Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Woord en Gees"

SKRIFOORDENKING:
Smag na God se teenwoordigheid Ps 42: 6 en 12

DIE NUWE PSALMBERYMING 2001 - WEGLATINGS EN AFWYKINGS VAN HEBREEUSE TEKS

FUNDAMENTALISME: Naam of Brandmerk?

CALVYN EN DIE LITURGIE

MENSEVERHOUDINGE

AKTUEEL
Verkragtings - 'n Siek gemeenskap             Kurrikulum 2005 - Kader Asmal ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Indrukke van die Part Sinode GKSA Noord-Transvaal. 

Vrae oor prof Fika en BDB

Ds Hennie Momberg foutief aangehaal in Geref Vroueblad

Beswaar teen deputate

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Tuisskool

Prestasies van studente van die Akademie vir CVHO

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Lotto en dobbelary 

Loerbroer

Die toorn van God

WÊRELDFOKUS: Vernuwing met grense

TESTATEUR EN LIED BESWAAR TEEN

DR J OOSTENBRINK UIT GKSA

Kommentaar: 
Marika de Klerk
 

Die Sataniese verleidende aanslag d.m.v. die instelling van die staatlotery (LOTTO)

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Laat U Naam geheilig word

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 1 Januarie 2002

CALVYN EN DIE LITURGIE

DIE "KERKLIKE JAAR"

Hoe dan, vra Calvyn, kan ons dan dae wat nooit eers deur God ingestel is nie, vir die kerke oplê? ... Wanneer die kerk op enige amptelike manier die onderhouding van dae instel wat nie deur die Here beveel is nie, maak dit inbreuk op die gebied van 'n geheiligde gewete. En dit is my oortuiging dat baie Presbiteriaanse en Gereformeerde kerke - minstens in die praktyk - presies dieselfde begin doen het as die kerk van Galasië. Kerklidmate verkeer onder geweldige druk om te konformeer en deel te neem aan die onderhouding van dae soos Kersfees en Goeie Vrydag, al erken hulle dat God nooit die onderhouding van hierdie dae ingestel het nie. En, mag ek byvoeg, dikwels verkeer predikante onder selfs nog groter druk om aan hierdie menslike ingestelde onderhoudings mee te doen. Soms sê selfs mense wat die Gereformeerde belydenisse onderskryf, dat die Kerk wel die reg het om die onderhouding van sulke dae voor te skryf. Maar ek kan dit nie versoen met die leer van die Nuwe Testament of die Gereformeerde belydenisse nie.

Oorgeneem uit ESRA VERSLAG, Nov-Des 2001, bl 124

 

 

CALVYN SE BENADERING VAN DIE LITURGIE

Calvyn het die vorm van sy erediens gebaseer op die fondamente van Zwingli en Farel, en die dienste wat reeds in die Switserse Gereformeerde kerke in gebruik was. Soos sy voorgangers het hy hoegenaamd geen simpatie met die Rooms- Katolieke seremonialisme wat met onskriftuurlike tradisies en bygelowe oorlaai was, gehad nie. Ons mag byvoeg dat hy ook geen smaak vir die artistieke, simboliese en ornamentele dinge in die erediens gehad het nie. Hy het die mis verwerp, asook alle sakramente, buiten twee, die dae van die heiliges, omtrent al die kerklike feeste buiten Sondag, beelde, relekwieë, prosessies en al die prag en praal van 'n luisterryke aanbidding wat meer aanspraak maak op die sintuie en verbeelding as op die intellek en die gewete, en neig om die verstand af te lei met uiterlike vertoon eerder as om dit te rig op die oordenking van die verlossende waarheid van die evangelie.

Hy het in die plek daarvan 'n eenvoudige en geestelike wyse van aanbidding ingestel wat goed afgestem is op intelligente toewyding, indien dit lewend gemaak word deur die verkwikkende teenwoordigheid en krag van die Gees van God, maar wat bar en droog en koud raak as daardie krag ontbreek. Hy het die preek die middelpunt van die erediens gemaak, en het die lees van die Latynse mis vervang met lering en onderwysing in die volkstaal. Hy het die preekstoel as die troon van die prediker, verhef bo die altaar van die offerende priester. Hy het die onuitputbare bron van vrye gebed in die publieke erediens ontsluit, met die oneindige moontlikhede van toepassing op die verskillende om-standighede en behoeftes; hy het, soos Luther, weer in die Kerk die onskatbare seën van die gemeentelike sang herstel, wat die populêre liturgie is, en meer effektief is as die lees van geskrewe gebedsformuliere.

Philip Schaff in: History of the Christian Church: The Liturgy of Calvin.

Verwys en vertaal deur Slabbert Le Cornu in:

Esra Verslag. Nov-Des 2001, bl 120/121