosateniane, Valentiniane - weer die gesange ingevoer. Hierteen het ons voorvaders, onder andere tydens sessie 162 van die Dordtse Sinode die volgende gesę: "
Alle andere gesange sal uit die kerk geweer word, en daar waar dit reeds ingevoer is, sal dit met bedagsaamheid afgeskaf word".Ds de Kock weerlę die teenwerping aangaande Ef 5:19 en Kol 3:16 as volg: "Dat die gesange wel gesing mag word omdat daar in Ef 5:19 en Kol 3:16 tog gepraat word van lofsange en geestelike liedere. Wat ek van hierdie mense wil hę, is dat hulle my duidelik en grondig, nie met gissings en raaiskote nie, sal aanwys dat die Apostel hier van lofsange en liedere buite die Woord van God spreek.
Derhalwe verwys ek eerder na die geleerde, godvresende en waarlik wyse kantaantekenaars (van die Statenvertaling) wat die volgende aantekening by Ef 5:19 maak:
"Hierdie drie soorte van geestelike gesange dien tot een einde, naamlik om die Gees te behaag. Die betekenis daarvan is dat die Psalms al die geestelike gesange is, wat nie slegs met die stem nie, maar ook met snarespel beoefen word. Lofsange behels danksegginge aan God, of tot gedigte van God se genade teenoor ons. En geestelike liedere is daardie gedigte waarin verskeie geestelike leringe begryp word. Sien ook Kol 3:16. Hierdie verskeie name (naamlik psalms, lofsange en geestelike liedere) is geneem uit die verskeie opskrifte van die Psalms van Dawid."
Hierdie aanhaling sal vir die wyse en onbevooroordeelde genoegsaam wees, om die betrokke teenwerpings te weerlę, en uit die weg te ruim.