Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Woord en Gees"

SKRIFOORDENKING:
Smag na God se teenwoordigheid Ps 42: 6 en 12

DIE NUWE PSALMBERYMING 2001 - WEGLATINGS EN AFWYKINGS VAN HEBREEUSE TEKS

FUNDAMENTALISME: Naam of Brandmerk?

CALVYN EN DIE LITURGIE

MENSEVERHOUDINGE

AKTUEEL
Verkragtings - 'n Siek gemeenskap             Kurrikulum 2005 - Kader Asmal ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Indrukke van die Part Sinode GKSA Noord-Transvaal. 

Vrae oor prof Fika en BDB

Ds Hennie Momberg foutief aangehaal in Geref Vroueblad

Beswaar teen deputate

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Tuisskool

Prestasies van studente van die Akademie vir CVHO

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Lotto en dobbelary 

Loerbroer

Die toorn van God

WÊRELDFOKUS: Vernuwing met grense

TESTATEUR EN LIED BESWAAR TEEN

DR J OOSTENBRINK UIT GKSA

Kommentaar: 
Marika de Klerk
 

Die Sataniese verleidende aanslag d.m.v. die instelling van die staatlotery (LOTTO)

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Laat U Naam geheilig word

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 1 Januarie 2002

KERKLIKE JOERNAAL

PS NOORD-TRANSVAAL:  VRAE OOR PROF FIKA EN BDB

In repliek op prof Fika van Rensburg se groeteboodskap namens die Potchefstroomse Teologiese Skool, is tydens die sitting van die Partikuliere Sinode Noord-Transvaal op 20 en 21 November 2001, beswaar gemaak teen die publikasies Die Bybel in Praktyk en Die Bybellennium, wat volgens gelewerde artikels in Die Kerkblad as projekte van dié skool gedien het. Dit is onder sy aandag gebring dat daarin 'n sterk Skrifkritiese inslag aanwesig is wat gaandeweg aan die studente en later aan die gemeentes en lidmate van die kerke oorgedra word.  

Dr Jan Venter (Annlin) se kuratoreverslag, het onder andere verwys na die Dagbestuur van die Breë Kuratorium (BDB) se ondersoek van die klagtes van 'n aantal kerkrade teen die belegging van 'n Werkswinkel oor die tema: "Die Vrou in Kerk en Gemeenskap", 2 tot 4 Mei 2001. Hierdie werkswinkel is belê onder andere deur prof Fika van Rensburg met die inskakeling van 'n aantal (Skrikritiese) teoloë uit ander kerkverbande. Daartoe is 'n vergadering deur die BDB belê waar prof Van Rensburg hom verantwoord het. Hy is deur die Dagbestuur vermaan om hom van dergelike aktiwiteite te onthou en om onrus in die kerke te vermy. Volgens dr Venter het prof Van Rensburg dié vermaan ter harte geneem en belowe om sy optrede daarvolgens aan te pas. As repliek hierop, is gewys op 'n tweede soortgelyke werkswinkel wat op 3 en 4 September gehou is en waarby prof Van Rensburg weer betrokke was. Het die BDB dit sonder voortgesette optrede aanvaar? Dr Venter kon nie 'n bevredigende antwoord daarop lewer nie.

Ook het dr Venter in sy verslag verwys na kommer van 'n vergadering van die Vereniging van Gereformeerde Lewenswandel (Waarheid en Dwaling) ten opsigte van die Teologiese Skool en gesê dat die BDB bewus is van wat tydens dié vergadering met die oog op die gang van sake by die Teologiese Skool uitgespreek is, en dat daarna uitgesien word om met die bestuur van dié Vereniging in gesprek te tree.