Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Stryd op twee fronte

AKTUEEL:
Geloofsverklaring 2000

SKRIFOORDENKING:
"Sê aan die kinders van Israel..."
Exodus 14:15

BOEKBESPREKING:
Afrikaanse Bybels en Kommentare

Die Eerste Gebod

Is sommige Teoloë dan nou Babelbouers?

God se plek vir die vrou in die gemeente

Afwysende advies oor kinderkommunie (NHK)

Kommunisme en die Skrif?

Gesange teenoor die beginsels van Dordt

Televisie: "Sleg vir ons geestelike gesondheid"

Verskil van teks en uitleg in die 1983 teenoor die 1953 Bybelvertaling

Die Tweede Vryheidsoorlog

Kultuur, volkskultuur en Koninkryk

Woord en Wetenskap

KERKLIKE JOERNAAL: 
Kuratore se gesprek met redaksie van Die Kerkpad
Geloofsverklaring 2000
Sake rakende Radio Pretoria netwerk
Lofsange en geestelike liedere
"Kerkeenheid"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Eerste studente aan ACVHO verwerf kwalifikasies
Akademiese vryheid:  'n Misbruikte slagkreet in ons tyd

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (3)

PERSRUBRIEK: 
Feministiese teologie?

Jacob Zuma se godsonterende Kersboodskap

KOMMENTAAR: 
(1) Homoseksualisme aanvaarbaar vir die PU vir CHO?
(2)Prof Koos Vorster in die gedrang oor "menseregte"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK: 
Die redes vir kloning

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 1  Januarie 2000

KOMMENTAAR

HOMOSEKSUALISME
AANVAARBAAR VIR
DIE PU VIR CHO?

"Het dit nie tyd geword om homoseksuele die geleentheid te gee om eerste-klaslidmate, met volle regte en volle verantwoordelikhede, in ons kerke te word nie? Volgens die lig wat tans beskikbaar is, lyk dit na die logiese, ondubbelsinnige keuse", sê prof Kobus du Pisanie van die PU vir CHO.

Dit is bedenklik dat 'n hoogleraar van die PU vir CHO 'n pleidooi in WOORD EN DAAD (Lente 1999, bl 8 -12) vir 'n houdingsverandering ten opsigte van homoseksualiteit in die Gereformeerde kerke voer. Dit is te meer beswa-rend omdat die redaksie van die blad waarin dié standpunt gepubliseer is, medegeredigeer word deur voorgangers/professore, lidmate van die GKSA. Dat hierdie betwisbare saak op dié wyse openlik onder die aandag van die lesers geplaas word, plaas tewens 'n verantwoordelikheid op dié instansies wat toesig moet hou oor wat dienare van die kerke openlik voorstaan of tolereer. Dit bring die PU vir CHO en die Kuratorium van die Teologiese Skool in die gedrang. Dit raak 'n gesindheidsverandering ten opsigte van die onbetwyfelbare gesag van God se Woord oor die etiek van die menslike bestaan wat op dié wyse aangetas word.

"Kritiese eksegese beskou die Bybel as 'n teks waarvan die kultuurgebondenheid in berekening gebring moet word en waarvan die basiese uitgangspunte by veranderde kultuurpatrone aangepas moet word om dit vir die kontemporêre samelewing relevant te maak", aldus prof Du Pisanie.

"Homoseksualisme is 'n universele verskynsel, ouer as die oudste tekste van die Bybel, waaroor houdings in verskillende kulture deur die eeue dramaties verskil het. Sedert die grondlegging van die Christelike kerk is homoseksualiteit in alle Christelike denominasies op grond van Bybelse uitsprake verwerp. ... Vir byna tweeduisend jaar het Christelike kerke dit nouliks nodig geag om oor die afkeuringswaardighed van homoseksualiteit te debatteer. Dit is sonder meer beskou as 'n sondige en onnatuurlike praktyk. In Protestantse denominasies met hulle tradisie van 'die Skrif alleen' is homoseksualiteit besonder skerp veroordeel. Dié situasie het eers in die afgelope dertig jaar weens samelewingsdruk begin verander. ...

