Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Woord en Gees"

SKRIFOORDENKING:
Smag na God se teenwoordigheid Ps 42: 6 en 12

DIE NUWE PSALMBERYMING 2001 - WEGLATINGS EN AFWYKINGS VAN HEBREEUSE TEKS

FUNDAMENTALISME: Naam of Brandmerk?

CALVYN EN DIE LITURGIE

MENSEVERHOUDINGE

AKTUEEL
Verkragtings - 'n Siek gemeenskap             Kurrikulum 2005 - Kader Asmal ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Indrukke van die Part Sinode GKSA Noord-Transvaal. 

Vrae oor prof Fika en BDB

Ds Hennie Momberg foutief aangehaal in Geref Vroueblad

Beswaar teen deputate

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Tuisskool

Prestasies van studente van die Akademie vir CVHO

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Lotto en dobbelary 

Loerbroer

Die toorn van God

WÊRELDFOKUS: Vernuwing met grense

TESTATEUR EN LIED BESWAAR TEEN

DR J OOSTENBRINK UIT GKSA

Kommentaar: 
Marika de Klerk
 

Die Sataniese verleidende aanslag d.m.v. die instelling van die staatlotery (LOTTO)

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Laat U Naam geheilig word

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 1 Januarie 2002

KERKLIKE JOERNAAL

DS MOMBERG BUITE KONTEKS VAN SY VOORDRAG AANGEHAAL IN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD

In sy reaksie op die artikel "Die rol van vroue in die GKSA. Sal die stof ooit gaan lê?" (Augustus 2001) wys ds Hennie Momberg daarop dat hy nie in sy voordrag op enige wyse geïmpliseer het dat vroue tot die amp van ouderling verkies kan word nie en hy gevolglik nie korrek aangehaal is in genoemde artikel nie. Hy sê voorts die volgende:

Kan ek die geleentheid kry om in enkele pennestrepe korrek weer te gee wat ek gesê en bedoel het.

Ek het gesê dat Paulus in sy toerustende pastorale brief aan Timoteus (1Tim 5: 1-16) ook pertinente uitsprake maak oor weduwees wat aan sekere kriteria voldoen. Onder andere skryf hy geïnspireerd voor dat sekere weduwees verkies moet word vir hulle bepaalde dienswerk. Terwyl dit dus enersyds vir my bo enige twyfel duidelik is dat die Bybel susters nie tot die besondere ampte (diaken of ouderling, of herder en leraar) toewys nie, is dit andersyds ook in hierdie Skrifgedeelte duidelik dat hy voorskryf hoedat met sekere weduwees formeel gehandel moet word op baie soortgelyke wyse as wat elders van die besondere ampte gesê word.

Dit blyk dat hier sprake is van 'n besondere dienswerk wat die verkose weduwees verrig het, en dat hulle daarvoor ook formeel georden is, Ons kan praat van die diens van die weduwees. Presies wat hulle gedoen het, is nie uit 1 Timotheus 5 alles duidelik nie. Dit moet verder bestudeer word. Wat egter hier voorgeskryf word, is dat hulle vir hulle dienswerk verkies moet word (alles behalwe ouderlinge). In hierdie sin is dit my siening dat daar ruimte is vir die GKSA om iets te doen betreffende die plek en posisie van die susters, waaraan ons eintlik nog geen aandag gegee het nie, en dit terwyl die apostel dit net so eksplisiet voorskrywe as die dienswerk van ouderlinge en diakens. Ek het melding gemaak van dienswerk wat susters nog al die eeue in die kerke verrig, en dat die gemeentes die vrug daarvan geniet het en tog nooit die formele erkenning vir daardie dienswerk gegee het nie. Hierdie voorskrif in 1 Timoteus 5 kan 'n aanduiding wees van die wyse waarop die gemeente formele erkenning aan die dienswerk van die susters behoort te gee:

Ons behoort 'n helder taakomskrywing vir die dienswerk van die weduwees uit die Skrif saam te stel.

Ons behoort die weduwees wat aan die gestelde vereistes voldoen, te verkies en formeel in hulle dienswerk te bevestig.