Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 4 No 1 Januarie 2000
KERKLIKE JOERNAAL"KERKEENHEID" 'n Nuwe kerkeenheid word deur die Bybel-genootskappe met die DE- (dinamies-ekwivalente) vertaalmetode bevorder. Hulle wil op hierdie wyse oor die hele wêreld dieselfde "bybel" maak. Dwarsdeur die wêreld word die DE-vertaalde "bybels", "Good News" genoem. ... Die eerste DE-poging wat in Afrikaans verskyn het, is Die Blye Boodskap genoem, maar die finale uitgawe DIE BYBEL: NUWE VERTALING: Dit suggereer dat die 1933-vertaling oud en dus uitgedien is. Die "nuwe" pas in en is ook gelykluidend met die slagkrete wat vandag al meer gehoor word: "Nuwe Era", "Nuwe Suid-Afrika", "Nuwe Wêreldorde" ... Dié Bybel moet hierdeur vir die mens aanvaarbaar gemaak word, in plaas dat die mens hervorm ooreenkomstig die Woord. Uiteindelik staan die mens bedroë wanneer God alles nuut maak
(Openb 21:5).
Uit: 1992 JC Erasmus: Bewaar my Woord
Orkney: EFJS-drukkers (bl 82)