"Die politieke transformasie in die land het 'n keerpunt in die regsposisie van homoseksuele meegebring. In die nuwe grondwet word diskriminasie deur die staat teenoor persone op grond van hulle seksuele oriëntasie verbied en die individuele regte van alle burgers gewaarborg. Homoseksuele begin sterker aandring op die erkenning van hulle menswaardigheid en die eerbiediging van hulle menseregte. 'Huwelike tussen homoseksuele sal uit-eindelik gewettig word. ...'

"Die kerke hou vol dat homoseksualiteit nie as iets onvermydelik, natuurlik of normaal aanvaar moet word nie" sê prof du Pisanie. "Die kwessies in die homoseksualiteitdebat binne die kerke wat tans aktueel is, sluit in: Hoe moet die kerklidmaatskap van homoseksuele gehanteer word? Wat moet die aard van pastorale sorg vir homoseksuele lidmate wees? Behoort amptelike erken-ning aan vaste gay verbintenisse gegee en die kerk se seën daaroor uitgespreek te word? Mag homoseksuele tot die besondere ampte, veral die leraarsamp, toegelaat word?

"Vanuit 'n nie-teologiese perspektief doen die volgende vraag hom voor: Kan 'n homoseksuele persoon 'n oortuigde, wedergebore Christen wees? Indien die antwoord 'nee' sou wees, waarom word homoseksuele dan as kerklidmate aanvaar? Indien die antwoord 'ja' sou wees, waarom word homoseksuele dan as tweedeklaslidmate sonder volle deelname aan kerklike aktiwiteite behandel? Waarom kan hulle nie in gevalle waar hulle geskikte ampsdraers vir die opbou van die gemeente sou wees, diakens, ouderlinge of selfs predikante word nie? Waar-om mag hulle nie kinders aanneem en opvoed nie? Net so moeilik as wat dit vandag vir kerke is om homoseksuele volledig en onvoorwaardelik te akkomodeer, was dit ook vir die eerste Christelike kerk om 'heidene' (nie-Jode) te akkomodeer", sê prof du Pisani.

Hy besluit sy artikel met die retoriese vraag: "Het dit nie tyd geword om homoseksuele die geleentheid te gee om eersteklaslidmate, met volle regte en volle verantwoordelikhede, in ons kerke te word nie? Volgens die lig wat tans beskikbaar is, lyk dit na die logiese ondubbelsinnige keuse."

Dit is ontstellend dat op hierdie wyse aanvoorwerk gedoen word om die vasstaan by die skriftuurlike norme en riglyne vir toepassing in die samelewing te ondermyn. Deur dit in 'n sogenaamde "reformatoriese" tydskrif te publiseer met die gesag van 'n professoraat aan die PU vir CHO, dien dit as meningsvorming, wat talle van die studente, wat jong lidmate van Gereformeerde kerke is, raak. Geld die argumente en uitsprake wat binne die verband van die Gereformeerde Kerke in die afgelope dekades gehuldig is, nie vir diegene wat verantwoordelik en medeverantwoordelik vir hierdie publikasie is nie? Stel die PU vir CHO en die Teologiese Skool van Potchefstroom hom tans bloot aan die praktiese toepassing van Skrifkritiek ten opsigte van die etiek vir die samelewing?

Prof du Pisani stel dit onomwonde dat die "realistiese denkrigting veld gewin het". Dit betref "die uitgangspunt dat homoseksualiteit as realiteit in die samelewing aanvaar en hanteer moet word. Hierdie denkrigting maak gebruik van 'n kritiese vertolking van die Skrif, waarvolgens daar 'n 'kern van die Skrif ' bestaan en individuele tekste nie noodwendig letterlik opgeneem moet word nie, maar in lyn met die breër evangelieboodskap gebring moet word."

Hoelank sal hierdie dwaalleer en sistematiese ondermyning van die Skrifgesag in die binnekringe van die GKSA geduld word? En hoelank nog kan die kinders van die verbond aan die PU vir CHO toevertrou word?  ®